Oud-minister weerlê Cirrus se navorsing - April 22, 2025

‘n Verslag deur Cirrus oor openbare gesondheidsdienste het genoem dat die land baie staatmaak op buitelandse hulp met die publiek se tevredenheid met die diens wat daal saam met Amerikaanse befondsing. Die bevriesing van Amerikaanse hulp sal dus ‘n wesenlike plaaslike impak hê. Die verslag praat ook oor MIV/Vigs programme in die land en gee […]

Read More

Vier gevalle van veediefstal, stropery oor naweek - April 22, 2025

Die polisie het vier gevalle van vee- en wilddiefstal oor die naweek aangemeld. Twee mans is naby Gochas gearresteer na hulle met vier skaapkarkasse ter waarde van 6 000 Namibiese dollar in hul kar betrap is. By Omutsegonime dorpie in die Oshikoto-streek is ‘n 30-jarige man in hegtenis na hy vier osse van sowat 48 […]

Read More

Uitstekende aanbod op Hartebeestloop veiling - April 22, 2025

Die jaarlikse ikoniese Hartebeestloop Bonsmara veiling vind op Saterdag, 17 Mei, plaas op die plaas Hartebeestloop naby Stampriet. Daar sal 48 Bonsmara bulle en 100 vroulike diere aangebied word. Kosmos 94.1 Nuus het met Paul Klein van Agra Auctions gepraat.

Read More

Man vas vir lyslang se dood - April 22, 2025

Polisiebeamptes wat op ‘n klagte van huishoudelike geweld gereageer het, het ‘n geval van die jag van beskermde wild oopgevlek. Die 39-jarige verdagte het na bewering ‘n luislang met stokke en ‘n panga doodgemaak terwyl hy sy beeste naby Omutonda dorpie in die Oshikoto-streek in die woud opgepas het. Hy het dit nie aan die […]

Read More

Eise vir vuurwapen-vrye beleid op SA-kampusse na skietery - April 22, 2025

Universities South Africa vra streng vuurwapen-vrye beleid op alle kampusse nadat ’n student doodgeskiet is tydens ’n betoging by die Walter Sisulu Universiteit in die Oos-Kaap. Voorsitter Francis Petersen het aan Newzroom Afrika gesê dat veiligheid noodsaaklik is vir onderwys. Hy het die behoefte beklemtoon aan duidelike regulasies, sterk sekerheid, gevolgbestuur en aanspreeklikheidsmaatreëls. Petersen vra […]

Read More

Kardinale sal vergader om nuwe pous te verkies - April 22, 2025

Met die dood van pous Franciskus, het bespiegelings begin oor wie onder die kardinale hom sal opvolg. Die opvolger kan nog ‘n nie-Europeër wees, of kan soos Franciskus ‘n progressiewe wees, in teenstelling met die konserwatiewe vleuel van die kerk. Die verkiesingsproses tussen kardinale wat sal plaasvind sodra Franciskus begrawe is, is egter baie geheimsinnig. […]

Read More

IDF se ondersoek na skietdood van 15 hulpwerkers verwerp - April 22, 2025

Die VN se humanitêre agentskap, die Palestina Rooi Sekel-organisasie en die Gaza burgerlike verdedigingsdiens het die bevindinge van ‘n Israeliese militêre ondersoek na die dood van 15 Palestynse medici en reddingswerkers verwerp. Hulle is verlede maand in Rafah doodgeskiet en volgens die Israelse weermag was dit weens professionele mislukkings. Volgens die weermag het soldate gevuur […]

Read More

Sportministerie kan nou stadions, fasiliteite regmaak - April 21, 2025

Adjunk-sportminister Dino Ballotti sê 200 miljoen Namibiese dollar is toegewys vir sportinfrastruktuur en plaaslike ligas. Dit sal die weg baan vir Namibië om weer internasionale sokkerwedstryde aan te bied, ná die Afrika-sokkerbeheerliggaam CAF se verbod daarop in 2021 weens ontoereikende stadions en fasiliteite. Kosmos 94.1 Nuus het met Balotti gesels, wat meer inligting gee.

Read More

SA beplan repatriasie van nog soldate uit DRK - April 21, 2025

Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, het aangekondig dat planne gevorderd is om soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo ontplooi is, veilig na Suid-Afrika terug te bring. Hul terugkeer hang af van die strydende groepe se onderhandelings oor ‘n skietstilstand. ​Motshekga het op die Randse […]

Read More

Gevegte hervat in Oekraïne na ‘Paasstilstand’ - April 21, 2025

Oekraïne se weermag het Russiese hommeltuig-aanvalle oornag op verskeie streke aangemeld, enkele ure na die einde om middernag van ‘n 30-uur “Paasstilstand” wat deur Moskou verklaar is. Lugaanval-waarskuwings is deur die lugmag vir die Kyiv -streek uitgereik, asook vyf ander streke. Rusland se verdediging-ministerie het bevestig dat gevegte hervat is, en bygevoeg dat sy weermag […]

Read More