Behoefte aan nuwe markte onderstreep te midde van Trump-tariewe - April 17, 2025

Trump se handelstariewe het die Agoa-voordele vir Afrika-lande soos Suid-Afrika en Lesotho feitlik beëindig, terwyl Namibië minder geraak is weens laer uitvoere na die VSA. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Kobus Laubscher, ‘n Suid-Afrikaanse landbou ekonoom oor die impak gesels. Hy het die feit beklemtoon dat departemente in die streek moet saamwerk aan ‘n […]

Read More

Oranjerivier nou op 3m by Sendelingsdrif, Zambezi styg - April 17, 2025

Die Zambezirivier by Katima Mulilo styg steeds en is op 4,95 meter gemeet. Dit is baie hoër as die 1,36 meter op dieselfde tyd verlede jaar. Die Okavango het by Rundu effe afgeneem vanaf 7,67 meter na 7,64 meter, teenoor verlede jaar se 5,76 meter. Die Kunene styg ook weer en vloei by Ruacana teen […]

Read More

Vatikaan begin proses om argitek Gaudi as heilige te verklaar - April 17, 2025

Die beroemde Spaanse argitek Antoni Gaudi, wat ook “God se argitek” genoem word, is deur die Vatikaan op die pad gesit om as ‘n heilige verklaar te word. Pous Francis het vandeesweek Gaudi as eerbiedwaardig verklaar, wat hom ‘n stap nader aan kanonisering bring. Die pous het ook sy “heldhaftige deugde as dienskneg van God” […]

Read More

Nuwe gesondheidminister het planne vir beter gesondheidsorg - April 17, 2025

Gesondheidminister Esperance Luvindao het haar nooienstoespraak in die Nasionale Vergadering gelewer. Sy het verskillende opsies uiteengesit om gesondheidsorg te verbeter, soos deur telemedisyne, en het die vervalle toestande van gesondheidsorgsentrums aangespreek. Die minister hoop om 900 gemeenskapsgesondheidswerkers teen die einde van die jaar aan te stel om lang rye in openbare gesondheidsorgfasiliteite aan te spreek.

Read More

Privaat sekerheidsorganisasies kap voorgestelde vuurwapenregulasies - April 17, 2025

Suid-Afrika se voorste privaat sekerheidsorganisasies het verenig teen die voorgestelde wysigings aan vuurwapenbeheer ingevolge die Wet op die Regulering van die Privaat Sekerheidsbedryf. Hulle voer aan die veranderings, wat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, ingestel het, bedreig operasionele vermoë en openbare veiligheid. Steve Conradie van die Nasionale Veiligheidsforum waarsku teen werksverliese en verswakte nasionale […]

Read More

Rubio by Macron in Parys oor Oekraïne-wapenstilstand - April 17, 2025

Die Amerikaanse buitelandse sake-minister, Marco Rubio, vergader in Parys met die Franse president, Emmanuel Macron, oor ‘n wapenstilstand in Oekraïne terwyl Washington en Europa na gemeenskaplike grond soek om die vyandelikhede te beëindig. Hooggeplaasde Oekraïense amptenare is ook teenwoordig om afvaardigings van die Europese Unie en Amerika te ontmoet. Amerikaanse president Donald Trump se spesiale […]

Read More

SA mik na aanbied van 2036 of 2040 Olimpiese Spele - April 17, 2025

Olimpiese Spele: Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee hoop dat die land die Olimpiese en Paralimpiese Spele van 2036 of 2040 kan aanbied. Saskok se president, Barry Hendricks, het aan SABC Sport bevestig dat ‘n raadplegingsproses aan die gang is terwyl hulle wag op regeringsondersteuning voordat ‘n amptelike bod bekend gemaak word. Hendricks sê elf […]

Read More

B2Gold staan by by sianiedstorting naby Otjiwarongo - April 17, 2025

Die sianied wat vanoggend gestort is, was bestem vir B2Gold. Dit is veroorsaak deur ‘n ongeluk van voor tussen twee vragmotors vroeg vanoggend met die sianied wat vanaf Walvisbaai na die Otjikoto-myn vervoer is. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie. B2Gold se algemene bestuurder Eric Barnard het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Bek-en-klouseer brei uit in KwaZulu-Natal - April 17, 2025

In Suid-Afrika sê landbouminister John Steenhuisen die wetgewende vereiste dat eienaars die verspreiding van bek-en-klouseer keer, moet deur die regering se doeltreffende leierskap en toepassing ondersteun word. KwaZulu-Natal het tans 147 aktiewe uitbrekings en nuwe gevalle is in die Newcastle-area aangemeld. Die ministerie se woordvoerder, Joylene van Wyk, het meer.

Read More

Koning Charles huldig humanitêre werkers in Paasfeesboodskap - April 17, 2025

Koning Charles het hulde gebring aan humanitêre werkers wat ander beskerm in oorloggeteisterde lande. In ’n boodskap wat deur Buckingham Palace uitgereik is, sê die Britse monarg en hoof van die Anglikaanse Kerk, dit is een van die raaisels van die mensdom hoe mense beide groot wreedheid en groot barmhartigheid kan vertoon. Hy sê hierdie […]

Read More