Verdagte in hegtenis ná skietery by Walter Sisulu-universiteit - April 18, 2025

Die Oos-Kaapse polisie het ‘n 54-jarige man in hegtenis geneem in verband met die skietdood van ‘n student op die Mthatha-kampus van die Walter Sisulu-universiteit. Die verdagte, vermoedelik ‘n koshuisvader, het homself gister aan die owerheid oorgegee. Hy word aangekla van moord en poging tot moord nadat ‘n 24-jarige derdejaarstudent, Sisonke Mbolekwa, doodgeskiet is tydens […]

Read More

VSA-weermag vernietig brandstofterminaal in Jemen, 38 dood - April 18, 2025

Die Amerikaanse weermag sê dit het ‘n brandstofterminaal in Jemen vernietig in ‘n aanval teen Houthi-rebelle. Dit sê die doel van die aanval op die Rooi See-hawe van Ras Isa was om voorrade en fondse vir die Iran-gesteunde beweging te beperk. Volgens die Houthi’s is minstens 38 mense in die aanval dood, insluitend ‘n aantal […]

Read More

ManU dring deur na Europa-liga halfeindronde, in ekstra tyd - April 18, 2025

Sokker: Manchester United het ‘n merkwaardige terugkeer in hul kwarteindstryd teen Lyon gemaak toe hulle in bykomende tyd drie doele aangeteken het. Ruben Amorim het met ses minute oor in bykomende tyd 6-4 agtergeloop – voordat Bruno Fernandes, Kobbie Mainoo en Harry Maguire ingeskop het om Lyon 7-6 te klop. In die ander halfeindstryd het […]

Read More

Rhino Resources tref koolwaterstowwe in PEL 85 - April 18, 2025

Die Kaapstad-gebaseerde onafhanklike Rhino Resources het koolwaterstowwe getref in sy jongste eksplorasie-veldtog aflandig van Namibië se suidkus, volgens verskeie bronne. Die vonds is gemaak in die Capricornus-1x-eksplorasieput in PEL 85, waar boorwerk twee maande gelede begin het. Toetstoerusting word gemobiliseer na die terrein in die Oranje-bekken, om vas te stel of dit kommersieel lewensvatbaar is. […]

Read More

ACSA pleit vir lugvrag-outomatisering, slimmer handelsprosesse - April 18, 2025

Die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika het sy verbintenis tot die outomatisering en digitalisering van lugvragbedrywighede herbevestig. Tydens die ICAO Wêreldlugvragberaad in Turkye het uitvoerende hoof van ACSA, Mpumi Mpofu, gepleit vir vaartbelynde handelsprosesse, integrasie van doeane, en slimmer infrastruktuur. Mpofu het tegnologieë soos kunsmatige intelligensie uitgelig en gesê dat hierdie vooruitgang doeltreffendheid en deursigtigheid sal bevorder. ACSA […]

Read More

Foto van Gaza-seun wat arms verloor het, wen Wêreldpersfoto van die Jaar - April 18, 2025

Die onuitwisbare beeld van ’n negejarige Palestynse seun wat albei arms verloor het tydens ’n Israelse aanval op Gaza-stad, het 2025 se Wêreldpersfoto van die Jaar-toekenning gewen. Die foto, geneem deur Samar Abu Elouf vir The New York Times, beeld Mahmoud Ajjour uit wat na Doha ontruim is nadat ’n ontploffing verlede jaar een arm […]

Read More

Eben Etzebeth terug, voer Sharks aan teen Edinburgh - April 18, 2025

Rugby: Die Springbokslot Eben Etzebeth sal die Sharks vanaand in die Verenigde Rugbykampioenskap teen Edinburgh aanvoer in sy eerste wedstryd terug ná ‘n lang afwesigheid. Etzebeth was op die krukkelys nadat hy op 7 Desember in die Kampioenebeker-kragmeting teen die Exeter Chiefs harsingskudding opgedoen het. Lukhanyo Am en Aphelele Fassi is ook in die beginspan […]

Read More

Waar wil inligtingministerie heen reis vir N$28 miljoen in S&T? - April 18, 2025

Verskeie nuwe parlementslede het in hul nooienstoesprake die voorgestelde begroting gekritiseer. John-Louw Mouton, die IPC se skaduminister van inligting- en kommunikasietegnologie, sê daar word nie genoeg voorsiening gemaak vir sagteware infrastruktuur nie. Mouton het ook die inligtingministerie se S&T-toewysing bevraagteken.

Read More

Hof beslis bekentenisse in Joshlin Smith-verhoor is toelaatbaar - April 18, 2025

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof wat in Saldanhabaai sit, het beslis die bekentenisse van twee beskuldigdes in die Joshlin Smith-saak, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn, is toelaatbaar. Die twee beweer hulle is aangerand en gedwing om skuld te beken, maar Regter Nathan Erasmus het die bewerings van die hand gewys aangesien mediese bewyse die bewerings van […]

Read More

Rusland verwyder Taliban se klassifikasie as terreurorganisasie - April 18, 2025

Rusland se hoogste hof het die Taliban se klassifikasie as ’n terreurorganisasie verwyder. Dit is ’n simboliese gebaar wat daarop gemik is om vriendskapsbande met Afghanistan se de facto-regeerders te bou. Die Islamitiese groep het in Augustus 2021 beheer in Afghanistan oorgeneem toe Amerikaanse magte, wat die land se internasionaal-erkende regering ondersteun het, onttrek het. […]

Read More