Twee Oseane-marathon se toekoms in gedrang - April 17, 2025

Padwedlope: Kaapstad se mees ikoniese wedloop, die Twee Oseane-marathon, se einde is moontlik in sig. Dit volg nadat die Stad Kaapstad sy ondersteuning onttrek het weens permit-oortredings. Die metro het twee permitte uitgereik vir die wedlope van die vyfde en sesde van die maand: een vir 14 000 atlete vir die ultra-marathon oor 56-kilometer, en […]

Read More

TotalEnergies se konsultasies in Whk volgende week - April 17, 2025

TotalEnergies sal volgende week Dinsdag en Woensdag openbare konsultasies oor sy olieprojek by sy Venus-eksplorasiegebied in die hoofstad hou. Dinsdag se geleentheid vind by Franse-Namibiese-kultuursentrum plaas met Woensdag se vergadering wat by die VN Plaza plaasvind. Die maatskappy het Urban Dynamics aangestel om die omgewingsimpakstudie uit te voer. TotalEnergies sal 150 000 vate olie daagliks […]

Read More

AfriForum skop vas teen rasgebaseerde waterlisensies - April 17, 2025

AfriForum het appèl aangeteken teen die besluit van die Departement van Water en Sanitasie om die oordrag te blok van besproeiings-waterregte van ‘n swart boer na ‘n wit boer. Die departement voer aan die stap weerspreek sy doelwitte rondom transformasie. Marais de Vaal van AfriForum dring aan ras moet nie die enigste faktor in waterlisensiebesluite […]

Read More

Jerome Powell sê oor Trump se tariewe - April 17, 2025

Die voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserwebank, Jerome Powell sê die tariewe van die Trump-administrasie sal ‘n groot impak op die ekonomie hê. Hy het by die Ekonomiese Klub van Chicago gepraat en sê die Amerikaanse verbruiker sal die kostes dra.

Read More

Onana herroep vir Man U se wedstryd vanaand - April 17, 2025

André Onana sal vanaand herroep word vir Manchester United se seisoenbepalende tweede wedstryd van die Europa Liga-kwarteindstryd teen Lyon by Old Trafford, ná sy duur foute in die eerste wedstryd. Die 29-jarige Kameroense internasionale doelwagter, wat die skuld gekry het vir die twee doele wat United in laas week se 2-2 gelykopspel in Frankryk afgestaan […]

Read More

Hou eerder by die padreëls die naweek - April 17, 2025

Dit sal beter wees vir jou om die padreëls na te kom en wet en orde te handhaaf oor die Paasnaweek. Oudergewoonte is NamPol se verkeersafdeling ontplooi regoor die land en sal alles van spoed tot drank en smokkelary ondersoek. Die afdeling se hoof, kommissaris Petrus Swartz het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Read More

Soos VSA hulp gedaal het, het ontevredenheid met gesondheidsdiens toegeneem - April 17, 2025

‘n Verslag wat deur Cirrus in die hoofstad voorberei is toon dat die publiek se persepsie van die regering se gesondheidsdienste verband hou met die hoeveelheid buitelandse hulp wat die regering ontvang. In 2012 was net 24 persent van die publiek ongelukkig met die diens, toe hulp rondom 5,6 miljard Namibiese dollar was. Soos dit […]

Read More

Kenner sê oor gevare van sianied na storting - April 17, 2025

Die noodlottige vragmotorongeluk vanoggend het nie net ‘n lewe geëis nie maar, het ‘n sianiedstorting veroorsaak. Sianied is dodelik en het ‘n wesenlike impak op die omgewing en mense. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisikadepartement by Unam gesels. Hy sê dit is ook gevaarlik vir die omgewing.    ‘n Gebied […]

Read More

Roots by Stampriet se hoenderabattoir ten volle deur Vortex gekoop - April 17, 2025

Die Namibiese Mededingingskommissie het die Vortex Holdings Namibia se verkryging van die oorblywende belang van 50 persent in Roots Abattoir Enterprises, ‘n hoender-verwerkingsonderneming, goedgekeur. Die kommissie het bevind dat dit nie mededinging in die mark negatief sal beïnvloed nie, aangesien die ondernemings in verskillende markte werk en nie werksverliese tot gevolg sal hê nie. Die […]

Read More

James Webb-teleskoop bevestig biologiese prosesse op planeet - April 17, 2025

In ‘n potensiële landmerk-ontdekking het wetenskaplikes wat die James Webb-ruimteteleskoop gebruik, die sterkste tekens nog van moontlike lewe buite ons sonnestelsel ontdek. Die twee gasse – dimetielsulfied, of DMS, en dimetieldisulfied, of DMDS wat op Aarde slegs deur biologiese prosesse soos in plankton, geproduseer word is op die planeet K2-18b bevestig. Dit dui daarop dat […]

Read More