Ramaphosa oorweeg Afrikaner-kandidate vir VSA-ambassadeurspos - April 20, 2025
President Cyril Ramaphosa oorweeg glo vier wit Afrikaners as moontlike opvolgers vir die voormalige Amerikaanse ambassadeur, Ebrahim Rasool. Volgens die Sunday Times is Roelf Meyer, Ramaphosa se voormalige Konvensie vir ‘n Demokratiese Suid-Afrika-vennoot, ook op die kortlys saam met Andries Nel, Gerhard Koornhof en Marthinus van Schalkwyk. Luidens die berig sê lede in die binnekringe van die […]
Israel kry uitstel in volksmoordsaak voor die Internasionale Geregshof - April 20, 2025
Israel is ‘n verdere ses maande gegee om op Suid-Afrika se beskuldigings van volksmoord oor sy optrede in Gaza te antwoord. Die oorspronklike sperdatum was die einde van Julie, maar is nou uitgestel tot 12 Januarie 2026. Israel het die Internasionale Geregshof laat weet dat hy meer tyd nodig het om sy saak te stel. […]
Alcaraz pak Rune in die eindstryd van die Barcelona Ope - April 20, 2025
Dit is die stryd van die 21-jariges wanneer Spanje se Carlos Alcaraz en die Deen Holger Rune in die eindstryd van die Barcelona Ope speel. Alcaraz het gemaklik tot sy derde Barcelona Ope eindstryd deurgedring nadat hy 6-2, 6-4 met Arthur Fils afgereken het. Alcaraz is hierdie seisoen onoorwonne op kleibane. Hy het laas in […]
Groot Aub se water ‘n saak van erns - April 20, 2025
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Sankwasa James Sankwasa, het ‘n beroep op alle belangehebbers gedoen om sonder versuim Groot Aub se waterprobleme op te los. Sankwasa het tydens ‘n welwillenheidsbesoek aan Windhoek se burgemeester, Ndeshihafela Larandja, gesê die sanitasie en grondverkryging op Groot Aub moet ook aandag geniet.
Cosatu waarsku teen BTW-regstappe - April 20, 2025
Cosatu waarsku dat regstappe teen die voorgestelde BTW-verhoging die land se belastingstelsel kan destabiliseer. Parlementêre koördineerder Matthew Parks het die risiko vir fiskale stabiliteit beklemtoon. COSATU staan die 0,5-persentasiepunt BTW-verhoging wat op 1 Mei in werking tree, teen. Parks sê hy steun alternatiewe inkomstebronne, soos welvaartbelasting en hoër maatskappybelasting, om die las op werkers te […]
Twaalf sterf in massa-aanval in Ecuador - April 20, 2025
Die polisie in Ecuador het vier mense in hegtenis geneem in verband met ‘n aanval deur gewapende mans by ‘n hanevegring vroeër vandeesweek waarin 12 mense gesterf het. Beeldmateriaal van die aanval wat op sosiale media gedeel is, wys hoe gewapende mans die ring binnegaan en begin skiet, terwyl verskrikte toeskouers vir dekking geduik het. […]
Verstappen se motor ‘kry lewe’ - April 20, 2025
Max Verstappen sê sy Red Bull-motor het “lewe gekry” nadat hy die voorste wegspringplek vir die Saoedi-Arabiese Grand Prix verower het. Hy het McLaren se Oscar Piastri na die tweede wegspringplek gedruk met ‘n baanrekord in ‘n opwindende kwalifiseringsessie. Piastri se spanmaat, kampioenskapvoorloper Lando Norris, het van die baan af gejaag en sal in die […]
Daggadag met betoging in Windhoek gevier - April 20, 2025
Internasionale 4/20-dag word elke jaar deur marijuana-voorstanders gevier en word dikwels gebruik vir voorspraak vir die plant se wettiging. Die Ganja Users of Namibia-groep hou vandag ‘n protesaksie vir die vrylating van veroordeelde daggagebruikers. Die hofsaak oor die wettiging van dagga in Namibië is vir 2 Julie in die Windhoekse Hoërhof geskeduleer. Die groep sal […]
SADC moet saamspan teen onwettige migrante - April 20, 2025
Die Grensbestuursowerheid doen ’n beroep op beter kommunikasie tussen lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap om onwettige migrasie te bekamp. Kommissaris Michael Masiapato het nuwe tegnologieë by grensposte geloof en bekend gemaak dat 89 mense onlangs by die Lebombo-grenspos in hegtenis geneem is. Hy het die belangrikheid van streeksamewerking beklemtoon om die oorsake van migrasie aan […]
Pous by Paasvieringe verwag - April 20, 2025
Dit word verwag dat Pous Franciskus, Katolieke regoor die wêreld vandag sal verras tydens Paasvieringe in die Vatikaanstad, net weke nadat hy om sy lewe geveg het nadat hy vir longontsteking behandel is. Die 88-jarige pous, wat gesondheidsprobleme ondervind, het begin herstel nadat hy op 23 Maart die hospitaal verlaat het nadat hy vir 38 […]