Duisende pelgrims ruk op na Moira - April 19, 2025

Die burgemeester van Polokwane, John Mpe, sê veiligheidsmaatreëls is verskerp om die skare by die pelgrimstog op Moria te verseker. Duisende lede van die Zion Christian Church het op Moria toegesak vir die eerste volledige pelgrimstog sedert die Covid-19-pandemie. Beperkings is weens die pandemie op massa-geleenthede geplaas en die jaarlikse pelgrimstog is gestaak. Meer as […]

Read More

Dis robot teen mens in Beijing-wedloop - April 19, 2025

Altesaam 21 robotte het vandag saam met duisende drawers ‘n padwedloop van 21 km in Beijing, China, aangepak. Van die robotte wat deelgeneem het, was so kort as 1,14 meter, terwyl ander so lank as 1,75 meter was. Hulle moes soos mense lyk en kon loop of hardloop, maar wiele was nie toegelaat nie. Die […]

Read More

Adjunkfinansminister pak wéér Comrades aan - April 19, 2025

Suid-Afrika se adjunkminister van finansies, David Masondo, het aangekondig dat hy vanjaar weer aan die Comrades-marathon in KwaZulu-Natal gaan deelneem om 25 000 rand vir inisiatiewe vir vroeëkinderontwikkeling in te samel. Masondo, wat onder die vaandel van die Gemeenskapskas-organisasie sal deelneem, wil onderwys, voeding en holistiese sorg vir kinders in onderbediende gemeenskappe ondersteun. Dit sal […]

Read More

Henties gaan rob- en neutolie maak - April 19, 2025

Adjunkpremier Natangwe Ithete het die konstruksie van die Vigor Bio-tegnologieproduksiefasiliteit van stapel gestuur, wat hoëwaarde rob- en neutolie ryk aan Omega-3 by Hentiesbaai sal produseer. Dié fasiliteit sal geskoolde en halfgeskoolde werksgeleenthede verskaf, plaaslike SME’s ondersteun en nou saamwerk met beroepsinstellings om jeugdiges en vroue in biotegnologie en mariene verwerking op te lei. Dit sal […]

Read More

PwC sluit deure in nege Afrika-lande - April 19, 2025

PwC het bevestig hy het sy bedrywighede in nege lande in Afrika gesluit, insluitend die Ivoorkus, Gaboen en Kameroen, ná ‘n strategiese hersiening. Die maatskappy noem toenemende geskille met plaaslike vennote wat glo besigheid verloor weens druk van PwC se oorsese hoofde. PwC se onttrekking van die markte volg na regulatoriese uitdagings wêreldwyd, insluitend boetes […]

Read More

Katar beskuldig Israel van vuilspel - April 19, 2025

Die Katar-emir, Sheikh Tamim bin Hamad Al-Thani, sê Israel het nie Januarie se wapenstilstand-ooreenkoms in Gaza nagekom nie. Hy het met Russiese president, Vladimir Putin, in Moskou vergader. ’n Wapenstilstand in Gaza tussen Israel en Hamas wat deur Katar saam met Egipte en die Verenigde State bemiddel is, het op 19 Januarie in werking getree. […]

Read More

Tennis: Alcaraz deur na semifinaal in Barcelona Ope - April 19, 2025

Die topgekeurde Carlos Alcaraz deurgedring na die semifinaal van die Barcelona Ope ná sy oorwinning teen die vyfde gekeurde Alex de Minaur. Die Spanjaard het die Australiër met 7-5, 6-3 geklop. Alcaraz sal in die laaste vier teen Arthur Fils van Frankryk te staan kom, nadat sy teenstander, Stefanos Tsitsipas van Griekeland, in die derde […]

Read More

NNN besoek vloedkampe in Noorde - April 19, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sal vandag die hervestigingsentrums vir vloedslagoffers in die Ohangwena-, Oshana- en Omusati-streke besoek. Dit volg op onlangse oorstromings wat talle gemeenskappe in die Noorde ontwortel het. Volgens die presidensie wil Nandi-Ndaitwah haar vereenselwig met die toestande van die sentrums, die verspreiding van humanitêre hulp en die doeltreffendheid van huidige noodlenings- en herstelinisiatiewe. 

Read More

SA, Nigerië wil hande vat met myne - April 19, 2025

Suid-Afrika en Nigerië het ‘n strategiese samewerkingsooreenkoms onderteken oor mynbou-ontwikkeling. Die ooreenkoms tussen die minister van Minerale Hulpbronne, Gwede Mantashe, en sy Nigeriese eweknie, Dele Alake, wil industrialisasie, werkskepping en ekonomiese groei bevorder. Hulle sal onder meer fokus op opleiding in geowetenskappe, die ontginning van minerale, datadeling en verwerking vir waardetoevoeg. Die ooreenkoms onder die […]

Read More

Amerika sal wegstap van vredesonderhandelinge, dreig Trump - April 19, 2025

Die Verenigde State sal wegstap van pogings om ‘n vredesooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne te bemiddel, tensy daar binnekort duidelike tekens van vordering is, het die Amerikaanse president Donald Trump en sy minister van buitelandse sake, Marco Rubio, Vrydag gesê. Trump het by navraag geweier om ’n spesifieke sperdatum vas te stel vir hoe lank […]

Read More