Namcor vergader met publiek oor Venus-ontwikkeling - April 14, 2025
Namcor voer saam met Qatar Energy, Total Energies en Impact Oil and Gas ‘n omgewings- en sosiale impakstudie uit vir die voorgestelde ontwikkeling van die Venus-ontdekking in Blok 2913B aflandig die Namibiese suidkus. Namcor sal openbare vergaderings in verskeie dorpe aanbied om met gemeenskappe te skakel. Die vergaderings het op 7 April begin en sal […]
Ondersoek na vliegtuig-ongeluk in Pretoria - April 14, 2025
Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid het ‘n ondersoek van stapel gestuur na die oorsaak van ‘n ligte vliegtuigongeluk, wat die lewe van ‘n vlieënier in Pretoria-Oos geëis het. Die Slick 540-vliegtuig het van die Kitty Hawk-vliegveld vertrek voordat dit minder as vyf kilometer van die vliegveld af neergestort het. Saaca se woordvoerder, Sisa Majola, sê die afdeling […]
Russiese aanval op burgerlikes skerp veroordeel - April 14, 2025
ʼn Russiese missiel-aanval op die Oekraïnse stad, Sumy, het Sondag minstens 34 lewens, waaronder twee kinders, geëis. Minstens 80 mense is beseer. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê Rusland moet onder druk geplaas word om die oorlog te beëindig en mense se veiligheid te verseker. Die internasionale gemeenskap veroordeel die aanvalle en die Oekraïens/Russiese gesant […]
McIlroy word sesde speler met Grand Slam loopbaan - April 14, 2025
Die wêreld se nommer twee, Rory McIlroy, het Justin Rose van Engeland in ʼn uitspeelronde geklop om die Meesters by Augusta National in Georgia te wen en sy loopbaan-Grand Slam te behaal. Die Noord-Ierse speler het ʼn voëltjie op die eerste putjie van die valbylronde aangeteken om sy vyfde Major op te raap en slegs […]
Boere, polisie vergader oor veediefstal - April 13, 2025
NamPol het ‘n vergadering met boereverenigings in Outjo en die omgewing gehou na 51 bees naby Outjo gesteel en sommige wreed geslag is. Veediefstal vind egter gereeld plaas en groot aantalle bees is al voorheen in die omgewing gesteel. Die onderhoof van NamPol, generaal-majoor Elias Mutota, het ook in Otjiwarongo met boere oor die kwessie […]
SA diplomaat rig R800 000 se skade aan - April 13, 2025
Die DA doen ‘n beroep op die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, om onmiddellik die Suid-Afrikaanse diplomaat en advokaat, David Nkosi wat in Suid-Afrika se buitelandse diens is, af te dank en hom te herroep. Die DA-lid, Ryan Smith sê ‘n antwoord op die party se Parlementêre vraag het onthul dat Nkosi […]
Gevegte tref rebellebeheerde Goma - April 13, 2025
Gevegte tussen pro-regeringsmagte en M23-rebelle het Goma in die ooste van Kongo getref, volgens Reuters wat Saterdag met inwoners gepraat het. Beide kante gee mekaar die skuld vir die ergste geweld in die gebied se grootste stad sedert rebelle in Januarie dit ingeneem het. Die omvang van die aanvalle was nie onmiddellik duidelik nie. Saterdagaand is daar […]
Coetzee, Greeff wen Nedbank Namibia Cycle Challenge - April 13, 2025
Die Namibiese fietsryer Drikus Coetzee het vanoggend sy titel behou toe hy die 100 km Nedbank Namibia Cycle Challenge gewen het. Theuns van der Westhuizen was tweede. In die vroue-afdeling het Anri Greeff van Namibië haar eerste oorwinning in die 100 km-wedren behaal, gevolg deur Errin Mackridge van Suid-Afrika.
Beleggers staan reg met miljarde vir groen energie - April 13, 2025
Ongeveer sewe Europese maatskappye stel belang om in Namibië se groenwaterstofekonomie te belê, met ‘n voornemende beleggingspyplyn van meer as 430 miljard Namibiese dollar, sê die Europese Unie se ambassadeur in Namibië, Ana Beatriz Martins. Tans is ses Europese lande aktief in Namibië se groen-energiesektor. Een van hulle is HyIron , wat Vrydag sy Oshivela-aanleg naby […]
Ongeregistreerde spazawinkels in SA ‘n euwel - April 13, 2025
Forum for South Africa sê die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa en die regering van nasionale eenheid moet ongeregistreerde spazawinkels onmiddellik sluit. Indien nie, moet hulle weens pligsversuim in hul persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou word. ʼn Agtjarige seun van Mapetla, Soweto, het in die hospitaal beland nadat hy versnaperinge by ʼn […]