NamWater wil 8 nuwe boorgate boor by Berg Aukas - October 14, 2025

NamWater vra bieërs om toe te tree om agt produksieboorgate te boor en te toets, sowel as die monitering van vier verdere boorgate by die allerbelangrike Berg Aukas watervoorsiening skema. Die skema is ‘n noodwater stelsel in die Otjozondjupa-streek wat grondwater uit die ou Berg Aukas-myngebied trek om die Oostelike Nasionale Waterdraer te voorsien. Dit […]

Read More

BoN sal repokoers op 6,75% hou - October 14, 2025

Met die Bank van Namibië se repokoersbesluit wat vir Woensdag vasgestel is, voorspel ekonome geen verandering nie. Panduleni Shaduka, ‘n beleggingsontleder by Cirrus Capital, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Namibië na verwagting Suid-Afrika se voorbeeld sal volg en koerse bestendig sal hou te midde van wêreldwye onsekerheid en inflasiekommernisse. Namibië het die repokoers […]

Read More

Romeinse grafsteen in New Orleans tuin gevind - October 14, 2025

‘n Gesin in New Orleans wat hul oorgegroeide agterplaas skoongemaak het, het ‘n eeue oue Romeinse artefak ontdek. Die marmer tablet is die grafsteen van Sextus Congenius Verus wat deel was van die Romeinse vloot en dit is reeds jare lank vermis. Die tablet was in ‘n antieke begraafplaas van ongeveer 20 grafte van militêre […]

Read More

Ondersteuning vir aartappelbedryf verwelkom - October 14, 2025

Die Namibiese Akkerbouraad het 5,5miljoen Namibiese dollar uiteengesit vir die 2025/2026 finansiële jaar vir die aartappel waardekettingsontwikkeling skema. Dit vorm deel van die raad se vyf-jaar strategie vir die ontwikkeling van gewaswaardekettings. Die raad hoop om die produksie van aartappels aan te moedig met 45 boere wat ondersteuning ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanks […]

Read More

IVP vra ondersoek na busramp - October 14, 2025

Die IVP vra ʼn omvattende ondersoek na die busongeluk waarin 42 mense, insluitend sewe kinders, Sondag op die N1 buite Louis Trichardt in Limpopo dood is. Meer as 30 ander is beseer. Die meeste passasiers was Zimbabwiese en Malawiese burgers wat van die Oos-Kaap op pad was na Harare. Die IVP sê wetstoepassingsowerhede moet vasstel […]

Read More

Kameroense opposisie verklaar oorwinning - October 14, 2025

Die Kameroense opposisiekandidaat Issa Tchiroma het oorwinning in die land se presidensiële verkiesing verklaar en president Paul Biya aangespoor om die nederlaag te aanvaar en die waarheid van die stembus te eerbiedig. Tchiroma, 76, is ‘n voormalige regeringswoordvoerder en minister van werke. Biya, 92, die wêreld se oudste dienende staatshoof, soek ‘n agtste termyn na 43 […]

Read More

Kenners meen Trump se kommentaar maak hom medepligtig aan volksmoord - October 14, 2025

President Donald Trump loop deur onder kritiek oor sy geskerts oor die dodelike wapens wat die VSA vervaardig en aan Israel verskaf het. Daar is menings dat hy erken hy is medepligtig aan die volksmoord in Gaza veral omdat hy gesê het Israel het die wapens baie goed gebruik. Luister self.

Read More

LPM se kandidate amper voltooi - October 14, 2025

Namibiërs maak gereed vir die plaaslike- en streeksowerheid verkiesings op 26 November. Volgens die verkiesingskalender is dit nou die tydperk waarin verteenwoordigers genomineer word en daar is nou net 2 dae oor vir die politieke partye om hulle nominasies vir kandidate in te handig terwyl onafhanklike kandidate vandag hulle name moet ingee. Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

SA se Padongelukkefonds in wese bankrot - October 14, 2025

ActionSA sê hy is bekommerd dat die Padongelukkefonds heeltemal bankrot is met onopgetekende laste van meer as 500 miljard Suid-Afrikaanse rand. Dis byna ʼn vyfde van die nasionale regering se totale jaarlikse begroting. ActionSA se woordvoerder, Matthew George, sê laste wat nie aangeteken is nie, is een van die ernstigste finansiële wanvoorstellings by enige staatsinstelling […]

Read More

Wapenstilstand in oostelike DRK wankelrig - October 14, 2025

Die Verenigde Nasies sê dat die ooreengekome wapenstilstand tussen die Demokratiese Republiek van die Kongo en Rwanda nie gerespekteer word nie. Die VN se Spesiale Gesant Huang Xia sê die internasionale vredespogings is prysenswaardig en belowend, maar hulle het tot vandag toe nie hul beloftes nagekom nie. Hy het lande in die streek versoek om […]

Read More