Menendez-broers treetjie nader aan vryheid - April 13, 2025

Die Menendez-broers, die 53-jarige Erik en 56-jarige Lyle, gaan weer gevonnis word nadat ‘n regter Vrydag in Los Angeles beslis het dié verrigtinge kan voortgaan. Dit kan beteken dat dié broers, wat lewenslange tronsktraf uitdien vir die moord op hul ouers in 1989, op parool vrygelaat kan word ná 35 jaar agter die tralies. ‘n […]

Read More

Motorsport: Piastri in voorste posisie by Bahrain Grand Prix - April 13, 2025

McLaren se renjaer, Oscar Piastri, spring vanmiddag in die voorste posisie weg van die Bahrain Grand Prix. Piastri was voor sy Mercedes-mededinger George Russell en Charles Leclerc van Ferrari in die laaste opwindende kwalifiserende ronde – met sy spanmaat Lando Norris – sesde. Carlos Sainz het sy sterkste kwalifiserende ronde tot dusver in die seisoen […]

Read More

SSC gee N$60m vir werk, ontwikkeling - April 13, 2025

Die ontwikkelingsfonds van die Maatskaplike Voorsorgfonds, die SSC, het 60 miljoen Namibiese dollar beskikbaar gestel vir werk- en opleidingsinisiatiewe in die land. Altesaam 29 projekte sal hierby baat. Dit sluit landboubedrywighede, die ontwikkeling van markte, navorsingsprojekte en beroepsopleiding in. Die SSC se ontwikkelingsinisiatief het reeds meer as 1 800 werksgeleenthede geskep. 

Read More

Politieke onsekerheid rem rand - April 13, 2025

Ontleders skryf die afgelope week se swak vertoning van die rand toe aan die impak van politieke onsekerheid in Suid-Afrika en kommer dat die regering van nasionale eenheid kan skeur. Die rand het Vrydag met een persent teenoor die Amerikaanse dollar versterk, maar kon nie tot onder 19 rand teen die dollar verhandel nie. In […]

Read More

Katy Perry mik vir die sterre - April 13, 2025

Die popster Katy Perry vertrek môre op Blue Origin se New Shepherd-vuurpyl na die ruimte. Sy is deel van ‘n span wat net uit vroue bestaan en ook die CBS Mornings-aanbieder, Gayle King, Lauren Sanchez, die Blue Origin-eienaar Jeff Bezos se verloofde, die voormalige Nasa-vuurpylwetenskaplike, Aisha Bowe, die menseregteaktivis, Amanda Nguyen, en die rolprentvervaardiger, Kerianne […]

Read More

Sokker: Suid-Amerika wil meer spanne in wêreldbeker hê - April 13, 2025

Die Suid-Amerikaanse beheerliggaam, Conmebol, het ’n uitbreiding na 64 spanne voorgestel vir 2030 se Wêreldbekertoernooi wat deur Spanje, Portugal en Marokko aangebied sal word. Westryde sal ook in Argentinië, Paraguay en Uruguay gespeel word. Volgende jaar se toernooi in Noord-Amerika sal die eerste een met 48 spanne wees. Die president van Conmebol, Alejandro Dominguez, glo […]

Read More

Twee sleuters sterf in brand - April 13, 2025

Twee kleuters, beide jonger as vyf jaar, is Saterdagaand in die One Nation-informele nedersetting in Windhoek dood toe ‘n plakkershuis afgebrand het. Die oorsaak van die brand is onbekend, berig die nasionale uitsaaier. Die polisie en die brandweer het ‘n beroep op die publiek gedoen vir enige inligting van hulle met die ondersoek kan help. 

Read More

Tekort aan verpleërs in SA ‘n ‘ramp’ - April 13, 2025

Die Demokratiese Verpleegorganisasie van Suid-Afrika, Denosa, sê die tekort aan verpleegkundiges in die land is niks minder as ‘n rampspoedige krisis nie. Die organisasie se kommentaar volg nadat die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, die werwing van slegs 200 verpleegkundiges in die openbare gesondheidsorgstelsel aangekondig het. Denosa se woordvoerder, Sonia Mabunda-Kaziboni, sê in die lig […]

Read More

Weerstand teen antibiotika eis miljoene kinders - April 13, 2025

Meer as drie miljoen kinders wêreldwyd het in 2022 vermoedelik gesterf weens infeksies wat bestand is teen antibiotika, sê mediese kenners. Kinders in Afrika en Suidoos-Asië loop die grootste risiko, toon nuwe navorsing. Antimikrobiese weerstand – bekend as AMR – ontwikkel wanneer die mikrobes wat infeksies veroorsaak so ontwikkel dat antibiotika nie meer werk nie. Dit is […]

Read More

Gholf: Meesters wink vir Mcllroy by Augusta - April 13, 2025

Rory McIlroy beweeg al hoe nader daaraan om uiteindelik die Meesters by Augusta te wen met ‘n indrukwekkende derderonde-voorsprong van twee houe. Die 35-jarige van Noord-Ierland het gister ses-onder 66 behaal, met twee arende, om ná 54 putjies ‘n telling van 12 onder baansyfer aan te teken. Christiaan Bezuidenhout en Thriston Lawrence van Suid-Afrika het […]

Read More