Bewareas en toerisme-kontrakte: Sperdatum na 90 dae verleng - April 15, 2025
Die Namibiese Mededingingskommissie het sy sperdatum aan drie bewareas, om hulle eksklusiewe kontrak van 25 jaar met Ultimate Safaris op te skort, tot 90 dae verleng. Die opdrag is in Februarie gegee en sou op 10 Maart verstryk het. Die kommissie het ‘n klag ontvang van Timoteus Mashuna, wat mynlisensies in die gebied besit, gekla […]
Ithete soek volhoubare mynwese - April 15, 2025
Die adjunkminister van nywerheid, myne en energie, Natangwe Ithete, het ‘n beroep op amptenare in sy ministerie gedoen om planne vir volhoubare mynbou en nywerheidsgroei te ontwikkel. Natuurlike hulpbronne moet optimaal gebruik word werk te skep, het hy op Swakopmund gesê:
Suikerrietkwekers het kommer oor Trump-tariewe - April 15, 2025
Die organisasie Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekers waarsku enige verhoging in Amerikaanse tariewe op suikerinvoere kan kwekers en landelike gemeenskappe ernstig benadeel. Die organisasie vra die regering om voort te gaan met sy onderhandelings met Amerika om verdere uitvoerbelasting te voorkom. Uitvoerende hoof Thomas Funke sê hoewel die tarief van 30-persent vir 90 dae opgehef is, stel die […]
Harvard sê nee vir Trump, verbeur miljarde - April 15, 2025
President Donald Trump van Amerika se administrasie het ongeveer 41,4 miljard Namibiese dollar in veeljarige toelaes, en sowat 1,1-miljard dollar in veeljarige kontrakwaarde by Harvard Universiteit bevries. Dit volg nadat die instelling ʼn lys eise van die Withuis oor beleidsveranderinge verwerp het. Die eise sluit in dat die universiteit toeslaan op anti-Semitisme en beweerde burgerregteskendings, […]
Hidrologiese Diens waarsku oor water- en riviervlakke - April 15, 2025
Die Namibiese Hidrologiese Diens waarsku oor toenemende watervlakke in die Cuvelai-Etosha opvangsgebied en sê waarskuwings en voorsorgmaatreëls moet verskerp word. In die Suide word amper 4 000 kubieke meter water uit die Vaal-, Bloemhof-, Gariep- en Vanderkloofdamme vrygestel en vlakke in die benede Oranje het reeds opgetel. By Blouputs is 2,23 meter aangeteken en by […]
Twee apartheidspolisiemanne kan vir ‘82-moord vervolg word - April 15, 2025
Die direkteur van Openbare Vervolging in Gauteng, Andrew Chauke, het die Gautengse Hooggeregshof se beslissing verwelkom dat twee apartheidspolisielede vir misdade teen die mensdom vervolg kan word. Die gewese Vlakplaas-askari, Ephraim Mfalapitsa, en oud-lid van die veiligheidstak, Christiaan Rorich, word beskuldig van die moord op vier studente in 1982. Regter Dario Dosio het bevind daar […]
Bukele sê hy kan nie García repatrieer nie - April 15, 2025
El Salvador se president, Nayib Bukele, sê hy gaan nie ʼn man van Maryland wat verlede maand verkeerdelik gedeporteer is, na Amerika terugstuur nie. Die Amerikaanse regering het erken Kilmar Ábrego García se deportasie na ʼn tronk in El Salvador was ʼn administratiewe fout. Hy beweer egter ook dat hy ʼn bendelid is. Amerika se hoogste hof […]
Red Bull moet motor bou om Verstappen te behou - April 15, 2025
Red Bull se raadgewer, Helmut Marko, glo die Formule Een-span sal ‘n verbeterde motor moet ontwikkel om die dienste van die viermalige wêreldkampioen Max Verstappen te behou. Die Nederlander is tans derde in die bestuurderskampioenskap na McLaren se twee renjaers, Lando Norris van Engeland en die Australiër Oscar Piastri, nadat hy nog net een van […]
Dis nie net riviervloei wat seelewe in Swakop dood nie - April 15, 2025
Kusbewoners is verstom oor groot hoevele seelewe wat op strande uitspoel en dink dat riviere wat in die see invloei, is dalk die rede. Dit is egter net een van die faktore, sê Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia. Hy waarsku dat mense nie die vis moet eet wat uitspoel nie. Kosmos 94.1 het met […]
Akkerbouraad pas mielie-oesskatting opwaarts aan - April 15, 2025
‘n Bo-verwagting goeie reënseisoen het die oesskattings van die Akkerbouraad van Namibië aansienlik verbeter. Tans word 70 000 ton witmielies verwag, ‘n reuse-styging van 103 persent teenoor verlede jaar. Vroeër vanjaar het die raad nog ‘n tekort verwag. Kosmos 94.1 Nuus het met Gilbert Mulonda, die bestuurder van akkerbou en tuinbou by die Akkerbouraad, gepraat: