Brittanje bewillig £120m meer aan Soedan  - April 15, 2025

Brittanje sê hy sal 120 miljoen pond, oftewel, 3 miljard Namibiese dollar, meer in hulp verskaf aan mense in Soedan, wat volgens hom die ergste humanitêre krisis op rekord in die gesig staar. Die land bied ‘n konferensie aan ter herdenking van twee-jaar van die konflik. Die oorlog in Soedan het in April 2023 uitgebreek, […]

Read More

VN plaas visier op chemikalieë, afval - April 15, 2025

Die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram bied ʼn reeks geleenthede aan ten tyde van die 2025 Basel, Rotterdam en Stockholm-konvensies. Vanjaar se tema is: Maak die onsigbare sigbaar: goeie bestuur van chemikalieë en afval. Die geleentheid wil wêreldwye optrede aanmoedig om besoedeling te verminder, inligtingstelsels te verbeter en chemikalieë- en afvalbestuur in te skakel by gesondheid-, […]

Read More

Verkope van kommersiële voertuie daal in Maart - April 15, 2025

Cirrus in die hoofstad sê 1 320 nuwe voertuie is in Maart verkoop, 18,2 persent meer as die verkope in Februarie maar, 9 persent laer as Maart 2024 se syfer. Die makelaarsfirma sê die afname op ‘n jaargrondslag kan toegeskryf word aan die groot daling, 15,3 persent, kommersiële voertuie, wat net 700 eenhede verkoop het. 

Read More

Wise Immanuel sit sy planne vir arbeid, justisie uiteen - April 15, 2025

Justisie- en arbeidsminister Wise Immanuel sê die staatsdiens moet transformerend wees, burgergedrewe dienslewering prioritiseer en uitgediende norme uitdaag. Hy het ‘n beroep op staatsamptenare gedoen om strategiese planne te hernu, spanwerk te ondersteun en pro-aktief na oplossings te soek wat met president Netumbo Nandi-Ndaitwah se breë visie ooreenstem: Immanuel het voorts gesê werkers moet ondersteuning […]

Read More

Onderwyseres en stiefma pleit onskuldig op moord van Nada-Jane, 6 - April 15, 2025

Die kleuterskoolonderwyser Amber Lee Hughes het onskuldig gepleit op aanklagte van verkragting en moord in die Hooggeregshof in Johannesburg. Sy word aangekla dat sy haar ses-jarige stiefdogter en ‘n leerder, Nada-Jane Challita, in Januarie 2023 seksueel aangerand en vermoor het. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Phindi Mjonondwane, sê die hof het tydens die verhoor […]

Read More

Kenner meen Iran sal toegee aan Trump, hier’s hoekom - April 15, 2025

Navo se voormalige direkteur vir die beperking van kernwapens William Alberque glo Iran sal toegee aan eise deur die VSA dat hy nie ‘n kernwapen mag besit nie. Alberque, in ‘n gesprek met SkyNews, sê spanning het baie toegeneem en dit is nie ‘n oorlog wat Iran kan wen nie.

Read More

GBV: Hoe kan gemeenskappe toekyk en niks sê nie? - April 15, 2025

Fel kritiek oor die kommerwekkende styging van geweld teenoor vroue stroom in ná die onlangse moord op ‘n vyfjarige dogtertjie op Okahandja, asook ‘n jong vrou van na bewering ontvoer, verkrag en aangehou is. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by die maatskaplike aktivis Zack Itodo gekry:

Read More

SAPD maak skoon voor Paasnaweek - April 15, 2025

Meer as 13 800 verdagtes is in die afgelope week tydens Operasie Shanela in hegtenis geneem. Die polisie het ook 21 jeugdiges uit ‘n onwettige kamp in Mpumalanga gered en beslag gelê op meer as 100 vuurwapens. Bykomende arrestasies sluit in 164 vir verkragting en 170 vir moord. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê operasies sal […]

Read More

Tariewe kan armste lande ergste raak - April 15, 2025

Die Verenigde Nasies se Handels- en Ontwikkelingsagentskap waarsku stygende wêreldtariewe kan die wêreld se armste ekonomieë verwoes. ‘n Nuwe verslag bepleit dat die armste lande vrygestel word van voorgestelde Amerikaanse tariewe, wat 57 handelsvennote teiken. Die agentskap sê hoewel hierdie lande se bydra tot Amerikaanse tekorte minimaal is, kan die tariewe, as dit ná 90-dae […]

Read More

Van Dijk verwag ‘n groot somer vir Liverpool in die oordragmark - April 15, 2025

Virgil van Dijk verwag ’n groot somer vir Liverpool in die oordragmark, terwyl hy glo op die punt staan om ’n ooreenkoms te finaliseer wat sy toekoms by Anfield sal verseker. Arne Slot se span is op die drumpel om die rekord te ewenaar van 20 Engelse ligatitels ná Sondag se tuisoorwinning van 2-1 oor […]

Read More