Fokina klop Rublev by Barcelona Ope na 6de probeerslag - April 18, 2025
Tennis: Alejandro Davidovich Fokina het wêreld nommer agt, Andrey Rublev, met 7-5, 6-4 geklop om die kwarteindronde van die Barcelona Ope te haal. Die Spanjaard kon die Rus nog nooit klop nie, maar het uiteindelik met sy sesde poging in skoon stelle geseëvier. Davidovich Fokina, wat in die halfeindronde by die Monte Carlo-meesterstoernooi gespeel het, […]
B1 oop, veilig na klein hoeveelheid sianied gestort is - April 18, 2025
Die B1-pad noord van Otjiwarongo is weer oopgestel vir verkeer, het die padowerheid se woordvoerder, Hileni Filemon, aan die nasionale uitsaaier bevestig. Die pad was gesluit na ‘n botsing tussen twee vragmotors, waarvan een sianied na B2Gold se Otjikoto-myn vervoer het. Twee mense is dood en ‘n derde ernstig beseer. Volgens die omgewingministerie was die […]
GOOD-party verwelkom 90-dae-blitsveldtog teen GBV - April 18, 2025
Die GOOD-party verwelkom die regering se 90-dae-blitsveldtog teen geslagsgeweld en vrouemoord en noem dit ‘n belangrike stap wat lankal gedoen moes word. Die party ondersteun ‘n herlewing van die Interministeriële komitee oor geslagsgeweld en pogings om probleme in die regstelsel reg te stel. Die party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die onlangse saak waarin die […]
Europese Sentrale Bank verlaag weer rentekoerse - April 18, 2025
Die Europese Sentrale Bank het Donderdag weer die rentekoerse verlaag te midde van vrese dat die Amerikaanse president Donald Trump se wisselvallige tariefaankondigings groei regoor die eurosone kan bedreig. Die bank se beleidmakers het besluit om die maatstaf-depositokoers vir die sesde keer na mekaar met ‘n kwart basispunt te verlaag, wat beteken dit is tans […]
Van Dijk verleng ook kontrak met Liverpool - April 18, 2025
Sokker: Liverpool se kaptein, Virgil van Dijk het hom tot die Engelse Premierliga-klub verbind deur ’n nuwe tweejaar-kontrak te onderteken. Die Nederlandse speler volg Mohamed Salah en maak ’n einde aan maande se spekulasie deur sy kontrak by Anfield te verleng. Van Dijk het ‘n belangrike bydrae gelewer om Liverpool weer ‘n topspan te maak […]
Ingrid Maasdorp-moord: Hartseer pa vra aksie - April 18, 2025
Die moord en verkragting van klein Ingrid Maasdorp in Okahandja maak steeds opslae. ‘n Kerslig-waak is by die onderwysministerie se auditorium gehou, waar beroepe gedoen is dat wette kinders beter moet beskerm. Die geleentheid is bygewoon deur haar ouers, eerste minister Elijah Ngurare, die adjunkminister van onderwys Dino Ballotti, en leiers van verskillende geloofsgebaseerde organisasies. […]
BTW styg in SA op 1 Mei, ondanks hofsaak - April 18, 2025
Finansminister Enoch Godongwana het bevestig die BTW-verhoging van ‘n halwe persentasiepunt sal op 1 Mei voortgaan soos beplan, ondanks regstappe deur die DA en EFF. Godongwana voer in hofstukke aan die BTW-verhoging is nodig om besnoeiings in besteding aan openbare dienste, of verdere skuld te vermy. Hy het die DA se bewering dat die BTW-verhoging […]
Oekraïne, VSA teken memorandum oor minerale - April 18, 2025
Oekraïne en die Verenigde State het ‘n memorandum onderteken as ‘n eerste stap na ‘n ooreenkoms oor die ontwikkeling van minerale in die land. Kiëf se eerste adjunk-premier en minister van ekonomie Yulia Svyrydenko sê dit baan die weg vir ‘n ekonomiese vennootskapsooreenkoms en die instelling van ‘n beleggingsfonds vir die heropbou van Oekraïne. Sy […]
Aussies kla dat Franse klubs jong rugbytalent wegrokkel - April 18, 2025
Rugby: La Rochelle se ondertekening van ’n kontrak met ‘n Australiese tiener het daartoe gelei dat Rugby Australië by Wêreldrugby gekla het dat Franse klubs hulle jong talent wegrokkel. La Rochelle het die 16-jarige Reds-speler Visesio Kite gekontrakteer, terwyl die 17-jarige voorspeler Heinz Lemoto glo ook in die visier van welgestelde Top 14-spanne is. Voorsitter […]
Nuwe Erongo-streekraadvoorsitter sit prioriteite uiteen - April 17, 2025
Die nuutverkose voorsitter van die Erongo-streekraad, Donatus Tegako, het belowe om politieke onenigheid onder raadslede aan te pak en dienslewering te prioritiseer. Tegako, wat Benita Imbamba vervang het ná ‘n mosie van wantroue in haar, het belowe om alle raadslede te ondersteun, en die implementering van ontwikkelingsprojekte aan te jaag. Hy sal ook kwessies soos […]