Caster praat oor uitdagings by Harvard Kennedy-skool - April 16, 2025
Die Suid-Afrikaanse gouemedalje-wenner, Caster Semenya, het die hoofrede gelewer by die Harvard Kennedy-skool in Amerika se Vroue in Mag-konferensie. Sy en die Amerikaanse Olimpiese wenner, Lauren Scruggs, het onder die tema, Reimagining Power: Building a New Legacy, ʼn gesprek gevoer oor veerkragtigheid, doelwitte en identiteit. Semenya het in haar toespraak vertel hoe sy ten spyte […]
Bouplanne vir hoofstad vertoon goed - April 16, 2025
Stad Windhoek het in Maart 196 bouplanne goedgekeur, met ‘n totale waarde van 358,9 miljoen Namibiese dollar. Dit verteenwoordig ‘n toename van 38 persent in goedkeurings op ‘n maandgrondslag en 168,2 persent in die waarde. IJG Securities sê in sy ontleding dat in vergelyking met Maart 2024 het goedkeurings met 6,5 persent gestyg, terwyl die […]
Vasteland moet medisyne vervaardig - April 16, 2025
Die Suid-Afrikaanse handelsdepartement het beklemtoon hoe belangrik dit is vir Afrika om sy eie medisyne te vervaardig. Die departement se hoofdirekteur van Nywerheidsverkryging, Tebogo Makube, het op die G20-hoëvlak ministeriële dialoog gepraat oor die versterking van streekswaardekettings in die Afrika-mark, met hindernisse in handel wat uit die weg geruim moet word:
Soedan wil weet hoekom hy nie by konferensie oor Soedan was nie - April 16, 2025
Die hoof van die sending by die Soedanese-ambassade in Londen, Babikir Elamin, het kritiek uitgespreek oor die Britse internasionale vergadering oor Soedan wat in Londen gehou is – sonder enige verteenwoordiging van die betrokke partye. Brittanje het gesê hy sal 120 miljoen pond, oftewel, 3 miljard Namibiese dollar, meer in hulp verskaf aan mense in […]
Chinese ekonomiese groei vertoon goed in K1 - April 16, 2025
China se ekonomie het in die eerste drie maande vanjaar met 5,4-persent gegroei, wat hoër is as ekonome se verwagting van 5,1-persent. China hanteer tans die gevolge van ʼn toenemende handelsoorlog met Amerika. Chinese uitvoere na Amerika staar heffings van 144-persent in die gesig terwyl Amerikaanse uitvoere na China met 125-persent belas word. Ekonome van […]
Amushelelo, Boulter weer in die hof vandag - April 16, 2025
Daar is twee belangrike sake voor adjunk-regterpresident Hannelie Prinsloo. Die eerste is saakbestuur in die staat se saak van geldwassery en bedrog teen Michael Amushelelo en sy sakevennoot Gregory Cloete. Die twee staar 365 klagtes waaronder bedrog, belastingontduiking en geldwassery ingesluit is. Amushelelo het reeds in Augustus verlede jaar al sy bates verloor na die […]
Niemand vas na skietery by Oos-Kaapse universiteit nie - April 16, 2025
Die Oos-Kaapse polisie sê niemand is nog in hegtenis geneem ná gisteroggend se skietvoorval op die Mthatha-kampus van die Walter Sisulu-universiteit nie. ‘n Student is na bewering deur ‘n kampuskoshuisbestuurder geskiet tydens ‘n betoging oor kwessies, insluitend die haglike toestand van verblyf. Twee ander studente is in die hospitaal opgeneem. ‘n Polisiewoordvoerder, Nobuntu Gantana, sê […]
Biden vaar uit teen Trump-administrasie - April 16, 2025
Oudpresident Joe Biden sê in minder as 100 dae het sy opvolger, Donald Trump, se administrasie groot skade aangerig. Hy het gister die nasionale konferensie van advokate, raadslede en verteenwoordigers vir gestremdes in Chicago bygewoon. Dit was sy eerste toespraak sedert hy nie meer president is nie. Biden kritiseer die huidige administrasie se poging om […]
Barcelona en PSG deur na Kampioeneliga se halfeindronde - April 16, 2025
Barcelona en Paris St-Germain is deur na die Kampioeneliga se halfeindronde. Die Katalaanse reuse het met 3-1 teen Borussia Dortmund verloor, maar is deur na die laaste vier op ʼn totale telling van 5-3 ná hul tweede kragmeting. Aston Villa het met 3-2 geseëvier in die tweede kragmeting van hulle kwarteindstryd teen PSG by Villa […]
Selma keer terug na Mej. Wêreld - April 16, 2025
Mej. Namibië 2018, die model Selma Kamanya, het destyds haar frustrasie uitgespreek omdat sy min of geen finansiële steun van die Mej. Namibië-organisasie gekry het nie. Sy moes die meeste van haar uitrustings vir die Mej. Heelal-kompetisie self finansier. Nou beplan sy ‘n terugkeer na die wêreld-verhoog, om in die Mej. Wêreld 2025 te kompeteer […]