Namibië-vroue nog onoorwonne by Junior Afrikabeker - April 21, 2025
Namibië se manspan by die Junior Afrikabeker hokkietoernooi het Egipte 3-1 geklop in hul eerste wedstryd, en in die tweede 8-0 teen die sterk Suid-Afrikaanse span verloor. Hulle speel vanmiddag om 5-uur teen Kenia en môre teen Zimbabwe, ook om 5-uur. Die vrouespan het Kenia 3-0 verslaan en daarna 6-0 met Zimbabwe afgereken. Hulle kom […]
Namibië se internasionale reserwes hoër as globale maatstaf: BoN - April 21, 2025
Die Bank van Namibië sê internasionale aandele-reserwes is sterk genoeg om die Namibiese dollar teen ander geldeenhede te handhaaf, ondanks verhoogde wêreldwye spanning. Die voorraad van internasionale reserwes het aan die einde van Maart op 59,7 miljard Namibiese dollar gestaan, wat laer is as die 64,3 miljard dollar wat einde Januarie aangeteken is. Die daling […]
SA glo Bushiri sal vanjaar nog uitgelewer word - April 21, 2025
Die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, is vol vertroue dat die Nasionale Vervolgingsgesag en wetstoepassingsagentskappe die voortvlugtige Shepherd Bushiri nog vanjaar uitgelewer sal kry. Hy het in 2020 na sy geboorteland, Malawi, gevlug terwyl hy op borgtog was nadat hy aangekla is van onder meer verkragting en geldwassery uit 2016. Kubayi het teenoor Newzroom Afrika […]
Hegseth deel weer lugaanval-inligting op Signal: BBC - April 21, 2025
Die Amerikaanse verdedigingsekretaris Pete Hegseth het inligting oor Amerikaanse lugaanvalle op Jemen gedeel in ‘n tweede private Signal-toep, berig die BBC. Die boodskappe, wat op 15 Maart gestuur is, bevat vlugskedules vir Amerikaanse F/A-18 Hornets vegvliegtuie wat lugaanvalle op Houthi-teikens uitgevoer het. Die groep het Hegseth se vrou, broer en persoonlike prokureur ingesluit. Dit kom […]
Wêreldliggaam skors Netbal SA se president - April 21, 2025
Netbal: Wêreldnetbal het Netbal Suid-Afrika se president, Cecilia Molokwane, voorlopig geskors hangende ‘n tugverhoor. Netbal Suid-Afrika sê hy is nie bewus van die spesifieke aanklagte nie. Die vise-president, Mami Diale, sal as president waarneem. Molokwane is ook president van Afrika Netbal en ‘n raadslid van Wêreldnetbal. Sy probeer om vanjaar vir ‘n derde termyn verkies […]
ReconAfrica brei Damara-vougordel werk uit na Angola - April 21, 2025
Reconafrica het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken met Angola se Nasionale Olie, Gas and Biobrandstof Agentskap, ANPG, om gesamentlik olie- en gasvooruitsigte in die Etosha-Okavango-bekken in die suidooste van Angola te ondersoek. Die ooreenkoms komplementeer ReconAfrica se bestaande bedrywighede in Namibië. ANPG sal saamwerk met Reconafrica in die verkenning van ‘n blok van 5,2 miljoen […]
Twee leeus by Bosbokrand geskiet na hulle vee vang - April 21, 2025
Twee leeus is by Huntington in Bosbokrand, Mpumalanga, van kant gemaak ná ‘n weeklange optrede deur Mpumalanga-toerisme, SANParke en hul vennote. Die diere het vee gevang. SANParke se woordvoerer, Simphiwe Shingube, sê die digte plantegroei en die voortgesette bedreiging teen beeste het hulle genoop om die moeilike besluit te neem. Owerhede het Donderdag ‘n derde […]
Pous Francis het gesterf, kondig Vatikaan aan - April 21, 2025
Pous Francis, die eerste Latyns-Amerikaanse leier van die Rooms-Katolieke Kerk, is vanoggend om 25 voor agt oorlede, het die Vatikaan aangekondig. Hy was 88, en het onlangs ‘n ernstige aanval van dubbele longontsteking oorleef. Dit beëindig ‘n dikwels onstuimige bewind, gekenmerk deur verdeeldheid en spanning, terwyl hy probeer het om die instelling te hervorm. Die […]
Groot IPL-oorwinning vir Mumbai oor Chennai - April 21, 2025
Krieket: Mumbai Indians het Chennai Super Kings met nege paaltjies afgeransel in hul kragmeting in die Indiese Premierliga in Wankhede. Chennai het ‘n stewige 175 vir vyf aangeteken danksy ‘n onoorwonne 53 deur Ravindra Jadeja en 50 deur Shivam Dube. Jasprit Bumrah het twee paaltjies geneem. Rohit Sharma en Suryakumar Yadav het daarna met onderskeidelik […]
Brandstoftenkwa ontplof glo op B6, oos van Hosea Kutako lughawe - April 21, 2025
‘n Brandstoftenkwa het volgens berigte laat gisteraand sowat 30 kilometer oos van die Hosea Kutako Internasionale Lughawe op die B6-pad ontplof. Die nasionale uitsaaier berig dat geen sterftes gerapporteer is nie. Inligting is nog skraps en Kosmos 94.1 Nuus gaan voort om bevestiging by die owerhede te probeer kry. Dit is ‘n ontwikkelende storie.