Ngurare lê klem op geen korrupsie, nepotisme in ministeries - April 12, 2025
Eerste minister Elijah Ngurare het uitvoerende direkteure aangespoor om onnodige burokrasie uit te skakel en praktiese, proaktiewe bestuur te prioritiseer. Tydens sy eerste vergadering met direkteure het hy beklemtoon dat Namibiërs billike en gehaltediens eis, nie gunste nie. Hy het nepotisme, korrupsie en begunstiging in werwings- en verkrygingsprosesse veroordeel en ‘n beroep gedoen op inklusiwiteit […]
Cosatu, internasionale vakbonde vra demokrasie in Eswatini - April 12, 2025
Cosatu sê hy het by miljoene werkers en mense reg oor die wêreld aangesluit om vir ‘n demokratiese bestel in Eswatini te vra. Dis vandag die 52ste herdenking van die 1973-dekreet wat politieke partye verban en amptelik alle politieke aktiwiteit in die land verbied. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê die vakverbond herdenk 12 April as die […]
Mahmoud Khalil kan gedeporteer word, sê VSA-hof - April 12, 2025
‘n Amerikaanse regter het beslis dat die Trump-administrasie Mahmoud Khalil, ‘n gegradueerde van die Columbia Universiteit wat verlede maand in hegtenis geneem is oor sy rol in pro-Palestynse proteste, kan deporteer. Khalil, ‘n permanente wettige inwoner van die VSA, is nie van ‘n misdaad aangekla nie. In ‘n brief geskryf vanuit ‘n fasiliteit in Louisiana, […]
De Kock help Kolkata om Chennai te verpletter - April 12, 2025
Krieket: Die Kolkata Knight Riders het die Chennai Super Kings gisteraand in die IPL-kragmeting met agt paaltjies verslaan. Wegbreekbouler Sunil Narine het drie paaltjies platgetrek voor hy 44 van 18 balle behaal het met vyf sesse en twee viere. Kolkata het Chennai met 103 vir 9 afgeransel met 59 balle wat oorbly. Aanvangskolwers Quinton de […]
EU kondig N$258 miljoen belegging in HyIron-Oshivela projek aan - April 12, 2025
Die baanbreker HyIron-Oshivela aanleg naby Arandis is Vrydag amptelik geopen. Die fasiliteit gebruik groenwaterstof om direk verminderde yster te vervaardig, wat bydra tot die wêreldwye groenenergie-omwenteling. Daar word beplan om in die eerste projekfase 15 000 ton direk verminderde yster jaarliks te vervaardig. Die Europese Unie het onderneem om sowat 280 miljoen Namibiese dollar in die […]
Augrabies-valle dreun soos Oranjerivier styg - April 12, 2025
Die Augrabies Watervalle in die Noord-Kaap dreun weer terwyl watervlakke voor die Paasvakansie styg. Die Oranjerivier vloei baie sterker as gewoonlik en het hierdie week 427 kubieke meter per sekonde behaal. Die Departement van Water en Sanitasie sê die vloei kan teen Goeie Vrydag ’n hoogtepunt van drie-duisend kubieke meter per sekonde bereik, ná onlangse […]
VSA verbruikersentiment daal, kommer oor inflasie styg - April 12, 2025
Amerikaanse verbruikersentiment het in April skerp gedaal terwyl inflasieverwagting tot sy hoogste vlak sedert 1981 geklim het. Dit kom te midde van ʼn eskalerende handelsoorlog en vrese oor ʼn resessie. Volgens die Universiteit van Michigan se Verbruikersopname het vertroue tot die laagste in drie jaar gedaal en kom voor onder mense van alle ouderdomme, inkomste, […]
Bulle het 6 Bokke op die bank vir Edinburgh - April 12, 2025
Rugby: Ruan Nortjé en Cameron Hanekom is terug in die Bulle se opdrafspan vir vanmiddag se Uitdaagbeker-kwarteindstryd teen Edinburgh in Skotland, nadat hulle verlede naweek teen Bayonne op die bank was. Die Springbokhaker Johan Grobbelaar is ook op die bank saam met Johan Goosen en Canan Moodie, en ander Springbokke Marco van Staden, Jan-Hendrik Wessels […]
Drie, insluitend baba, sterf in bakkie-ongeluk naby Gross Barmen-brug - April 12, 2025
Drie mense is dood, insluitend ‘n baba seuntjie, in ‘n een-voertuig ongeluk Vrydagaand naby die Gross Barmen-brug op die B1-pad. Sewe ander mense is beseer, ses van hulle ernstig. Die Otjozondjupa polisie se hoof van gemeenskapsake, senior inspekteur Maureen Mbeha, sê ‘n Toyota dubbelkajuitbakkie met tien insittendes se band het gebars. Die bestuurder het beheer […]
Ma kry opgeskorte vonnis na sy haar kinders vergiftig - April 12, 2025
’n Ma van Dunnottar in Nigel is tot agt jaar tronkstraf gevonnis, opgeskort vir vyf jaar, nadat die Hooggeregshof in Pretoria haar skuldig bevind het aan die moord op haar 16-jarige seun en ’n poging tot moord op haar sewejarige dogter. In Junie 2022 het die vrou rottegif in haar kinders se kos gesit , […]