Rajoelina vlug uit Madagaskar - October 14, 2025

Madagaskar se president, Andry Rajoelina, het uit die land gevlug en dis nie bekend waar hy is nie. ‘n Militêre bron het aan Reuters gesê dat Rajoelina Madagaskar Sondag verlaat het nadat eenhede van die weermag by Gen Z-betogers aangesluit het. Hy het gesê dat Rajoelina vanaf die Sainte Marie-lughawe uit die land gevlieg het […]

Read More

Vredesplan in Egipte onderteken - October 14, 2025

Amerikaanse president Donald Trump het sy plan vir vrede in die Midde-Ooste op die Gaza-beraad in Egipte onderteken, saam met mede-onderhandelaars uit Egipte, Katar en Turkye. Geen verteenwoordiger van Israel of Hamas was tydens die ondertekeningseremonie in Sharm El Sheikh teenwoordig nie. Trump het die Israeliese president Benjamin Netanyahu na die seremonie genooi, maar Turkye […]

Read More

Rioolstorting voor dienssentrum barbaars, sê Stad Windhoek - October 13, 2025

Stad Windhoek beskryf die gedrag van die inwoners van Katutura wat vanoggend riool voor die kliëntedienssentrum in Katutura gestort het, as barbaars. Die groep, gelei deur gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb, sê die munisipaliteit het hul pleidooie vir rioolverwydering in hul gebiede geïgnoreer. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Harold Akwenye.

Read More

Holomisa gaan getuig in Cradock Vier-ondersoek - October 13, 2025

Die UDM-leier, Bantu Holomisa, sal na verwagting getuig in die heropende ondersoek na die moorde op die Cradock-Vier in 1985, wat van vandag tot die 24ste in die Hooggeregshof in Gqeberha in die Oos-Kaap plaasvind. Hy verskyn as die voormalige voorsitter van die Transkeise militêre raad, met die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder, Eugene de Kock, en die […]

Read More

Rusland dobbel met oorlog: senior EU-diplomaat - October 13, 2025

‘n Senior diplomaat van die Europese Unie, Kaja Kallas, sê Rusland dobbel met oorlog nadat ‘n vlaag Russiese hommeltuie en militêre stralers die groepering se lugruim binnegedring het. NAVO het die verdediging langs sy oostelike grense versterk en Moskou beskuldig dat hy die alliansie se lugverdediging toets. Dit volg op hommeltuig-invalle in verskeie lande en […]

Read More

Pat Cummins sê hy’s nog nie reg vir die As-reeks nie - October 13, 2025

Krieket: Die Australiese kaptein, Pat Cummins, het toegegee dat hy waarskynlik nie fiks sal wees vir volgende maand se reeks om die As teen Engeland in Perth nie. Die 32-jarige snelbouler het in Julie laas gespeel toe hy sy rug in ‘n toets teen die Wes-Indiese Eilande beseer het. Cummins wat met hardloop in sy […]

Read More

Ander lande ‘kan by Namibië leer oor geslagsgelykheid’ - October 13, 2025

Die adjunkminister van handel en internasionale betrekkinge, Jenelly Matundu, sê Namibië het beduidende vordering gemaak met geslagsgelykheid, en is die voorloper in Afrika, en in die agtste plek wêreldwyd. Terwyl Namibië steeds beste praktyke oor geslagsgelykheid aanleer, kan ander lande reeds by Namibië leer. Matundu het die aanmerkings vandag tydens die Globale Leiersvergadering oor Vroue […]

Read More

Rekords spat op nasionale boogskut-kampioenskappe - October 13, 2025

Die Boogskut-vereniging van Namibië het oor die naweek sy binnenshuise nasionale kampioenskappe vir teikenskiet en veld-boogskiet by die Swakopmund-sokkerklub gehou. Verskeie nasionale rekords is verbeter, waaronder Jannie Meuwesen wat die nasionale rekord vir saamgestelde-boogskiet vir mans van 297 uit 300 tot 299 uit 300 verbeter het. Die kampioenskappe het sowat 27 boogskutters van reg oor die […]

Read More

Regeringskuld tans dalk onvermydelik, sê ekonoom - October 13, 2025

Namibië se skuld neem die middelpunt van die komende middeltermyn begroting in, met 13,7 miljard Namibiese dollar wat vir terugbetalings opsy gesit is, veel meer as die 9,6 miljard Namibiese dollar wat vir ontwikkeling toegeken is. Ekonoom Josef Sheehama het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat stygende skuldvlakke, nou op 13,3 persent van die BBP […]

Read More

Reuse N$16,1 miljard nodig vir universele gesondheidsdekking - October 13, 2025

Namibië benodig na raming 16,1 miljard Namibiese dollar om Universele Gesondheidsdekking teen 2030 te bereik. Die syfer is vandag aangekondig tydens die bekendstelling van die lynministerie se nuwe strategiese plan en Universele Gesondheidsdekkingbeleid. Die fondse is bedoel om sleutelgebiede soos gesondheidsorgpersoneel, infrastruktuur, mediese toerusting, ambulansdienste en algehele dienslewering te versterk. Die ministerie se uitvoerende direkteur, […]

Read More