China staal hom vir stormsterk winde - April 12, 2025
Werkers in noordelike China is Vrydag aangesê om vinnig huis toe te gaan, skole is gesluit en buitelugbedrywighede is gekanseleer terwyl noordelike China vir stormsterk wind hierdie naweek voorberei. Dit word verwag dat wind van tot 150-kilometer-per-uur die noorde van die land van vandag af tot Sondag sal tref, terwyl ’n koue draaikolk suidooswaarts vanaf […]
Piastri glo reëlverandering sal McLaren nie pla nie - April 12, 2025
Motorsport: Oscar Piastri, die Australiese McLaren bestuurder, glo hulle motors sal steeds mededingend bly ten spyte van ’n reëlverandering wat in Junie in werking tree. Hy meen die span sal die hele seisoen sterk bly. Die F1-beheerliggaam, die FIA, het strenger druktoetse vir die voorvlerk ingestel, wat tydens die Spaanse Grand Prix in werking sal […]
Copps 94.1-span help siek kleuter, stop bakleierye - April 12, 2025
Die Copps 94.1-span het ‘n woelige aand in die hoofstad beleef, met alles van nood-gesondheidsdiens vir ‘n 4-jarige kleuter, tot huismoles op die spyskaart. Francois Lottering was aan diens en gee die besonderhede.
AfriForum kap regering oor vloedkrisis by Bloemhofdam - April 12, 2025
AfriForum sê swak beplanning en die misbruik van die Bloemhofdam as ‘n opgaardam in plaas van ‘n vloedbeheerdam het ‘n mensgemaakte ramp veroorsaak. AfriForum se rampbestuurspesialis, Tarien Cooks, sê die gedwonge oopmaak van sluishekke tydens hoë watervlakke stel gemeenskappe en infrastruktuur in gevaar. Cooks beskuldig die Departement van Water en Sanitasie vir die versuim om […]
VSA dank hoof van Groenland-militêre basis af - April 12, 2025
Die hoof van Amerika se militêre basis in Groenland is afgedank oor ’n e-posboodskap waarin sy haar distansieer van vise-president JD Vance se kritiek op Denemarke. Die Amerikaanse Weermag sê kolonel Susannah Meyers is verwyder uit haar pos op die Pituffik-ruimtebasis weens ‘n verlies aan vertroue in haar leiding. Sy sê glo in die boodskap […]
Alcaraz veg terug vir plek in Monte Carlo halfeindronde - April 12, 2025
Tennis: Carlos Alcaraz het teruggeveg nadat hy ’n stel agter geloop het om Franse opkomende ster Arthur Fils te verslaan in ’n spanningsvolle Monte Carlo Meesters-kwarteindstryd gister. Met sy oog op sy eerste meesterstitel sedert hy die Indian Wells verlede jaar gewen het, het die viermalige grand slam kampioen drie breekpunte in die 11de pot […]
FNB se N$1 miljard aan SME’s ‘uitstekende inisiatief’ - April 11, 2025
FNB Namibia het 1 miljard Namibiese dollar opsy gesit om plaaslike SME’s te ondersteun wat betrokke is by die olie-, gas-, energie- en ontginningsektore. Dit volg op ‘n memorandum van verstandhouding wat met Nigerië se Moneda Capital Management en Ino Capital Investments onderteken is. SME’s se kapasiteit sal ook gebou word vir die bedryf. Kosmos […]
IVP vergader met ANC oor begroting-dooiepunt - April 11, 2025
‘n Afvaardiging van die IVP onder leiding van sy president, Velenkosini Hlabisa, het Donderdag met die ANC vergader om dringende nasionale kwessies te bespreek, veral die voortslepende dooiepunt in die regering van nasionale eenheid oor die begroting. Die ANC het met partye binne, sowel as buite die koalisieregering, onderhandel om die dooiepunt op te los. […]
Vrou skenk geboorte aan ander mense se kind ná in vitro-bevrugting - April 11, 2025
‘n Bekende Australiese vrugbaarheidskliniek het om verskoning gevra nadat die verkeerde embrio ingeplant is vir ‘n vrou wat toe geboorte geskenk het aan ‘n ander paar se baba. Monash IVF bedryf meer as 100 klinieke. Die kliniek het om privaatheidsredes nie die pare se name genoem nie, en wou ook nie sê wanneer die baba […]
Wiese se nekbesering maak deur oop vir Roos, Hanekom - April 11, 2025
Rugby: Evan Roos en Cameron Hanekom word beskou as Jasper Wiese se natuurlike opvolgers na die nuus dat ’n nekbesering die Springbok-losvoorspeler vir die res van die seisoen uit aksie sal hou. Wiese het van sy klub in Japan teruggekeer en sal ’n operasie in Suid-Afrika ondergaan. Wiese se besering maak die deur oop vir […]