GNU herbevestig Een China-beleid - April 16, 2025
Die Suid-Afrikaanse regering het Taiwan beveel om sy skakelkantoor vanaf Pretoria na Johannesburg te verskuif, wat sy verbintenis tot die Een China-beleid herbevestig. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê hierdie stap strook met Suid-Afrika se jarelange buitelandse beleid en globale konsensus waarin Beijing se soewereiniteit oor Taiwan erken word. Taiwan het […]
Wetgewers vra hoogverraad-klagtes teen Macky Sall - April 16, 2025
Senegalese wetgewers het die aankla van voormalige president Macky Sall vir hoogverraad voorgestel. Die stap volg op onthullings van die oudithof wat beweer dat ernstige finansiële wangedrag tydens Sall se presidentskap tussen 2019 en 2023 voorgekom het. Die verslag wys op vervalste dokumente, verduistering, geldwassery en onwettige verryking. Onder Senegal se Grondwet kan ‘n voormalige […]
Tariewe, handelspanning en lugvrag - April 16, 2025
Die Internasionale Lugvervoervereniging, Iata, het die belangrike rol wat lugvrag in wêreldhandel, e-handel en humanitêre hulp speel beklemtoon. Die vereniging se hoof, Brendan Sullivan, het tydens die World Cargo-simposium in Dubai gepraat en gewaarsku handelspanning bedreig ekonomiese groei en verbruikerstoegang. Linden Birns van Plane Talking wat Iata se skakelbeampte is, het meer.
B2Gold verwag goeie witmielie-oes - April 16, 2025
Die Namibiese Akkerbouraad is optimisties oor vanjaar se witmielie-produksie. Die B2Gold-myn boer op ‘n gedeelte van die land by die Otjikoto-myn, die Erhardtshof -landbouprojek. Verlede jaar tydens die droogte het die projek 1 100 ton witmielies gelewer, en hulle hoop op ‘n beter oes vanjaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met John Roos, B2Gold se […]
KZN berei voor vir reën en sneeu - April 16, 2025
Die KwaZulu-Natalse LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings, Siboniso Duma, sê spanne is op ‘n gereedheidsgrondslag terwyl reën en sneeu in die provinsie verwag word. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ‘n kouefront vir die provinsie wat temperature sal laat daal, en swaar reën en moontlik sneeu tot gevolg sal hê. Die departement se woordvoerder, Ndabezinhle Sibiya, […]
Khamenei tevrede met onderhandelings met VSA - April 16, 2025
Iran se opperbevelhebber, Ajatolla Ali Khamenei, is tevrede met onderhandelings met Amerika, maar waarsku dit kan uiteindelik vrugteloos wees. Teheran en Washington sal weer Saterdag ontmoet, ‘n week nadat senior amptenare die hoogste vlak gesprekke gevoer het sedert 2015 se kernooreenkoms in duie gestort het. President Donald Trump, wat tydens sy eerste termyn uit die […]
Fury sal afgetree bly, hy het genoeg geld en wil laat slaap - April 16, 2025
Die promotor Bob Arum glo nie Tyson Fury sal weer ‘n ommekeer maak nie. Die 36-jarige Britse swaargewig het in Januarie onverwags uitgetree nadat hy weereens ‘n wêreldtitel-geveg teen die Oekraïner Oleksandr Usyk verloor het. Fury het al meer as een keer tevore uitgetree, maar Arum glo nie dat hy meer bereid is om vroeg […]
Leerders se eksamen registrasie-datum kan nie verleng word nie - April 16, 2025
Vetaruhe Kandorozu, ‘n Nudo-parlementslid, het in die Nasionale Vergadering onderwysminister Sanet Steenkamp gevra of haar ministerie dit oorweeg om die registrasietydperk vir die jaar eindeksamens te verleng. Dit kom nadat heelwat leerders die registrasie-sperdatum op 28 Februarie misgeloop het. Volgens Kandorozu kon baie van hulle nie die registrasiefooi bekostig nie. Steenkamp het verduidelik hoekom dit […]
Malawi se woude word herstel - April 16, 2025
Standard Bank en World Vision International het saamgespan om omgewingsbewaring en klimaatsweerstandigheid in Malawi te bevorder. Die bank wil deur die Mtengo Wanga-veldtog woude herstel deur oor drie jaar 2,5 miljoen Namibiese dollar te bestee om 200 hektaar te herstel en 10 000 gemeenskapslede te bevoordeel. Die poging ondersteun Malawi se Vision 2063 en sluit […]
China moet ons nader – Withuis - April 16, 2025
Die Withuis sê ongeveer 15 lande is tans besig met handelsooreenkomste rakende president Donald Trump se tariewe maar het nie die lys van lande bekend gemaak nie. China, wat 145 persent tariewe moet hanteer, is nie op die lys nie en die perssekretaris van die Withuis Karoline Leavitt, sal die VSA nie China nader vir […]