Halfmiljard nodig om reënskade aan paaie te herstel - April 13, 2025
Minstens 500 miljoen Namibiese dollar is nodig om die skade te herstel wat deurdringende reën aan die land se paaie aangerig het. Volgens die Padfondsadministrasie het 20 van Namibië se 57 plaaslike owerhede reeds die RFA om ‘n halfmiljard dollar in totaal vir dié doel genader. Die RFA se uitvoerende hoof, Ali Ipinge, het aan […]
DA praat met ANC oor BTW-middeweg - April 13, 2025
Die DA sê sy onderhandelingspan het met ‘n afvaardiging van die ANC in Johannesburg vergader. Die beraadslagings volg in die nasleep van die onlangse geskil oor die nasionale begroting se fiskale raamwerk, wat ‘n een-persent BTW-verhoging oor twee jaar behels. Die DA se woordvoerder, Helen Zille, sê die party herhaal sy standpunt dat ‘n BTW-verhoging […]
Israel vernietig Gaza-hospitaal in lugaanval - April 13, 2025
‘n Israeliese lugaanval het ‘n deel van ‘n hospitaal in Gaza vernietig, sê die Hamas-beheerde gesondheidsministerie. ‘n Video wat aanlyn geplaas is, toon reuse-vlamme en rook wat uit die hospitaal borrel ná missiele die tweeverdiepinggebou getref het. Die hospitaal is betyds ontruim en geen sterftes is aangemeld nie. Die aanval het die intensiewe sorg- en […]
Rugby: Neusie verby vir Bulle in Uitdaagbeker - April 13, 2025
Die Bulle het Saterdagmiddag sy kans verspeel om deel te wees van die res van die Uitdaagbeker toe hulle die kwarteindstryd-wedstryd teen Edinburgh met ‘n telling van 34-28 in die Skotse hoofstad verloor het. Die Bulle se terugkeer in die tweede helfte was net nie genoeg ná ‘n droewige eerste helfte nie. Die tuisspan het […]
Meeste werkgewers betaal wel hoër minimumloon - April 13, 2025
Bykans 87 persent van werkgewers wat deur inspekteurs van die arbeidsministerie besoek is, voldoen aan die vereistes vir die nuwe minimumloon. ‘n Minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur geld sedert die begin van die jaar, buiten vir huis- en plaaswerkers, asook sekuriteitswagte. Die woordvoerder van die arbeidsministerie, Maria Hedimbi, het ‘n beroep op werkers […]
Tanzanië se belangrikste opposisie mag nie stem - April 13, 2025
Tanzanië se belangrikste opposisieparty, Chadema, is gediskwalifiseer van verkiesings wat later vanjaar plaasvind, het ‘n senior verkiesingskommissie-amptenaar Saterdag gesê, dae nadat die party se leier van hoogverraad aangekla is omdat hy na bewering probeer het om die stemmery te ontwrig. Die besluit na Chadema se versuim Saterdag om ‘n gedragskodedokument te onderteken. Dié party dring aan […]
Jagluipers se samaritaan kry werk terug - April 13, 2025
Owerhede in Indië se Kuno Nasionale Park het ’n boswerker weer in diens gestel nadat hy geskors is toe ‘n video waarin hy water aan ’n jagluiperd en haar welpies gee het, soos ‘n veldbrand versprei het. Satyanarayan Gurjar sê hy kon sien die jagluiperds was dors, maar het instruksies oortree wat bepaal het dat […]
Atletiek: G’n medaljes vir Mboma, Masilingi - April 13, 2025
Namibië se twee naellopers, Christine Mboma en Beatrice Masilingi, kon beide Saterdag nie daarin slaag om met die louere by die World Athletics Continental Tour Golden Grand Prix in Botswana weg te loop nie. Masilingi was in die sesde plek met ‘n tyd van 11:84 sekondes, terwyl Mboma met die sewende plek en ‘n tyd […]
Regering belowe 5 000 huise in Khomas - April 13, 2025
Die regering beoog om 5 000 huise binne die volgende 12 maande in die Khomas-streek te bou. Die inisiatief is deel van die regering se plan om informele nedersetting in die stedelike gebied van Namibië te formaliseer. Die aankondiging van dié ambisieuse teiken is deur die goewerneur van Khomas, Sam Nujoma, gemaak.
G20-beraad: EFF vies oor Trump se reaksie - April 13, 2025
Die EFF sê hy neem kennis van ʼn plasing op sosiale media waarin president Donald Trump van Amerika sê hy het sy bedenkinge oor die bywoning van die G20-beraad in Suid-Afrika. ʼn Woordvoerder, Sinawo Thambo, sê Trump voer grondgrype en volksmoord as rede aan en het ʼn video geplaas van Julius Malema wat in die […]