Haaie wen naelskraps in Skotland - April 19, 2025
Makazole Mapimpi het in die 81ste minuut ‘n drie gedruk en gesorg dat die Haaie ‘n 18-17 oorwinning teen Edinburgh behaal in hul 15de ronde Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd in die Skotse hoofstad. Die tuisspan, wat met drie drieë teen twee voorgeloop het, was op koers vir ‘n vierde agtereenvolgende tuisoorwinning toe die Durbanse span in die […]
Los eers rooilyn, kyk na Angola-grens: Venaani - April 18, 2025
In sy eerste parlementêre toespraak het landbouminister Mac Hengari aangekondig dat die kabinet ‘n strategie het om die rooilyn te verwyder en die voorvaderlike grondkwessie op te los. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met PDM-president McHenry Venaani, wat sê die grens met Angola moet eers beveilig word voordat die regering die rooilyn takel.
Kleinhandelaars van klere, skoene dryf SA groei in Februarie - April 18, 2025
Kleinhandelverkope in Februarie het volgens Statistieke Suid-Afrika met 3,9-persent gestyg vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die sterkste groei is getoon by kleinhandelaars van tekstiele, klere, skoene en leerware teen 15,7-persent, sowel as algemene handelaars, wat met 3,4-persent gestyg het. Raquel Floris van Statistieke SA sê egter op ‘n maand-tot-maand-grondslag het seisoensaangepaste verkope met 1,3-persent […]
Luigi Mangioni kan dalk doodstraf in gesig staar - April 18, 2025
‘n Federale jurie het aanklagte gebring teen Luigi Mangione, wat daarvan beskuldig word dat hy verlede jaar ‘n uitvoerende hoof van UnitedHealth Group in New York vermoor het. Dit stel aanklaers in staat om vir die doodstraf aansoek te doen. Die 26-jarige Mangione staan reeds tereg op staats-aanklagte van moord en oortreding van wapen-wette in […]
Namibiërs het blykbaar hul sjokolade-tande getrek - April 18, 2025
As jy nog nie ‘n sjokolade-Paashaas of Paaseier gekry het nie, moet jy weet jy is nie alleen nie. Volgens die Namibië Statistiek-agentskap het die land in 2024 minder sjokolade-produkte ingevoer as die vorige jaar. Die agentskap se data wys dat sjokolade-invoere geval het van 7,89 miljoen Namibiese dollar in April 2023 na 5,08 miljoen […]
Bemagtig Namibiërs en maatskappye is welkom: Hengari - April 18, 2025
Landbouminister Mac Hengari sê Namibiërs moet ‘n betekenisvolle rol speel in die ontginning van die land se natuurlike hulpbronne en ekonomiese potensiaal. Hy het by die sooispit-seremonie van die Vigor Biotegnologie Produksiefasiliteit in Hentiesbaai gepraat. Die nuwe fasiliteit sal hoë waarde rob- en neut-olies lewer wat ryk is aan omega-3, en wyd gebruik word in […]
Wits-eetstakingskomitee eis registrasie van alle studente - April 18, 2025
Die Wits-eetstaking-solidariteitskomitee het na die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie in Johannesburg opgeruk om die registrasie van alle studente te eis, ongeag uitstaande skuld. Die betoging volg ná ‘n eetstaking van 12 dae, met studente wat Wits Universiteit beskuldig dat hulle arm swart studente ignoreer. Die komitee se woordvoerder, Feziwe Ndwayana, vra die kommissie om op te tree […]
Adjunk-polisiehoof se seun skiet twee by Florida-universiteit dood - April 18, 2025
Die seun van ’n adjunk-polisiehoof van Florida, Amerika, het gister twee mense by die Florida State-universiteit doodgeskiet en vier gewond. Die aanvaller is deur die polisie gewond en word in ‘n hospitaal behandel. Hy het volgens die polisie alleen opgetree en die motief is nie bekend nie. Die seun ma is die adjunk-polisiehoof van Leon […]
Junior Afrikabeker hokkietoernooi skop in hoofstad af - April 18, 2025
Alle oë is op die Junior Afrikabeker hokkietoernooi wat vanmiddag in Windhoek afskop. Op die spel is die laaste drie kwalifiserende plekke in elke kategorie vir die 2025 Junior Hokkie Wêreldbekers, wat in Indië vir die mans, en Chile vir die vroue sal plaasvind. Alle wedstryde word by Windhoek Hoërskool se Trustco Davin Astro gespeel, […]
Borgtog-verhoor in Sheehama-moordsaak weer uitgestel - April 18, 2025
Die borgtog-verhoor van ses van die sewe beskuldigdes in die Joseph Sheehama-moordsaak is na 29 April uitgestel. Hulle het Donderdag in die Walvisbaai landdroshof voor landdros Rosalia Andima verskyn. Die ses sluit in Sheehama se meisie, Jessica Gaes, en haar broer Jimmy Gaeb. Nog ‘n beskuldigde, Michael Awaseb, sal op 13 Mei weer in die […]