Aanlyn inkopies toenemend kuberboewe se teiken - April 20, 2025
Kenners waarsku dat bankkaart-bedrogsindikate toeneem en niksvermoedende verbruikers teiken. Misdadigers gebruik kubermisdaad om toegang tot persoonlike data en bankrekeninge te verkry. World Wide Worx moedig reisigers en kopers aan om waaksaam te bly aangesien bedrieërs aanlyn inkopiegewoontes uitbuit. Athaly Khan van Standard Bank, het gewaarsku teen vals advertensies oor aanlyn transaksies en OTM-kaartklonings:
Derduisende kla oor Trump in 50501-betoging - April 20, 2025
Derduisende het Saterdag regoor Amerika die strate ingevaar om onlangse optrede deur president Donald Trump te protesteer. Bekend as “50501”, vir “50 betogings, 50 state, 1 beweging”, het die betoging met die 250ste herdenking van die begin van die Amerikaanse Revolusie saamgeval. Van buite die Withuis- en Tesla-handelaars en in die sentrums van baie stede het […]
Rugby: Bulle maak geskiedenis in Ierland - April 20, 2025
Die Bulle het Saterdagaand die eerste Suid-Afrikaanse span in die Verenigde Rugbykampioenskap in Ierland geword wat Munster in Limerick kon klop toe hulle ‘n klipharde kragmeting op ‘n nat Thomond Park met 16-13 gewen het. Dit was verreweg die Bulle se beste vertoning die seisoen en hulle het daarmee ‘n seldsame ‘Grand Slam’ behaal deur […]
Swapo vandag 65 jaar oud - April 19, 2025
Swapo, die regerende party in Namibië sedert onafhanklikwording, vier vandag sy 65ste bestaansjaar. Namibië se eerste president, Sam Nujoma wat onlangs oorlede is, en wyle Andimba Toivo ya Toivo was die stigterslede van dié bevrydingsbeweging in Windhoek op 19 April 1960. Volgens Swapo se woordvoerder, Hima Nikanor, sal die geleentheid binne die volgende twee weke […]
AfriForum Jeug eis deursigtigheid oor beweerde sangoma-seremonie - April 19, 2025
AfriForum Jeug eis toegang tot die Noordwes-Universiteit se volledige ondersoekverslag oor die ontwrigting in die Eikenhof-vrouekoshuis verlede Sondag. Dit volg ná bewerings van ‘n sangoma-seremonie in die koshuis, met studente wat ontstellende gille gerapporteer het. Die universiteit het intussen die bewering ontken, maar Yvonne Gerber van AfriForum vra egter ‘n duidelike beleid oor kulturele praktyke […]
IMF: Trump-tariewe sal wêreld nie in resessie dompel - April 19, 2025
Die hoof van die Internasionale Monetêre Fonds sê die wêreldekonomie sal, ondanks president Donald Trump se tariewe, waarskynlik ’n resessie vryspring. Die onvoorspelbaarheid van Amerikaanse tariefplanne het die wisselvalligheid van die markte tot vlakke gedryf wat laas tydens die Covid-19-pandemie gesien is. Ekonome verwag dat die nuwe invoerheffings groei sal demp en inflasie, ten minste in […]
Krieket: Dewald Brevis van SA sluit aan by die Chennai Super Kings - April 19, 2025
Die Chennai Super Kings het ‘n kontrak geteken met die Suid-Afrikaner Dewald Brevis om vir die res van hierdie jaar Gurjapneet Singh se plaasvervanger te wees in die Indiese Premierliga, nadat Singh ‘n besering opgedoen het. Hy sluit by CSK aan vir sowat 4,8 miljoen rand. Die 21-jarige het vorige ondervinding van die IPL, nadat […]
Kragopwekkers moet geregistreer word, sê CoW - April 19, 2025
Die Stad Windhoek het aangekondig dat alle ingeboude kragopwekkers geregistreer moet word, insluitend bystandopwekkers en sonkrag-fotovoltaïse stelsels. Die verpligte proses is om veiligheid te verseker, onstabiliteit in die kragnetwerk te voorkom en toerusting te beskerm. Kragopwekkers bo 500 kilovolt-ampere moet ook ingevolge die Elektrisiteitswet ‘n opwekkingslisensie indien. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lydia Amutenya, […]
KZN bly op hoë gereedheidsgrondslag - April 19, 2025
Rampbestuurspanne in KwaZulu-Natal is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag ná ‘n Vlak 5-waarskuwing vir swaar reën en moontlike sneeu oor die Paasnaweek. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ontwrigtende toestande, insluitend vloede en skade aan infrastruktuur. Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake se woordvoerder, Senzelwe Mzila, het herhaal dat inwoners die weerstoestande moet dophou en reise […]
Oekraïne slaan Chinese ondernemings met sanksies - April 19, 2025
Oekraïne het sanksies teen drie Chinese ondernemings ingestel en beweer hulle was betrokke by die vervaardiging van gevorderde Russiese Iskander-missiele. Moskou gebruik gereeld die kortafstand ballistiese missielstelsel in sy oorlog teen Kiëf. Vrydag is en persoon dood en meer as 100 is beseer toe Iskander-missiele Kharkiv getref het. Die drie ondernemings sal nie sake kan […]