Sokker: Sundowns gereed vir CAF halfeindstryd teen Al Ahly - April 19, 2025

Mamelodi Sundowns kom vandag teen die verdedigende kampioene Al Ahly te staan in die Afrikabeker-kampioenskap se eerste halfeindronde kragmeting op Loftus Versfeld. Die skeidsregter is Omar Artan van Somalië. Dit is die twee spanne se 17de kragmeting en die onderskeie spanne het dit al elk vyf keer gewen. Sundowns, wat die afgelope sewe wedstryde onoorwonne […]

Read More

Rundu kry voorafbetaalde water - April 19, 2025

Rundu se plaaslike owerheid het vandeesweek voorafbetaalde watermeters op die dorp ingestel. Dié owerheid het miljoene Namibiese dollar se agterstallige skuld by NamWater omdat inwoners nie hul waterrekeninge vereffen nie. Die nuwe stelsel is ‘n belegging van 6,9 miljoen Namibiese dollar. Die goewerneur van die Kavango-Oos-streek, Julius Hambyuka, het die projek op Rundu van stapel […]

Read More

DA frons oor leë handelsposte - April 19, 2025

Die DA het kommer uitgespreek oor die 30 handelsbeampteposte by Suid-Afrikaanse ambassades en missies in die buiteland wat sedert Desember 2023 nie gevul is nie. Die handelsbeamptes is verantwoordelik vir die bevordering van regstreekse buitelandse belegging in die land. Die DA doen ‘n beroep op die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, om […]

Read More

Amerika, Iran in kerngesprek in Rome - April 19, 2025

Iran en die Verenigde State sal vandag ‘n nuwe rondte kernkraggesprekke in Rome hou om hul dekades-lange stryd oor Teheran se kernkragambisies. Die Amerikaanse president Donald Trump dreig met militêre optrede as diplomasie misluk. Iran se minister van buitelandse sake, Abbas Araqchi, en Trump se Midde-Ooste gesant, Steve Witkoff, sal deur middel van bemiddelaars van […]

Read More

Motorsport: Lando Norris gee die pas aan in Saoedi-Arabië - April 19, 2025

McLaren bly die span om te klop by die naweek se Saoedi-Arabiese Grand Prix, nadat Lando Norris in Vrydag se oefening die pas aangegee het. Die Brit was vinniger as sy spanmaat, Oscar Piastri, met Max Verstappen van Red Bull in die derde plek. Charles Leclerc van Ferrari was vierde voor Carlos Sainz van Williams. […]

Read More

Ruacana sit groot skop in kragnetwerk - April 19, 2025

Die hidrokragstasie by Ruacana het in die eerste twee maande van vanjaar sowat 84 persent van Namibië se elektrisiteit opgewek, toon die jongste statistiek. Dit het die land se kraginvoere met sowat 40 persent verminder. Danksy goeie reën is dit ‘n reuse-omwenteling van die tydperk van Junie tot November verlede jaar, toe plaaslike kragbronne in […]

Read More

SA hof stop uitsettings van studente - April 19, 2025

Die Hooggeregshof in Mthatha het die uitsettings van studentekoshuise by die Walter Sisulu Universiteit gestaak. Dit volg nadat die kampusbestuur die studente opdrag gegee het om teen 16:00 Vrydagmiddag die perseel te ontruim. Die uitsettingsbevel volg in die nasleep van gewelddadige studentebetogings wat Dinsdagoggend uitgebreek het en tot die dood van ‘n student gelei het. […]

Read More

VSA-hof steek stokkie voor Trump se deportasieplanne - April 19, 2025

Die Amerikaanse hooggeregshof het vanoggend vroeg die Trump-administrasie gestop om Venezolaanse mans in immigrasie-aanhouding by die Bluebonnet-aanhoudingsfasiliteit in Texas te deporteer. Prokureurs vir die American Civil Liberties Union het Vrydag dringende versoeke by verskeie howe, insluitend die Hooggeregshof, ingedien, met ‘n beroep op onmiddellike optrede nadat hulle berig het dat van die mans reeds op busse […]

Read More

Oud-Springbok Gys Pitzer sterf - April 19, 2025

Die oud-Springbok, Gys Pitzer, het in die ouderdom van 85 gesterf nadat hy die afgelope paar weke in die hospitaal was. Hy het Noord-Transvaal en Suid-Afrika verteenwoordig, in 12 toetswedstryde gespeel en was deel van die wenspan in 1968 teen die Britse en Ierse Leeus. ‘n Besering het sy rugbyloopbaan in 1969 kortgeknip. SA Rugby […]

Read More

Hommeltuie verban in Etosha - April 19, 2025

Namibië se omgewingsministerie het ‘n algehele verbod op hommeltuie in die Etosha Nasionale Park ingestel om renosterstropery te bekamp. Volgens die ministerie kan hommeltuie deur stropers misbruik word om renosters op te spoor, wat bewaringsrisiko’s vererger. Etosha is die tuiste van 72% van Namibië se swartrenosterbevolking en ervaar ‘n toename in die stroping van dié beskermde […]

Read More