Oppas vir kubermisdaad tydens vakansiedae - April 21, 2025
Tydens die Paasvakansie, terwyl meeste mense ontspan en tyd saam met geliefdes deurbring, benut kubermisdadigers verlaagde waaksaamheid om swendelarye te loods. Meinert Cyber Security waarsku dat meer swendelaars mense in hierdie tyd probeer mislei om sensitiewe inligting te verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tanya Hopker, die medestigter van Meinert Cyber Security, wat wenke […]
DA se hofsaak teen BTW-verhoging gaan voort - April 21, 2025
Die DA gaan voort met sy regstappe teen die verhoging van 0,5-persentasiepunte in BTW wat beplan word om 1 Mei in werking te tree. Die saak word môre in die Hooggeregshof in Kaapstad aangehoor. Die DA se woordvoerder, Karabo Khakhau, sê die party wil ’n dringende interdik hê om die verhoging te stop, en voer […]
Newspaper Cup eindstryde vanmiddag beslis - April 21, 2025
Die gewilde onder-20 Nedbank Namibian Newspaper Cup, waarin die streke meeding in sokker en netbal, kom vanmiddag tot ‘n einde op Outjo. In die finaal van die sokker-toernooi kom Kavango-Wes teen Kunene te staan, na hul onderskeidelik Oshana en Karas in die semifinale geklop het. In die netbal-afdeling het Kavango-Oos die verdedigende kampioen Khomas 30-21 […]
Andrada beoog meer myne, meer litium-ontginning - April 21, 2025
Andrada Mining het aangekondig dat hy in ‘n vennootskap getree het met die Chileense eksplorasie- en mynmaatskappy SQM, om die litiumkant van sy bedrywighede uit te brei. SQM is een van die grootste litium-myners ter wêreld. Andrada se uitvoerende hoof, Anthony Viljoen, sê hulle gaan ‘n intensiewe veldtog op Litiumrif begin en hopelik hulle tweede […]
ANC seker van begrotingskikking - April 21, 2025
Die ANC sê hy is vol vertroue dat politieke partye konsensus sal bereik oor die voorgestelde nasionale begroting, insluitend die omstrede verhoging van 0,5-persentasiepunte in BTW, wat op 1 Mei in werking tree. Dit volg op die DA se besluit om die verhoging môre in die Hooggeregshof in Kaapstad te beveg. Die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, […]
Chinese lugredery stuur ‘te duur’ Boeing terug na VSA - April 21, 2025
Die terugsending van ‘n Boeing-vliegtuig vanuit China na Amerika word toegeskryf aan die handelsoorlog tussen die twee ekonomiese reuse. Die 737 MAX was bedoel vir aflewering aan die Chinese lugredery Xiamen, maar is teruggestuur na Seattle waar dit gister ná ‘n retoervlug van agtduisend-kilometer geland het. Die Amerikaanse president, Donald Trump, se aankondiging van ‘n […]
Kohli stuur RCB na IPL-oorwinning oor Punjab - April 21, 2025
Krieket: Virat Kohli en Devdutt Padikkal het die Royal Challengers Bengaluru gehelp om ‘n oorwining van sewe paaltjies oor Punjab Kings te behaal in die Indiese Premierliga. Kohli het ‘n onoorwonne 73 aangeteken, terwyl Padikkal 61 bygedra het. RCB het die teiken van 158 behaal met net drie paaltjies plat en sewe balle oor. Punjab […]
Registreer vloed-slagoffers vir voedselhulp: NNN - April 21, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n beroep op streeksraadslede en tradisionele leiers gedoen om dringend vloedslagoffers wie se mahangu-velde onder water is, vir voedselhulp te registreer. Die president was op ‘n besoek aan vloed-hervestigingskampe in die Ohangwena-streek, wat die swaarste deur die oorstromings getref is. Daar word tans 1 075 vloedslagoffers by ses hervestigingskampe in die […]
Taverne-eienaar dood, 4 beseer by musiekfees-skietery - April 21, 2025
’n Taverne-eienaar is dood en vier ander is gewond in ’n skietvoorval by ‘n musiekfees by Marble Hall in Limpopo. Die eienaar is in die hospitaal dood aan verskeie skietwonde. Drie slagoffers is in die hospitaal, terwyl een ontslaan is. Die polisie het patroondoppies op die toneel gevind. Die verdagte en die motief is steeds […]
DHL Express stop aflewering van sekere pakkette aan VSA - April 21, 2025
DHL Express skort van vandag af die aflewering van pakkette ter waarde van meer as 15 000 Namibiese dollar aan die VSA op, weens ‘n aansienlike toename in rompslomp. Dit volg op die instelling van die Amerikaanse president Donald Trump se nuwe tariewe. Die wêreldwye logistieke en internasionale verskepingsmaatskappy sê die aflewerings van alle lande […]