G’n 500 VSA-burgers word gedeporteer: presidensie - April 16, 2025

Die presidensie doen ‘n beroep op die publiek, mediahuise en digitale inhoud-skeppers om enige regeringsinligting op amptelike regeringskanale te verifieer voordat hulle dit deel of daaroor verslag doen. Dit kom na aanlynartikels versprei is waarvolgens president Netumbo Nandi-Ndaitwah die deportasie van meer as 500 Amerikaanse burgers beveel het, in terme van die nuwe visa-regime. Die […]

Read More

Kritieke diagnostiese toetse nou ook in dorpe beskikbaar - April 16, 2025

Die Namibië Instituut vir Patologie het die desentralisasie van ‘n reeks kritieke diagnostiese toetse aangekondig wat voorheen slegs by die sentrale laboratorium in Windhoek beskikbaar was. Die instituut sê die skuif is daarop gemik om toegang tot gesondheidsorg te verbeter en om omkeertye te verkort. Essensiële toetse soos MIV vroeë baba-diagnose, hepatitis E, troponien T, […]

Read More

Ishanas in sommige streke kry steeds invloei - April 16, 2025

Volgens die jongste verslag van die Namibië Hidrologiese Diens is daar steeds hoë invloei in ishanas in die Ohangwena, Omusati en Oshana-streke. Watervlakke in die westelike deel van die Cuvelai-Etosha-bekken neem egter geleidelik af. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Pauline Mufeti, die hidrologiese diens se hoof-hidroloog, wat meer inligting gee.

Read More

Persoon doodgeskiet op Mthatha-kampus glo nie student of personeellid - April 16, 2025

Die Walter Sisulu-universiteit sê die persoon wat Dinsdag tydens die betogings op die Mthatha-kampus in die Oos-Kaap doodgeskiet is, was nie ‘n geregistreerde student of ‘n personeellid by die instelling nie. Die persoon is na bewering deur die universiteit se koshuisbestuurder geskiet en twee studente is gewond, in ‘n beweerde huis-indringing. Die universiteit sê die […]

Read More

VN Menseregte bekommerd oor Israel se aanvalle in Libanon - April 16, 2025

Die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor sê Israelse weermagoperasies in Libanon het kommer laat ontstaan oor toenemende skendings sedert die skietstaking in November verlede jaar in werking getree het. Minstens 71 burgerlikes is deur Israelse magte in Libanon doodgeskiet, insluitend 14 vroue en nege kinders. Meer as 92 000 mense is steeds dakloos na die geweld. […]

Read More

Krieket sal by 2028 Spele in Pomona naby LA gespeel word - April 16, 2025

Olimpiese Spele: ’n Tydelike stadion in Pomona sal gebruik word vir die krieketkompetisie tydens 2028 se Spele in Los Angeles. Die terrein in Fairground is ongeveer ’n uur se rit van die atlete-dorp in die Kaliforniese stad. Een van die redes vir die keuse is sodat die krieketspelers saam met die ander atlete kan tuisgaan. […]

Read More

Lüderitz-waterfront maatskappy weer in ACC se visier - April 16, 2025

Die Tender Bulletin berig dat die Lüderitz-waterfront Ontwikkelingsmaatskappy weer deur die Teenkorrupsie-kommissie ondersoek word. Daar is bewerings dat die maatskappy kontrakte toegeken het sonder die nodige tenderproses. Projekte wat deur die proses aangepak word, is die opgradering van die Ou Kragstasie, wat fasiliteite van ‘n ouditorium en wegbreekkamers insluit. Kosmos 94.1 Nuus het met Phil […]

Read More

Komitee gaan mishandeling in kerke bekyk - April 16, 2025

Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe het Musa Xulu aangestel om ‘n onafhanklike Artikel 22-komitee te lei, met die doel om waardigheid in die godsdienssektor te herstel. Dit volg op die vryspraak van die televisie-evangelis Timothy Omotoso en die voortgesette mishandeling in kerke. Die kommissie se […]

Read More

Israel sê humanitêre hulp sal nie Gaza binnegaan nie - April 16, 2025

Israel se minister van Verdediging, Israel Katz, sê die land sal voortgaan om humanitêre hulp te verhoed in die oorloggeteisterde Gaza-strook, waar intense lug- en grondaanvalle hervat is. Hy sê dit is een van die belangrikste maatreëls om te verhoed dat Hamas dit as ’n instrument teen die bevolking gebruik. Die Verenigde Nasies het vroeër […]

Read More

Nelson Mandelabaai bied Onder 20-Rugbykampioenskap aan - April 16, 2025

Rugby: Die Nelson Mandelabaai-stadion in Gqeberha in die Oos-Kaap is volgende maand gasheer vir vanjaar se Onder 20-Rugbykampioenskap. Die tweede toernooi vir die Suidelike Halfrond bring die beste jong sterre van Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Argentinië en Australië byeen. Australië het verlede jaar die eerste toernooi aangebied, waar Nieu-Seeland Suid-Afrika in die eindstryd verslaan het om die […]

Read More