Dramatiese naweek vir 3 SA spanne in VRK - April 21, 2025

Rugby: Dit was ’n dramatiese, maar lonende naweek vir drie van Suid-Afrika se vier spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap. Die Bulle, die Haaie en die Stormers het belangrike oorwinnings behaal om op koers te bly vir die uitspeelrondes. Daar was egter bitter teleurstelling vir die Leeus, wat hul vyfde agtereenlopende nederlaag gely het. Dit is […]

Read More

Meer GBV-skuilings nodig in streke, sê minister - April 21, 2025

Geslagsgelykheid-minister Emma Kantema het ‘n gebrek aan skuilings vir slagoffers van geslagsgeweld uitgelig tydens ‘n besoek aan die noordelike streke. Sy het by die ministerie se skuiling in Rundu gesê daar is net 10 skuilings in die land, waarvan twee in private besit is. Daar is ‘n behoefte aan meer skuilings in die streke, maar […]

Read More

Vertroue in SA demokrasie in krisis: Aartsbiskop - April 21, 2025

Anglikaanse aartsbiskop Thabo Makgoba het gewaarsku dat Suid-Afrika ’n krisis van vertroue in sy demokrasie in die gesig staar, tensy politieke partye mekaar se legitimiteit respekteer. In sy preek by St. George’s-katedraal in Kaapstad het hy beide die ANC en die DA gekritiseer vir politieke magspeletjies. Hy beklemtoon dat die Presidensie se voorgestelde nasionale dialoog […]

Read More

Oudste NASA ruimtevaarder word 70 na 220 dae in ruimte - April 21, 2025

Koek, geskenkies en ’n rustige familieviering is hoe baie bejaardes hul 70ste verjaarsdag voorstel. Maar NASA se oudste aktiewe ruimtevaarder, Don Pettit, het sewentig geword terwyl hy na die Aarde toe tuimel in ’n ruimtevaartuig om ’n sending van sewe maande aan boord van die Internasionale Ruimtestasie af te sluit. ’n Soyuz-kapsule wat die Amerikaanse […]

Read More

Veertienjarige slaan 6 van eerste hou in IPL - April 21, 2025

Krieket: Die 14-jarige skugter skoolseun, Vaibhav Suryavanshi, beleef ‘n droom nadat hy die jongste speler in die geskiedenis van die Indiese Premierliga geword het. Hy het die geleentheid gevier met ’n selfversekerde van sy heel eerste bal. Die vreeslose linkskolwer word beskou as ’n opkomende superster nadat hy as Rajasthan Royals se aanvangskolwer uitgestap het. […]

Read More

NNN besoek meer as 1 000 vloedslagoffers - April 20, 2025

Meer as ‘n 1 000 vloedslagoffers van in die Oshikango-, Engela-, Ongenga-, Endola- en Ohangwena-kiesafdelings woon tans in ses hervestigingskampe wat Saterdag deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah besoek is. Uitdagings wat by die kampe ondervind word, sluit in die stadige lewering van mieliemeel deur verskaffers, ‘n tekort aan matrasse en musieknette en mobiele toilette. Boonop is […]

Read More

Drie leeus in Mpumalanga steeds op vrye voet - April 20, 2025

Wildbewaarders in Mpumalanga het een van die vier leeus wat verlede Sondag uit die Krugerwildtuin ontsnap het gevang. Die leeumannetjie is in Huntington opgespoor en is tans in die sorg van die Mpumalanga-toerisme en parke-agentskap. Drie leeus is steeds weg, en word tans in nabygeleë dorpe gesoek. Simphiwe Shungube van die agentskap het inwoners versoek […]

Read More

Rusland hou glo nie by skietstilstand - April 20, 2025

e President van die Oekraïene, Volodymyr Zelensky, sê Russiese magte het steeds hul bombardering en aanvalle voortgesit, ten spyte daarvan dat die Russiese president, Vladimir Putin, ’n verrassende, maar kort, Paas-wapenstilstand aangekondig het. The 30-uur lange wapenstilstand sou die mees noemenswaardige onderbreking in gevegte in die drie-jaar lange oorlog gewees het maar net ure nadat […]

Read More

Sokker: Liverpool kan moontlik vandag die Premierliga-titel inpalm  - April 20, 2025

Liverpool se bestuurder, Arne Slot, sê hul hooffokus is nie op die Premierliga-titel nie, maar om te verseker dat hulle vandag hul beste lewer teen Leicester City en die wedstryd wen. Dit is wiskundig moontlik vir Liverpool om vandag die titel in te palm indien hulle Leicester klop en as Arsenal teen Ipswich Town verloor. Die […]

Read More

Immanuel vra vir toewyding in parlement - April 20, 2025

Justisie- en arbeidsverhoudinge minister Wise Immanuel het in sy eerste parlementêre toespraak benadruk dat die huis nie ‘n platform vir berugtheid moet wees nie, maar ‘n plek wat toegewy is aan wetgewing teen armoede, honger, ongeletterdheid, misdaad en haweloosheid. Hy sê dit kan slegs bereik word deur opregte toewyding en onbaatsugtige optrede, sonder om bemoeid […]

Read More