Kernkrag is nie ‘n goeie opsie vir Namibië nie - April 14, 2025

Plaaslike media berig dat president Netumbo Nandi-Ndaitwah wil hê die land moet sy eie kernkragstasie oprig. In haar mening moet die ryk uraanbronne bydra tot ontwikkeling en energiesekuriteit. Dit is nie die eerste keer wat die beroep gedoen is nie en Kosmos 94.1 Nuus het reeds al met die kenner in energie, Chris Yelland daaroor […]

Read More

Galp voeg nog 700 miljoen vate by - April 14, 2025

Die Portugese Galp Energia het bevestig ‘n nog 700 miljoen vate olie-ekwivalent is in sy eksplorasie gebied. Dit verteenwoordig ‘n styging van 25 persent op ‘n jaargrondslag na suksesvolle boorwerk. Seismiese opnames plaas die bron  nou op amper 2,8 miljard vate. Galp eksploreer in PEL 83 en het 80 persent van die lisensie met Namcor […]

Read More

Ondersoek na George-gebou is 65% voltooi - April 14, 2025

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die SAPD se ondersoek na die ineenstorting van ‘n George-gebou is 65 persent voltooi. Winde het met die provinsiale Polisiekommissaris, Thembisile Patekile, vergader oor die vordering met die ondersoek. Die ineenstorting van die onvoltooide gebou in Mei verlede jaar het 34 werkers se dood veroorsaak en 28 werkers is […]

Read More

Tegnologie-produkte het steeds 20% fentaniel heffing - April 14, 2025

President Donald Trump van Amerika waarsku niemand gaan loskom weens onregverdige handelsbalanse nie en sê China kan verdere tariewe verwag. Dit volg nadat die Withuis Vrydag hoëtegnologie-produkte uit China van invoerbelasting vrygestel het. Trump sê in ʼn inskrywing op Truth Social, hierdie produkte sal steeds onderworpe wees aan die bestaande fentaniel-tariewe van 20-persent. Hy voeg […]

Read More

Karas-streeksraad distansieer hom van Amupanda se aantygings - April 14, 2025

Streekraadslede en Josef Isaack, die voorsitter van die Karas-streeksraad, het hulle gedistansieer van bewerings deur die Affirmative Repositioning-leier Job Amupanda dat 3 miljoen Namibiese dollar verduister is met die bou van die streeksraad se kantoor op Keetmanshoop. Amupanda het die bewering in die parlement gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Isaack gepraat:

Read More

Houtskool aanleg vir Otji beplan - April 14, 2025

Afri-United Charcoal Trading het Eco-Wise omgewingskonsultante aangestel om ‘n impakstudie uit te voer vir ‘n nuwe houtskool verwerkings- en bergingsaanleg in Ironstraat op Otjiwarongo. Eco-Wise vra dat alle belanghebbendes en rolspelers voor 28 April moet registreer. Die aanleg sal houtskool sorteer, verpak en stoor. 

Read More

Noboa wen gemaklik in Ecuador - April 14, 2025

Ecuador se regse president, Daniel Noboa, is herverkies deur die linkse kandidaat, Luisa González geklop. Voorlopige data toon dat met 92,61-persent van die stemme getel, Noboa 55,85-persent van die stemme verwerf het, vergeleke met 44,15-persent vir González. Noboa het sy verkiesingsoorwinning as geskiedkundig beskryf. Gonzáles sê sy gaan nie die verkiesingsuitslag erken nie en beskuldig […]

Read More

Marquez vat Katar Grand Prix - April 14, 2025

Die sesmalige MotoGP-wêreldkampioen, Marc Marquez, het sy voorsprong in die motorfietsry-kampioenskap vergroot nadat hy die Katar Grand Prix gewen het. Die Ducati-ryer het met Maverick Vinales van Red Bull KTM Tech3, en Franco Morbidelli van VR46 Racing afgereken. Die Suid-Afrikaner Brad Binder het 13de geëindig op sy Red Bull KTM. Marquez, met sy voorsprong van […]

Read More

Lasbrief vir kripto-verdagte wat borg kry, uitgereik  - April 14, 2025

Die verdagtes in die reuse-kripto-slenter deur Raylon Investments met bedrae van meer as 465 000 Amerikaanse dollar, net meer as 8,9 miljoen dollar, sal weer op 31 Julie in die Windhoek-laerhof verskyn. Veertien van hulle het onskuldig gepleit op 222 klagtes wat bedrog, rampokkery en selfs mensehandel insluit. Die saak hou verband met Oktober 2023 […]

Read More

Een party kan nie dooiepunt oor BTW oplos nie  - April 14, 2025

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê hulle sal hierdie week ʼn ooreenkoms uitwerk met al die partye wat saamstem om die begrotingdooiepunt te verbreek. Die ANC het met alle partye binne en buite die regering van nasionale eenheid beraadslaag om ʼn oplossing vir die dooiepunt te vind. Die BTW-verhoging is die grootste probleem. Mbalula […]

Read More