Oorstromings neem toe in Zambezi - April 16, 2025

Die goewerneur van die Zambezi-streek Lawrence Sampofu sê sommige skole in sy streek is reeds gesluit as gevolg van die stygende vlakke van die Zambezi-rivier. Die Namibiese Hidrologiese Diens waarsku dat inwoners van die oostelike Zambezirivier-vloedvlakte moet gereed maak vir oorstromings. Die Zambezi by Katima Mulilo is steeds besig om te styg en het gister […]

Read More

Armlastige begrafnisse vir Stilfontein-myners - April 16, 2025

Noordwes se Gesondheidsdepartement sê hy het nie ‘n ander keuse as om armlastige begrafnisse te hou vir die onopgeëiste liggame van mynwerkers van Stilfontein nie. Woordvoerder Tshegogatso Mothibedi het aan die SABC gesê slegs 12 van die 78 liggame wat uit Skag 11 gehaal is, is uitgeken deur familielede. Hy het ook bevestig DNS-monsters is […]

Read More

IEA pas ook olievraag afwaarts aan - April 16, 2025

Die Internasionale Energie-agentskap sê wêreldwye olieaanvraag sal hierdie jaar laer wees as wat voorspel is, aangesien toenemende handelspanning die ekonomiese vooruitsigte onder druk plaas. Terwyl die VSA se invoere van olie, gas en geraffineerde produkte van president Donald Trump se tariewe vrygestel is, het sy ander heffings vrese oor inflasie en resessie veroorsaak en ruoliepryse […]

Read More

Trump dreig Harvard met belastingstatus - April 16, 2025

President Donald Trump van Amerika sê Harvard-universiteit kan sy belastingvrystellingstatus verloor en as politieke party belas word. Die universiteit as opvoedkundige instelling is volgens die 1986 Interne Belastingkode uitgesluit van federale inkomstebelasting. Die Trump-administrasie het onlangs sowat 41,4 miljard Namibiese dollar se veeljarige toelaes aan die universiteit bevries. Dit volg nadat hy geweier het om […]

Read More

GIPF se uitbetalings styg met 4% - April 16, 2025

Die Staatsinstellings Pensioenfonds het ‘n verhoging in pensioenuitbetalings van 4 persent aangekondig, effektief 1 April vanjaar. Dit geld vir alle begunstigdes, met pro-rata aanpassings vir diegene met pensioene vir minder as ‘n jaar. Martin Inkumbi, uitvoerende hoof, beklemtoon dat die verhoging deur die fonds se sterk finansiële posisie ondersteun word.

Read More

Ultimate Safaris sê oor NaCC sperdatum - April 16, 2025

Die besturende direkteur van Ultimate Safaris, Tristan Cowley het gereageer op die uitstel van die sperdatum wat deur die Namibiese Mededingingskommissie het sy sperdatum tot 90 dae verleng is. Die kommissie sê drie bewareas moet hulle eksklusiewe kontrak van 25 jaar met Ultimate Safaris opskort. Cowley sê verder die 99 jaar ooreenkoms waaroor die Kunene-grondraad […]

Read More

Repokoers bly op 6,75% - April 16, 2025

Die goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab, sê die monetêre beleidskomitee het eenparig gestem om die repokoers onveranderd op 6,75 persent te laat. Hy het die redes hiervoor so aangevoer. En Cirrus-ekonoom Robert McGregor het sy reaksie so verwoord. 

Read More

Groot beloftes oor elektrifisering - April 16, 2025

Plaaslike media berig dat die energie-ministerie 400 000 huishoudings teen 2040 wil elektrifiseer. Volgens die uitvoerende direkteur Ben Nangombe is 281 miljoen Namibiese dollar hiervoor in die huidige boekjaar begroot, waarvan 30 miljoen dollar uit die Nasionale Energiefonds kom. Volgens Nangombe, wat in gesprek was met Desert FM het die ministerie 15 miljoen dollar se […]

Read More

Dit is vandag die 10de herdenking van spotprent-legende Gene Travers se dood - April 16, 2025

Dit is vandag die tiende herdenking van die dood van Namibië se legendariese spotprent-tekenaar Gene Travers. Hy het in die laat Sewentigs spotprente vir die destydse Windhoek Observer geteken en het in 1981 by die Republikein aangesluit. Baie het hom beskryf as ‘n kunstenaar met ‘n hoë verantwoordelikheidsin en sy werk is deur baie bewonder. […]

Read More

Reaksie op onveranderde repokoers - April 16, 2025

Reaksie word ontvang op die sentrale bank wat die repokoers onveranderd op 6,75 persent gelaat het. Dit is vroeër ook so deur ekonome voorspel. Kosmos 94.1 Nuus het Cirrus-ekonoom Robert McGregor gesels.

Read More