Zambië vang ivoorkoning in spesiale operasie - April 14, 2025
Die omgewingsministerie in Zambië, deur sy natuurlewedepartement het ‘n berugte ivoorkoning en vyf medepligtiges aangekeer in ‘n spesiale operasie Sondagmiddag in Lusaka se 6 Myl-gebied langs die Great North-pad. Na aanleiding van ‘n wenk van die publiek oor die onwettige bedrywighede van ‘n Kongolese burger wat by wildhandel betrokke is het owerhede ‘n Toyota Quantum […]
Delacour vat SA Vroue Ope - April 14, 2025
Perrine Delacour van Frankryk het ‘n laaste ronde van twee onder 70 aangeteken om die Suid-Afrikaanse Vroue Ope met twee houe te wen by die Erinvale Country and Golf Estate in Kaapstad. Dit is haar tweede Europese Vrouetoer-titel. Suid-Afrika se Casandra Alexander het met haar laaste ronde van 66 tweede geëindig op 12 onder baansyfer. […]
Nog ‘n slagoffer van ‘n bankslenter - April 14, 2025
Die polisie sê daar word beweer dat ‘n 56-jarige Namibiese vrou op 11 April ‘n telefoonoproep ontvang het van ‘n man wat voorgegee het dat hy van Bank Windhoek is. Die vrou het haar persoonlike inligting bekend gemaak na hy daarvoor gevra het en het 60 000 Namibiese dollar uit haar bankrekening verloor. Die polisie […]
Bloemhofdam: Gemeenskappe moet eerder ontruim - April 14, 2025
Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, doen ‘n beroep op gemeenskappe langs die vloedlyn van die Bloemhofdam om te ontruim aangesien nog water uit die dam vrygelaat gaan word. Dit is om die swaar invloei van die boonste opvanggebiede te beheer. Majodina het bewerings die nek in geslaan van inwoners wat sê die […]
Skermustelings in Goma in die DRK duur voort - April 14, 2025
Skermutselings tussen pro-regeringsmagte en M23-rebelle het Goma in die ooste van die Kongo bereik, het inwoners aan Reuters gesê, met die partye wat mekaar blameer vir die ergste geweld in die gebied se grootste stad sedert die rebelle dit in Januarie ingeneem het. Die sterftesyfer van die konflik was nie onmiddellik duidelik nie. ’n Regeringsverklaring […]
Etosha kry vragmotors - April 14, 2025
Die omgewingsministerie het onlangs twee vragmotors aan die Etosha Nasionale Park oorhandig om bedrywighede vlotter te laat verloop. Omgewingsminister Indileni Daniel het meer besonderhede tydens die oorhandigingseremonie verskaf:
Ekonoom sê oor Nambiese handel en tariewe - April 14, 2025
Die omstrede handelstariewe van Amerika se president Donald Trump geld nie vir skootrekenaars, slimfone en ander elektroniese toestelle nie. Namibië se handelsminister Selma Ashipala-Musavyi en haar span is besig met onderhandelinge met die Amerikaanse ambassade in die land oor die ander tariewe tydens die grasietydperk van 90 dae. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom Theo […]
Drie gevalle van veediefstal oor die naweek - April 14, 2025
Die polisie het drie gevalle van veediefstal oor die naweek aangemeld. Op Otjiwarongo is twee kapana-handelaars in besit van 46 kilogram beesvleis waarvoor hulle geen aankoop- of permitbewyse kon verskaf nie. Die ondersoek duur voort. Naby Otavi op Elandpos is ‘n 39-jarige plaaswerker betrap waar hy ‘n koei, met die waarde van 10 000 Namibiese […]
Swak rand vee lae olieprys voordeel weg - April 14, 2025
In die buurland skryf ontleders die afgelope week se swak vertoning van die rand toe aan die impak van politieke onsekerheid in Suid-Afrika en kommer dat die regering van nasionale eenheid kan skeur. Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper meen egter politieke onsekerheid het min daarmee te doen. Kosmos 94.1 Nuus het Klopper hieroor gepraat, asook oor […]
Malaria-gevalle in Ohangwena bereik 5 000 - April 14, 2025
Malaria-gevalle in die Ohangwena-streek het 5 000 bereik met nege sterftes wat tot dusver aangemeld is. Volgens gesondheidsowerhede in die streek het Eenhana die hoogste konsentrasie van gevalle met Angolese burgers wat genoodsaak is om behandeling oorgrens te ontvang. Drie ekstra spanne is ontplooi vir besproeiing en bewusmaking. Inwoners het groot kommer oor veral kinders […]