NamWater beplan nie om watertariewe te verlaag nie - April 15, 2025

NamWater sê in ‘n verklaring hy beheer nie die finale watertariewe wat op verbruikers gehef word nie, want hy werk op kosteverhaling en nie vir wins nie. Die tariewe word deur plaaslike owerhede bepaal, maar NamWater self beplan nie om sy tariewe te verlaag nie. Dit kom na bespiegeling dat watertariewe verlaag kan word omdat […]

Read More

Bipa verleng boete-kwytskeldingsprogram tot 30 September - April 15, 2025

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, het sy jaarlikse boete-kwytskeldingsprogram verleng tot 30 September. Bipa sê die besluit strook met sy voortgesette pogings om veral klein- en mediumgrootte besighede te ondersteun en nakoming in die sakegemeenskap te bevorder. Die boete-kwytskelding is van toepassing op alle geregistreerde ondernemings en op alle uitstaande jaarlikse belastingbetalings en laat […]

Read More

Werkloosheidsprotes-betogers kry werk: Amushelelo - April 15, 2025

Die aktivis Michael Amushelelo het ‘n opdatering gegee oor sy werkloosheidsprotes van 21 Maart verlede jaar. Na die protes het betogers op regeringskantore toegesak en hul CV’s by die arbeidministerie ingehandig. Volgens Amushelelo het verskeie van die betogers werksaanbiedinge gekry en sommige het reeds werk bekom. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo gesels.

Read More

Afrika moet gesondheidstelsels versterk: Motsoaledi - April 15, 2025

Die gesondheidminister, Aaron Motsoaledi, het ’n beroep gedoen op Afrika-leiers om hulle ingesteldheid te verander en hulle aangemoedig om in plaaslike gesondheidstelsels te belê en dit te versterk. Hy het tydens ‘n toespraak op die G20 Hoëvlak- Ministeriële Dialoog beklemtoon dat gesondheid as ’n belegging beskou moet word. Motsoaledi het kritiek uitgespreek teen die gebruik […]

Read More

Chinese president vra samewerking vir vrye handel - April 15, 2025

Die Chinese president, Xi Jinping, het Viëtnam aangemoedig om kragte saam te snoer en vrye handel te handhaaf. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het vroeër gesê Xi se besoek is daarop gemik om Amerika te benadeel. Xi besoek Viëtnam as deel van sy Suidoos-Asiese toer wat Maleisië en Kambodja insluit. Beijing probeer ‘n bestendige alternatief […]

Read More

Iga Swiatek mik na derde Stuttgart-opetitel - April 15, 2025

Tennis: Die tweemalige kampioen Iga Swiatek begin hierdie week kleibaanseisoen en wil haar derde Stuttgart-ope in Duitsland en haar eerste kampioenskap van die jaar wen. Die Pool het tot dusver in haar loopbaan eenhonderd wedstryde op klei gespeel en 89 daarvan gewen. Die verdedigende kampioen, Elena Rybakina van Kazakhstan, speel nie in die toernooi nie. […]

Read More

Stop bevordering van formulemelk: UWK-akademici - April 15, 2025

Akademici aan die Universiteit van die Wes-Kaap doen ʼn beroep op Suid-Afrikaanse gesondheidsverenigings om borgskappe van kommersiële formulemelk-vervaardigers te beëindig. Die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Verenigde Nasies se Kinderfonds het duidelike riglyne uitgereik en vra gesondheidsorginstellings en beroepsverenigings om borgskappe van die formulemelk-bedryf te weier. ʼn Dosent aan die UWK, Katie Pereira-Kotze, sê ten spyte van […]

Read More

Maldive verbied Israeli’s op eilandgroep - April 15, 2025

Die Maldive het Israeli’s verbied om die luukse toeriste-eilandgroep te besoek uit solidariteit met die Palestyne. President Mohamed Muizzu het die wetgewing bekragtig kort nadat dit vandag deur die Parlement goedgekeur is en die verbod tree onmiddellik in werking. Die klein Islamitiese republiek van een-duisend-192 strategies-geleë koraaleilandjies, is bekend vir sy afgeleë wit sandstrande, vlak […]

Read More

Mark Tele’a los All Blacks vir Japan - April 15, 2025

Rugby: Die Nieu-Seelandse vleuel Mark Tele’a gaan die Blues die einde van die seisoen vir Japan verruil, wat beteken hy kan nie volgende jaar vir die All Blacks speel nie. Hy sal volgens berigte by Toyota Verblitz aansluit wat deur die gewese Nieu-Seelande afrigters Steve Hansen en Ian Foster gebrei word. Tele’a het 13 drieë […]

Read More

Ithete bevestig verbintenis tot Baynes - April 15, 2025

Die lynminister, Natangwe Ithete, het bevestig dat die nuwe regering steeds verbind is tot die Baynes-hidroëlektriese projek. Verlede jaar November het die destydse minister Tom Alweendo gesê die projek is gereed vir implementering na die ooreenkoms onderteken is. Die eerste studies is reeds in 1995 en 1998 voltooi. Die dam, geleë langs die Kunene-rivier, 200 […]

Read More