Vertraging in herbou van parlement is pligsversuim – BOSA - April 15, 2025

Build One South Africa het die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, gekritiseer en sê hy aanvaar nie verantwoordelikheid vir die vertraging met die herbou van die Parlement in Kaapstad nie. Werk begin na verwagting volgende maand aan die Ou Volksraadgebou, wat erg beskadig is in ‘n brand op 2 Januarie 2022. BOSA […]

Read More

Trump wil Amerikaners ook in El Salvador se tronke aanhou - April 15, 2025

President Donald Trump het kommentaar gelewer oor die moontlikheid om Amerikaanse misdadigers ook na El Salvador te vervoer om daar hulle vonnisse uit te dien. Media in die VSA sê dis nie net ligtelike kommentaar nie. Voor Trump met sy eweknie van El Salvador Nayib Bukele vergader het, is hy gehoor waar hy aan Bukele […]

Read More

Dis Wêreld-kunsdag vandag - April 15, 2025

Dis vandag Wêreld-kunsdag wat die ontwikkeling, verspreiding en genot van kuns bevorder en vier. Vanjaar se tema is “ʼn Tuin van Uitdrukking: Kweek gemeenskap deur kuns”. Dis vandag ook een van die geskiedenis se beroemdste kunstenaars, Leonardo da Vinci, se verjaarsdag. Unesco sê kuns kweek kreatiwiteit, vernuwing en kulturele verskeidenheid, en speel ʼn belangrike rol […]

Read More

Luukse spog-horlosie deur Namdia in Switserland bekend gestel - April 15, 2025

Namdia, in samewerking met Diamwill of Antwerp, het onlangs die luukse Namib Queen of Hearts-horlosie in Switserland bekend gestel. Dit het die belangstelling van internasionale versamelaars en connoisseurs geprikkel. Die horlosie is aanlyn beskikbaar op die webtuiste van Backes and Strauss London. Beverley Coussement, woordvoerder van Namdia, het met Kosmos 94.1 Nuus oor dié spoghorlosie […]

Read More

Groot afwykings van normaal in Maart se reënval - April 15, 2025

Die Namibiese weerdiens sê reënval in Maart se reënval was besonder, veral in die noordwestelike dele tot die suidooste van die land, maar was relatief droog in die noordooste. Die meeste stasies het bo 100mm aangeteken vir die maand met sommige gebiede wat bo 50mm in 24 uur aangemeld het. Windhoek se afwyking van sy […]

Read More

Nujoma belowe 5 000 huise in Khomas, in 12 maande - April 15, 2025

Reaksie word ontvang op planne deur die Khomas-streeksregering wat beoog om 5 000 huise binne die volgende 12 maande in die streek te bou. Die inisiatief is deel van die regering se plan om informele nedersetting in die stedelike gebied van Namibië te formaliseer. Kosmos 94.1 Nuus het met die Affirmative Repositioning LP, George Kambala, […]

Read More

Trustco-NamRA uitspraak vanmiddag verwag - April 15, 2025

Uitspraak in die hoë-profiel saak tussen die Trustco-groep en die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, sal na verwagting vanmiddag deur regter Shafimana Ueitele gelewer word. Die saak het betrekking tot NamRA wat kennisgewings uitgereik het waardeur hy bankrekeninge van die Trustco-groep wou blokkeer het in ‘n poging om meer as 305 miljoen Namibiese dollar in te samel […]

Read More

Ontleding toon Air Namibia is onvolhoubaar - April 15, 2025

Ontleders is skepties oor die regering se planne om 20 miljoen Namibiese dollar aan ‘n lewensvatbaarheidstudie vir ‘n nuwe Air Namibia te bestee, plus nóg 3 miljard dollar oor ‘n tydperk van vyf jaar om ‘n nuwe nasionale lugredery te vestig. Kosmos 94.1 het Hiren Naidoo, ‘n ontleder by Cirrus Capital, om kommentaar genader:

Read More

Uitgebreide ontwikkeling in Okavango-opvangsgebied kommerwekkend - April 15, 2025

Sedert 2018 het die opvangsgebied van die Cubango/Okavango-riviere in Angola en Namibië ‘n verskuiwing van bestaans- na inkomste-gebaseerde aktiwiteite gesien, met toenemende beleggings in landbou, mynbou en stedelike ondernemings. Stedelike sentrums, veral langs groot paaie, het vinnig gegroei, terwyl baie landelike gebiede min of geen groei gesien het nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die […]

Read More

DA eis antwoorde na chaos by Bloem-skole Spele - April 15, 2025

Die DA eis ‘n volle ondersoek en dissiplinêre optrede ná die onttrekking van atlete van Limpopo uit die SA skolekampioenskappe in Bloemfontein in die Vrystaat. Die party sê atlete is sonder kos of verblyf gelaat en moes op busse slaap na mislukte beplanning deur die provinsiale Departement van Sport, Kuns en Kultuur. Franco Marx van […]

Read More