George-gebou: Cosatu is bly oor belofte oor aanspreeklikheid - April 14, 2025

Cosatu verwelkom die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, se belofte dat mense wat die nuwe Wet op Behuisingsbeskerming oortree, streng vervolging en strawwe kan verwag. Die wet is in Januarie bekragtig. Simelane het die Nasionale Huisbouers-registrasieraad se verslag oor die George-gebou wat in Mei 2024 ingestort en 34 lewens geëis en 28 beseer het, […]

Read More

Nog reën die week verwag - April 14, 2025

Die Namibiese weerdiens verwag weer reën vandeesweek met die oostelike dele wat ook neerslae sal ontvang. Temperature sal ook styg maar wel in lyn met die tyd van die jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Odillo Kgobetsi van die diens gesels.

Read More

FNB voorspel onveranderde repokoers - April 14, 2025

Die sentrale bank sal Woensdag die jongste repokoers bekend maak. By die vorige vergadering van die monetêre beleidskomitee in Februarie is die koers met 25 basispunte verlaag na 6,75 persent. Die FNB-ekonoom Helena Mboti het haar voorspelling vir die week se aankondiging so verwoord.

Read More

Kostender vir gemarginaliseerde gemeenskappe eers na 15 maande weer toegeken - April 14, 2025

Die Sentrale Verkrygingsraad het, 15 maande na die tenders vir voedselbystand aan gemarginaliseerde gemeenskappe in Oshikoto en Otjozondjupa toegeken is, dit nou eers weer toegeken na die twee maatskappye nie sekuriteitswaarborge kon lewer nie. Daar was tien tenders in totaal ter waarde van meer as 179 miljoen Namibiese dollar. Die Tender Bulletin berig dat al […]

Read More

Mynwese is nie ‘n volhoubare werkskepper nie, hele aanslag moet verander - April 14, 2025

Gedurende die afgelope week het ‘n video wat gesirkuleer is van honderde hoopvolle werksoekers by die Karibib-stadsaal bymekaargekom om vir potensiële indiensneming te registreer terwyl die beplande Osino-goudmyn gereed maak om in werking te tree. Dit is nie vreemd om honderde en selfs ‘n duisend of meer aansoekers vir ‘n handvol poste in die land […]

Read More

Tweede seisoen van The Last of Us, vrygestel - April 14, 2025

Vervaardigers van die post-apokaliptiese TV-reeks “The Last of Us” sê aanhangers is in vir ekstra aksie en skrikwekkender zombies in die langverwagte tweede seisoen wat Sondagaand op HBO beskikbaar gestel is. Die reeks is gegrond op die videospeletjie-franchise met dieselfde naam en volg die oorlewendes Joel Miller en sy jong protégé Ellie wat baklei teen […]

Read More

Imms sal Panduleni oorskadu, sê ontleder - April 14, 2025

Imms Nashinge, die voormalige woordvoerder van die IPC, is deur die party aangewys as die leier van die amptelike opposisie in die parlement. Hy is ook die party se skadu-minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit. Die amp kom met aansienlike voordele. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder Rui Tyitende gepraat, wat […]

Read More

Privaatsekuriteit moet reg hê tot wapens – DA - April 14, 2025

Die DA het ‘n nasionale versoekskrif van stapel gestuur om die Privaat Sekerheidsbedryf Reguleringsowerheid se voorgestelde wysigings teen te staan. Die owerheid dreig om privaat sekerheidsbeamptes te ontwapen, wat gemeenskapsveiligheid sal ondermyn. Die DA-lid, Ian Cameron, sê die konsepregulasies sal privaat sekerheidsondernemings se vermoë om doeltreffend te werk ernstig beperk indien toegang tot noodsaaklike wapens […]

Read More

Nguema Gaboen se nuwe president - April 14, 2025

Brice Oligui Nguema, wat in Augustus 2023 ‘n staatsgreep in Gaboen gelei het, het Saterdag se presidensiële verkiesing gewen met 90,35 persent van die stemme wat getel is. Die resultaat bevestig Nguema se beheer in die land 19 maande nadat die staatsgreep meer as ‘n halfeeu van heerskappy deur die Bongo-familie beëindig het. Nguema het […]

Read More

A Minecraft Movie bly op nommer een - April 14, 2025

Die kindervriendelike rolprent A Minecraft Movie is in die tweede week na sy vrystelling steeds die wêreld se nommer-een-lokettreffer. Die rolprent met die akteurs Jack Black en Jason Momoa in die hoofrolle is reeds die grootste geldmaker van die jaar. Die King of Kings geloofsgebaseerde gesinstekenprent van Angel Studios is tweede. In die derde plek […]

Read More