Unam kort ondersteuning vir gestremde studente - April 17, 2025
Die Universiteit van Namibië se gestremdheidseenheid het dringend ondersteuning nodig, aangesien dit sukkel met verouderde tegnologie en ‘n gebrek aan noodsaaklike toerusting, veral vir gesiggestremde studente. Volgens eenheidskoördineerder Mascot Muchali, beperk hierdie uitdagings hul pogings om voldoende hulp te verleen, wat studente se vermoë om ten volle aan hul akademiese reis deel te neem, beïnvloed. […]
Verstedeliking in Afrika raak voëls negatief - April 17, 2025
ʼn Nuwe studie het onthul dat Afrika se vinnige verstedeliking voëls se verskeidenheid bedreig. Navorsers gebruik burgerwetenskap-data van Keniaanse en Nigeriese projekte, wat inligting oor voëls karteer, om insig te kry oor hoe verstedeliking voëls, hul verskeidenheid en ekologiese funksies in hierdie nasies beïnvloed. Navorser Ashoka Mukpo het op die Mongabay-podsending gesê stede se grootte […]
Oekraïne hou 9 aan vir Russiese sabotasie - April 17, 2025
Oekraïne se veiligheidsdiens sê hy hou nege mense, insluitend vyf tieners aan wat volgens berigte namens Russiese veiligheidsdienste sabotasie beplan het. Sommige van die verdagtes het na bewering beplan om plofstof naby woongebiede of spoorlyne te stel. Oekraïne se veiligheidsdiens sê die verdagtes is op Telegram gewerf met beloftes van kontantbelonings. Kiëf sê hy het […]
Kamera-opname in Kaap toon goeie biodiversiteit - April 17, 2025
Die Cape Leopard Trust het ‘n kamera-opname in die Piketberg- en Olifanstsrivierberge afgehandel en 31 wilde soogdierspesies opgespoor. Dit sluit in Kaapse jakkalse, swartrug-jakkalse en die Afrika-slangmuishond. Die opname het ook sku luiperds by 54 van 74 plekke aangemeld. Die opname wat meer as 154 000 foto’s geneem het, bied lewensbelangrike insigte in die voorkoms […]
90 dae: 743 ongelukke, 1 256 beserings en 130 sterftes - April 17, 2025
Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het sy jongste statistieke oor padongelukke vir die afgelope drie maande bekend gemaak. Van dié ongelukke het private voertuie die meerderheid van die ongelukke tussen 1 Januarie en 6 April uitgemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Rosalia Martins-Hausiku, die uitvoerende hoof van die fonds gesels. Padgebruikers word aangemoedig om die tolvrye lyn […]
Gronddispuut vlam op by teeplantasie in Kenia - April 17, 2025
‘n Dispuut tussen ‘n teeplantasie in Britse besit en ‘n plaaslike gemeenskap in die weste van Kenia is besig om te vererger. Meer as 100 inwoners beset 140 hektaar grond op die Sitoi-landgoed, pluk tee en woon in modderhutte terwyl hulle hul beeste daar wei. Hulle sê die grond is in 1986 deur Eastern Produce […]
N$45,6 triljoen teen 2030 nodig om verwarming te bekamp - April 17, 2025
Die Verenigde Nasies se adjunk-sekretaris-generaal, Amina Mohammed, sê sterker vennootskappe en groter belegging in klimaat is nodig om vordering in globale ontwikkeling en klimaatsdoelwitte te versnel. Sy het by die P4G-beraad in Hanoi, Viëtnam, gesê teen 2030 sal 45,6 triljoen Namibiese dollar jaarliks vir ontwikkelende ekonomieë nodig wees om binne die teiken van 1,5-grade Celsius volgens die […]
Vroue Bokkaptein Nolusindiso Booi maak geskiedenis met 50ste wedstryd - April 17, 2025
Kaptein Nolusindiso Booi maak Saterdag geskiedenis wanneer sy die eerste Springbok-vrouespeler word wat in 50 toetse uitgedraf het. Suid-Afrika speel teen Spanje in Elche in hul eerste toets van die seisoen. Booi, wat reeds die vrouespeler is wat die meeste toetse vir Suid-Afrika gespeel het, behaal dié prestasie nadat sy 15 jaar gelede, in 2010, […]
Ohangwena steier onder efundja - April 17, 2025
Die efundja veroorsaak chaos met onderwys in die Ohangwena-streek met skole sowel as huise en besighede wat oorstroom is. Maar onderrig moet voortgaan en die voorsitter van die streeksraad Erickson Ndawanifa sê aan plaaslike media dat kampplekke oorweeg word vir senior leerders maar, dat matrasse en kos nodig is. Die raad benodig ook 20 mobiele […]
Wes-Kaapse toerisme herstel - April 17, 2025
Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê Suid-Afrika Toerisme se jaarlikse prestasieverslag vir 2024 beklemtoon die sterk herstel van die bedryf in die provinsie. Dit toon ‘n toename van 6,8 persent in internasionale toeriste-aankomste in die provinsie. Meyer sê die verslag toon ook dat die Wes-Kaap uitstekend vaar om eerste […]