Sibiya sê WhatsApp-boodskappe is vals - October 14, 2025
Die geskorste adjunk-nasionale kommissaris van Misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, het aan die parlement se ad hoc-komitee gesê WhatsApp-boodskappe wat hom verbind met die minister van Polisie, Senzo Mchunu, en die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde, is vals. Sibiya beskryf sy verhouding met Mchunu as streng professioneel. Hy sê hy het onafhanklik die kansellasie gelas […]
Brittanje kan ‘n rol speel in Hamas-ontwapening - October 14, 2025
Eerste minister Keir Starmer sê die Verenigde Koninkryk kan ʼn rol speel om die Gaza-skietstilstand te monitor, maar ook om Hamas en sy wapens se vermoë buite aksie te stel. Die militante groep het voorheen geweier om sy wapens neer te lê tensy ʼn Palestynse staat gevestig word. Starmer sê dis belangrik dat daar geen […]
Macron weier om te bedank - October 14, 2025
Die Franse president, Emmanuel Macron het Maandag oproepe om te bedank verwerp en sy teenstanders aangeval. Sy jongste regering word bedreig deur twee mosies van wantroue wat dit teen die einde van die week dalk tot ‘n val kan bring. Macron het in die laaste twee jaar vyf eerste ministers gehad. Baie van sy teenstanders […]
Kunstefees terug by die Zoopark - October 14, 2025
Die Otjomuise Live Arts Festival keer terug na Windhoek vir sy sesde uitgawe, wat Zoopark van 31 Oktober tot 1 November in ‘n sentrum van opvoerings en storievertelling sal omskep. Gesamentlik aangebied deur die Goethe-instituut en die Nasionale Teater van Namibië, sal die opvoerings dans, musiek, gesproke woord en eksperimentele storievertelling dek. NTN-woordvoerder Desiree Mentor […]
Twee renosterkoeie op Omaruru-plaas gestroop - October 14, 2025
Die Erongo-polisie bevestig twee renosters is tussen Vrydag en Saterdag by Omaruru gestroop in afsonderlike voorvalle. In die eerste geval, op die jag- en safari-plaas Okosongoro is ‘n swart renosterkoei gestroop en haar horings verwyder. Dieselfde lot het ‘n witrenosterkoei getref, ook op Okosongoro. Die polisie sê ballistiese bewyse is ingesamel en die ondersoek duur […]
FIMA, Namfisa en mediese fondse – Kenner sê daar is kommer - October 14, 2025
Na aanleiding van die jongste waarskuwings oor die FIMA-wet, sê bestuurskenner Pius Dunaiski dat Namibië versigtig moet wees. Met Namfisa wat probeer verhoed dat mediese fondse sleutelbedrywighede uitkontrakteer, waarsku die land se grootste fondsadministrateurs dat dit die bedryf kan verlam, werksgeleenthede in gevaar kan stel en die publiek se toegang tot private gesondheidsorg ernstig kan […]
Ekonoom sê repokoers bly onveranderd - October 14, 2025
Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen sê die sentrale bank sal môre die repokoers onveranderd, op 6,75 persent hou. Die monetêre beleidskomitee vergader vandag. Volgens Jansen sal die besluit waarskynlik die sentrale bank se versigtige houding weerspieël te midde van ‘n effense styging in inflasie wat in September op 3,5 persent ingekom het, vergeleke met 3,2 persent […]
Trump is g’n redder nie – Israeliese opposisie - October 14, 2025
Te midde van vreugde in Israel en Palestynse gebiede oor die vrylating van gyselaars asook aangehoudenes uit Israeliese tronke, is nie almal gelukkig oor die politiek nie. Opposisie-politici in die Knesset het geprotesteer tydens Trump se toespraak, en ten minste een persoon is uit die saal verwyder. Ofer Cassif, een van die Knesset-lede wat protes […]
‘n Brandblusser vir elke huishouding – Ngurare - October 14, 2025
Eerste minister Elijah Ngurare het ‘n beroep op rampbestuur-belanghebbendes gedoen om te verseker dat elke huishouding toegerus is met ‘n brandblusser, om die risiko van skade tydens brandverwante noodgevalle te verminder. Hy het Maandag by die herdenking van die Internasionale Dag vir Ramprisikio-vermindering by die VN-plaza gepraat. Vanjaar se geleentheid is gehou onder die tema […]
EU belê miljarde in Suid-Afrika - October 14, 2025
President Cyril Ramaphosa sê nuwe beleggings van die Europese Unie sal inklusiewe en volhoubare groei in Suid-Afrika ondersteun. Die EU het meer as 230-miljard Suid-Afrikaanse rand belowe aan projekte vir skoon energie, groenwaterstof, hernubare energie, en noodsaaklike minerale en entstowwe. Die befondsing sal werksgeleenthede skep, plaaslike mineraalverwerking en groenwaterstofproduksie ondersteun en paaie, hawens en digitale […]