Eurovision: Spanje skop teë teen Israel se deelname - April 13, 2025

Spanje se openbare uitsaaier het gevra vir ‘n “debat” oor Israel se deelname aan vanjaar se Eurovision-sangkompetisie in Switserland weens “kommer” oor die situasie in die oorloggeteisterde Gaza. RTVE het ‘n brief aan die Europese-uitsaaiunie gestuur. Die Switserse stad Basel is vanjaar gasheer vir die glansryke jaarlikse extravaganza, wat by die St. Jakobshalle binnenshuise arena plaasvind. Eurovision […]

Read More

Rugby: Springbok-vrouespan gee Engelse pak - April 13, 2025

Die Springbok-vrouerugbyspan het Saterdag in Marcoussis, Frankryk, ‘n bloedjong Engelse span met 50-17 in ‘n oefenwedstryd pak gegee. Die Suid-Afrikaners, tans op toer in Frankryk en Spanje, was met rustyd 24-10 voor. Die Bokke het agt keer gaan druk.  

Read More

Otjimbingwe kommunale boere kry knopvelsiekte-instruksies - April 12, 2025

Die beweging van vee in en uit die Otjimbingwe kommunale gebied word beperk na ‘n knopvelsiekte-geval op 2 April bevestig is. Volgens dieregesondheidsregulasies is die gebied onder kwarantyn en alle beeste moet ingeënt word. Verdagte gevalle moet aangemeld word, aangesien knopvelsiekte ‘n aanmeldbare siekte is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Simon Nghipandulwa, die landbouministerie […]

Read More

Skade onder Bloemhofdam nie ons skuld: SA regering - April 12, 2025

Die regering sal nie verantwoordelik aanvaar vir inwoners se eiendomskade aan strukture wat te naby aan die Bloemhofdam gebou is nie. Die dam is tans 110-persent vol te midde van erge stroomaf-oorstromings. Minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het inwoners langs die vloedlyn gewaarsku om te ontruim. Majodina het bewerings van wanbestuur verwerp en […]

Read More

Amerikaanse gesant, Putin praat oor Oekraïne vredesooreenkoms - April 12, 2025

Amerikaanse president Donald Trump se spesiale gesant, Steve Witkoff, het met Russiese president Vladimir Putin in St. Petersburg vergader om ʼn vredesooreenkoms te bespreek. Dit kom terwyl Trump sê Rusland moet begin werk om die oorlog te beëindig. Putin is op staatstelevisie gesien waar hy Witkoff in St. Petersburg se presidensiële biblioteek ontmoet voor die […]

Read More

AU Jeugspele strook met regering se ondersteuning van sport: Balotti - April 12, 2025

Namibië sal die 11de uitgawe van die Afrika-unie Sportraad se Streek 5 Jeugspele van 4 tot 13 Julie in Windhoek en Swakopmund aanbied. Tydens die bekendstelling van die spele Vrydag het die adjunkminister van sport, Dino Ballotti, die belangrikheid van sport vir president Netumbo Nandi-Ndaitwah se administrasie beklemtoon.

Read More

Samesmelting van Pep, Big Daddy, OK furniture ‘voordelig vir almal’ - April 12, 2025

Die Namibiese Mededingingskommissie het ‘n openbare konferensie oor die voorgestelde samesmelting van Pep Stores, Big Daddy en JD Financial, sowel as OK Furniture aangebied. Rolspelers en belanghebbendes kon voorleggings oor die voorgestelde samesmelting maak. Die ondernemings se senior advokaat, Jerome Wilson, het die konferensie toegespreek oor die voordele van ‘n samesmelting.

Read More

ANC kap LP’s se privaat besoek aan Israel - April 12, 2025

Die ANC het ’n privaat besoek aan Israel deur parlementslede van die DA, PA en ACDP veroordeel en dit as ‘n skending van Suid-Afrika se standpunt oor menseregteskendings teen Palestyne beskryf. Volgens News24 het die reis, wat nie deur die Parlement goedgekeur is nie, kritiek ontlok omdat dit, volgens die ANC, valse narratiewe oor Israel […]

Read More

Gaza soos ‘hel op aarde’ waarsku Rooikruis-hoof - April 12, 2025

Die president van die Rooikruis-komitee, Mirjana Spoljaric, het die situasie in Gaza as “hel op aarde” beskryf en waarsku hulle veldhospitaal sal binne twee weke geen voorrade hê nie. Sy sê in baie dele het mense nie toegang tot water, elektrisiteit en kos nie. Geen nuwe humanitêre hulp kon die Palestynse gebied binnegaan sedert Israel […]

Read More

Rose loop steeds voor by Meesters, McIlroy haal in - April 12, 2025

Gholf: Justin Rose is een hou voor Bryson DeChambeau na gister se tweede ronde van die 89ste Meesters terwyl Rory McIlroy weer ʼn kans het na sy verstommende laaste nege putjies by die Augusta National. Hy is een hou agter DeChambeau. Die 2011-wenner, Charl Schwartzel, het 72 aangeteken en deel die 40ste plek op twee […]

Read More