Windhoekers betaal die minste vir krag - April 15, 2025
Inwoners van Windhoek kry die meeste krageenhede per 100 Namibiese dollar in die land. In ‘n ontleding deur The Brief kry Windhoekers 40 eenhede teenoor Cenored en Nored se kliënte wat 38 eenhede kry en kliënte van Oshakati Premier Electric wat 37 eenhede kry. ErongoRed is die duurste op 35 eenhede. Daar is verskeie redes […]
Katy Perry sing Satchmo se Wonderful World in die ruimte - April 15, 2025
Die popster Katy Perry sê sy sal ‘n liedjie skryf oor haar ervaring in die ruimte. Sy was gister deel van ‘n span vrouens wat die ruimte besoek het aan boord van Jeff Bezos se Blue Origin-vuurpyl. Die joernalis Lauren Sánchez, die uitsaaier Gayle King, die vuurpylwetenskaplike Aisha Bowe, die burgerregte-aktivis Amanda Nguyen en die […]
Namibië moet sy hulpbronne beter benut - April 15, 2025
Die voormalige Swapo-parlementslid, Patience Masua, sê Namibië moet sy natuurlike hulpbronne gebruik en ‘n vername speler in die internasionale arena raak om werk vir jongmense te skep. Masua was een van die sprekers by die “The Land of the Brave”-paneelbespreking van die Open Society Foundation en Action Coalition-Namibia.
Opul verlaag aanvraag met 150 000 vate daagliks - April 15, 2025
Die Organisasie van Petroleumuitvoerlande het vir die eerste keer sedert Desember sy wêreldwye olie-aanvraagvooruitskatting vir 2025 verlaag. Opul noem as redes daarvoor swakker resultate vir die eerste kwartaal en Amerikaanse handelstariewe. Daar word nou verwag dat die vraag met 1,3 miljoen vate per dag sal styg, 150 000 minder as verlede maand. Die olie-kartel het […]
SA sal met VSA vergader oor waninligting - April 15, 2025
Die direkteur-generaal van Internasionale Betrekkinge en Samewerking en Suid-Afrika se G20-sjerpa, Zane Dangor, sê Suid-Afrika sal met Amerika vergader om waninligting oor die land reg te stel. Dit volg nadat president Donald Trump aangedui het hy gaan in November die G20-beraad in Suid-Afrika boikot en weer die land beskuldig het dat wit boere vervolg word. […]
McIlroy vol lof vir sy joggie, en ou vriend - April 15, 2025
Die nuut-gekroonde Meesters-kampioen Rory McIlroy het sy joggie geprys nadat hy Sondag gewen het om ‘n loopbaan-Grand Slam te behaal, en sê hy sou dit nie kon doen sonder die hulp van sy ou vriend Harry Diamond nie. Die twee is vriende sedert hul kinderjare, en Diamond was McIlroy se strooijonker op sy troue in […]
Rusland steek voelers uit na uraan - April 14, 2025
Die regering het met Rusland gepraat oor moontlike samewerking in plaaslike verwerking van Namibië se uraan. Dit is in lyn met sy pogings om plaaslike verwerking van minerale hulpbronne te verseker en meer inkomste daaruit te kry. Namibië is verantwoordelik vir ongeveer 10 persent van die wêreldwye uraanproduksie, terwyl Rusland ongeveer 40 persent van die […]
Chagas-siekte: Voorkoming beklemtoon - April 14, 2025
Vandag is Wêreld-Chagas-siektedag, met die fokus op die tema: ‘Voorkom, Beheer, Versorg: Almal se Rol in Chagas-siekte. Chagas-siekte, wat dikwels die ‘stil siekte’ genoem word, raak ongeveer sewe miljoen mense wêreldwyd, met meer as tien duisend sterftes jaarliks. Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Ghebreyesus, het die belangrikheid van vroeë opsporing en behandeling van hierdie […]
Franse ministers hof toe gesleep oor hospitale - April 14, 2025
Franse gesondheidsorgwerkers en gesinslede van kollegas wat selfdood gepleeg het, het strafregtelike klagtes ingedien teen twee ministers oor die dodelike werksomstandighede in openbare hospitale. Frankryk se openbare hospitale is die afgelope dekades gedwing om hul uitgawes ingrypend te sny, en dokters en verpleegsters kla al lank oor te min personeel en onvoldoende betaling. Negentien eisers […]
Zelensky nooi Trump na Oekraïne - April 14, 2025
Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, het Donald Trump genooi om sy land te besoek vóór enige ooreenkoms met Rusland om die oorlog te beëindig. Die onderhoud met CBS se 60 Minutes-program is opgeneem voordat ’n Russiese missiel die stad Soemi getref het. Altesame 34 mense is dood en 117 ander beseer. Die Amerikaanse president het die aanval […]