Trump en Xi sal einde Oktober vergader - October 14, 2025
Die Amerikaanse president Donald Trump bly op koers om die Chinese leier Xi Jinping laat in Oktober in Suid-Korea te ontmoet, volgens die Amerikaanse minister van finansies, Scott Bessent. Beide lande streef daarna om spanning te verlig na nuwe tariefdreigemente en uitvoerbeheer. ‘n Terugkeer na ‘n volskaalse handelsoorlog tussen die wêreld se twee grootste ekonomieë […]
Baie meer beleggings buite Namibië as tuis - October 14, 2025
Die sentrale bank sê dat die waarde van buitelandse beleggings deur Namibiese maatskappy van 48,5 miljard Namibiese dollar in 2009 gestyg het tot 212,3 miljard dollar teen die middel van vanjaar. Die bank sê die waarde van die buitelandse portefeulje het met 64 persent gegroei na 75,3 persent. Van die beleggings is amper 54 persent […]
DA wil weet van ANC se R190m kontrak vir verkiesingsmateriaal - October 14, 2025
Die DA eis volle deursigtigheid van die ANC oor sy kontrak ter waarde van 190 miljoen Suid-Afrikaanse rand met Ezulweni Investments vir verkiesingsmateriaal wat na bewering met strategiese vennote gedeel is. Die DA-lid, Willie Aucamp, sê die reëling kan volmagpartye bevoordeel en politieke befondsingswette oortree. Hy het bevestig die party sal ‘n versoek indien volgens […]
Nobelprys vir Ekonomie toegeken - October 14, 2025
Die 2025 Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe is toegeken aan die Amerikaners Joel Mokyr en Peter Howitt, en die Fransman Philippe Aghion. Mokyr word erken vir die koppeling van tegnologiese vooruitgang aan volgehoue groei, terwyl Howitt en Aghion vereer word vir hul kreatiewe vernietigingsteorie, wat wys hoe vernuwing verouderde produkte vervang en produktiwiteit verhoog. John Hassler […]
Sport se hoogste hof moet besluit oor Israel se deelname in Indonesië - October 14, 2025
Sport se hoogste hof sal na verwagting vandag besluit oor Israel se deelname hierdie maand aan die wêreldkampioenskap vir artistieke gimnastiek in Indonesië, nadat die Asiatiese land se regering, toegangsvisums aan Israelse atlete geweier het. Israel het appèl aangeteken by die Hof van Arbitrasie vir Sport en geëis dat die hof die Internasionale Gimnastiekfederasie en […]
Konsultasies oor aftrekkings by staatsamptenare verleng - October 14, 2025
Die finansministerie het openbare konsultasies oor voorgestelde hervormings aan die stelsel vir aftrekkings by staatsamptenare tot 28 Februarie 2026 verleng. Hoewel aftrekkings steeds gemaak kan word, moet hulle streng aan bestaande wette voldoen. Betalings via Avril Payroll sal slegs tot 30 November voortduur, waarna die ministerie volle beheer oor die stelsel sal neem. Finansieswoordvoerder Jonathan […]
Lucky sê hy’s nie bang vir SARS nie - October 14, 2025
Die voormalige hoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, Lucky Montana, het ten sterkste ontken dat hy die Suid-Afrikaanse Inkomstediens geld skuld. Die agentskap het die naweek in ʼn ongekende stap ʼn nuuskonferensie gehou waar hy inligting bekendgemaak het oor Montana se belastinginligting en sy skuld van net meer as 55 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die Inkomstediens […]
Al-Sisi sê skietstilstand is ongekende prestasie - October 14, 2025
Die Egiptiese president Abdel Fattah al-Sisi het die skietstilstandsooreenkoms tussen Israel en Hamas bestempel as ‘n ongekende prestasie. Meer as 20 wêreldleiers het gister in Egipte bymekaargekom vir ‘n vredesberaad. Al 20 lewende gyselaars wat deur Hamas in Gaza aangehou word, is vrygelaat na meer as twee jaar in gevangenskap. In ruil het Israel byna […]
Ancelotti wil eerste buitelandse afrigter word wat Wêreldbeker wen - October 14, 2025
Geen land het al ooit die Wêreldbeker met ‘n buitelands-gebore afrigter gewen nie, maar Carlo Ancelotti van Italië sê dat daar is “altyd ‘n eerste keer” terwyl hy glorie met Brasilië nastreef. Ancelotti is Brasilië se eerste oorsese afrigter in ses dekades, nadat hy in Mei oorgeneem het en die vyfmalige wêreldbekerkampioen gehelp om hul […]
Savanna wik en weeg oor Noorse kwota - October 14, 2025
Savanna Beef sê hy het nog nie besluit of hy aansoek sal doen vir ‘n deel van Namibië se 1 600 metrieke ton Noorse beesvleiskwota vir 2026 nie. Volgens die raadsvoorsitter Mecki Schneider is dit nog onder oorweging en ‘n besluit sal binnekort gemaak word. Schneider het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat unieke […]