Sewe lande se burgers sal sukkel met asiel in EU - April 16, 2025
Die Europese Unie het sewe lande uitgewys wat hy as veilig beskou in ‘n poging om migrante se terugkeer te bespoedig deur dit moeiliker te maak vir sekere nasies se burgers om aanspraak te maak op asiel. Die Europese Kommissie het voorgestel dat Kosovo, Bangladesj, Colombië, Egipte, Indië, Marokko en Tunisië tot veilige lande van […]
Boksburg-ballerina mik na Wêreldbeker-dans eindronde - April 16, 2025
‘n Ballerina van Boksburg in Gauteng, Abigail Sandwell, is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig op vanjaar se Wêreldbeker-dans-eindronde in Spanje. Sy dans sedert die ouderdom van drie en is bekroon met die hoogste toekennings, insluitend goud op die Oos-Randse Dansfees en die hoofrol as die Juweel-feetjie in Sleeping Beauty. Sandwell het ‘n BackaBuddy-veldtog geloods met […]
Shack Dwellers-federasie lig dienste-suksesse uit - April 16, 2025
Die stedelike ontwikkelingsministerie beplan om 10 000 erwe jaarliks te diens teen 2027. Die nuwe lynminister James Sankwasa sê die Build Together-program moet herleef word en saam met die Shack Dwellers-federasie moet lae- tot middelinkomste huise gebou word. Heinrich Amushila van die federasie het hulle suksesse met Kosmos 94.1 Nuus gedeel en planne uiteengesit.
Trek rasreëls in aktekantore terug, eis DA - April 16, 2025
Die DA eis die minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Mzwanele Nyhontso, moet die nuwe rasreëls in aktekantore terugtrek. Die reëls vereis van eiendoms-oordragpartye om hul ras te verklaar of gevaar te loop dat hulle transaksie verwerp kan word. Die party voer aan hierdie regulasies maak inbreuk op privaatheidsregte en is ongrondwetlik. Die DA benadruk […]
VK se hoogste hof beslis wetlike definisie van ‘vrou’ sluit trans-vroue uit - April 16, 2025
Die Verenigde Koninkryk se hoogste hof het ’n eenparige uitspraak gelewer dat die definisie van ’n vrou ingevolge gelykheidswetgewing na biologiese geslag verwys. Die wetlike definisie van ’n vrou sluit trans-vroue uit. Vyf regters het ten gunste van For Women Scotland beslis, wat aangevoer het dat die afskaffing van die koppeling tussen die wetlike definisie […]
Bellingham glo Real Madrid kan Arsenal klop - April 16, 2025
Sokker: Die middelveldspeler Jude Bellingham sê die tweede kragmeting in hul Kampioeneliga-kwarteindstryd teen Arsenal is ‘n geleentheid vir Real Madrid om te presteer. Die heersende Europese kampioen sal vanaand op die Bernabéu-stadion probeer om ‘n agterstand van 3-0 om te keer. Madrid het slegs een keer in sy geskiedenis van so ’n agterstand teruggeveg toe […]
Meer openbare laaistasies vir elektriese voertuie op pad - April 16, 2025
Elektriese voertuie is besig om vastrapplek in Namibië te kry, wat die behoefte aan toeganklike laai-opsies uitlig. Die Grove Mall in Windhoek het nou die land se eerste openbare laaistasie, wat met die hulp van hernubare energie-voorstaanders Jens Denk en Conrad Roeder van stapel gestuur is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jens Denk van […]
Onder-20 rugbyspan gereed vir stryd om Barthes-beker - April 16, 2025
Die Namibiese Onder-20 rugbyspan begin Saterdag in Harare, Zimbabwe hul veldtog om die Rugby Afrika Barthes-bekertoernooi te wen. Namibië sal kragte meet met Kenia, Zimbabwe en Tunisië in die kontinentale kompetisie, met wedstryde wat oor drie wedstryd-dae sal plaasvind. Hul eerste wedstryd is om 3-uur Saterdag teen titelhouer en gasheerspan Zimbabwe by die Old Hararians-sportstadion. […]
Venaani roer Starlink-lisensiëring in NV aan - April 16, 2025
Die kommunikasie regulerende owerheid, Cran, het in November verlede jaar Starlink beveel om sy internet-dienste in Namibië te staak, terwyl die diens nie plaaslik gelisensieer is nie. Sedertdien pleit veral boere in afgeleë en ondergedienste gebiede dat die owerheid Starlink lisensieer weens die voordele wat dit bring vir boerdery en bewaring. Die PDM-president McHenry Venaani […]
Wat gaan brandstofpryse doen in Mei? - April 16, 2025
In April het die petrolprys met 50 sent gedaal en beide grade diesel met 80 sent. Terwyl die olieprys gedaal het, het die Suid-Afrikaanse rand verswak en met die uitwerking van die Trump-tariewe is daar onsekerheid oor brandstofpryse die komende maand. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Cirrus-ekonoom Oliver Diggle, wat sy voorspelling gee.