Rugby: Tuisnederlaag vir Leeus teen Benetton - April 20, 2025
Die Leeus se Verenigde Rugbykampioenskap-drome het ‘n ernstige knou gekry met ‘n 15-10 tuisnederlaag teen Benetton. ‘n Drie in die tweede helfte deur Asenathi Ntlabakanye vir die Leeus het die telling gelykop gemaak, maar ‘n laat drie deur Ignacio Mendy vir Benetton het die besoekers se oorwinning verseker. Dit is die Leeus se derde agtereenvolgende […]
Oshana staan bont met malaria - April 20, 2025
Altesaam 335 gevalle van malaria is sedert November verlede jaar in die Oshana-streek bevestig, asook agt malaria-verwante sterftes. Volgens die waarnemende gesondheidsdirekteur van die streek, Asser Shipanga, is 119 mense in dié tydperk in hospitale opgeneem. Die meeste gevalle was verwysings vanuit ander streke. Baie van die gevalle kom uit informele nedersettings, sê Shipanga.
Al Jama-ah soek skerper optrede teen plaasuitsettings - April 20, 2025
Al Jama-ah sê hy herdenk hierdie maand sy 18de bestaansjaar met verskerpte pogings om plaasbewoners teen uitsettings te verdedig. Die leier, Ganief Hendricks, met behulp van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, beywer hom vir ‘n nasionale moratorium op hierdie uitsettings. Hendricks sê al het die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Mzwanele Nyhontso, in Januarie ‘n moratorium […]
Netanhayu: ‘Israel sal aanhou veg’ - April 20, 2025
Die eerste minister van Israel Benjamin Netanyahu het die land se weermag beopdrag om druk op Hamas te verskerp nadat die Palestynse militante groep ‘n tydelike wapenstilstandsvoorstel verwerp het. In ‘n televisie-uitsending Saterdag het Netanyahu gesê dat hoewel oorlog ‘n duur prys meegebring het, Israel geen ander keuse het as om aan te hou veg […]
Stormers-losskakel hol sirkels om Connacht - April 20, 2025
Dit was Springbok-losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu se dag in Kaapstad met drie drieë, drie vervyfskoppe en ‘n strafskop om die Stormers te laat wen met 34-29 teen Connacht in the Verenigde Rugbykampioenskap. Connacht het die tuisskare in die laaste minuut na hulle asems laat snak met ‘n drie, maar weens obstruksie is dit nie toegeken nie. […]
Pastoor Brian Philander bring Paasboodskap - April 20, 2025
Terwyl Paasnaweek landwyd gevier word, word ons herinner om nie die ware boodskap van Paasfees te vergeet nie. Dit is die wederopstanding van Jesus Christus na hy vir ons sondes gesterf het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met pastoor Brian Philander gepraat wat ‘n Paasfeesboodskap met luisteraars deel.
Massa-troue vandag in Gauteng - April 20, 2025
Die International Pentecost Holiness Church gaan vandag ‘n geskiedkundige massa-troue in Heidelberg, Gauteng aanbied. Meer as 1 500 paartjies sal in The Dome, die grootste gemeentelike bymekaarkomplek in die Suidelike Halfrond, trou. Hierdie gebeurtenis toon ‘n beduidende toename nadat 400 paartjies in 2023 getroud is, met baie bruidegomme wat met meer as een vrou sal trou, ‘n tradisie […]
Putin stem in tot kort Paasstilstand - April 20, 2025
Rusland se president Vladimir Putin het verras met ‘n aankondiging van ‘n wapenstilstand in Oekraïne wat tot vanaand middernag sal duur. Dit is die belangrikste onderbreking in gevegte tydens die drie jaar lange konflik. Oekraïne het aangedui hulle sal ook die wapenstilstand eerbiedig. Dit kom te midde van maandelange druk wat Amerikaanse president Donald Trump […]
Rugby: Namibië se o/20’s klop Zimbabwe - April 20, 2025
Namibië se o/20-rugbyspan het die o/20-span van Zimbabwe Saterdag in Harare met 41-22 in Harare geklop op die eerste dag van die Rugby Africa Barthes Trophy-toernooi. Teen rustyd was die Namibiërs 27-5 voor. Saterdag se vertoning het die Namibiërs se hoop ‘n hupstoot gegee vir hul volgende wedstryd Woensdag, teen heersende kampioene Kenia.
Zambezi-landerye teen sprinkane bespuit - April 20, 2025
Die landbouministerie het sowat 1 965 hektaar se landerye in die Zambezi-streek bespuit wat onder sprinkane deurloop. Simon Nghipandulwa, ministeriële woordvoerder, sê die sprinkaan-uitbreking raak hoofsaaklik mielie-oeste en nie mahangu of sorghum nie. Hy het opgemerk dat die sowat 168 boere wat bystand ontvang het, na verwagting ‘n goeie oes sal geniet na goeie reën.