Ithete fokus op jeug-werkverskaffing in Erongo mynbou - April 11, 2025

Adjunk-premier Natangwe Ithete het die noodsaaklikheid beklemtoon dat Namibiërs, veral die jeug, voordeel moet trek uit die land se natuurlike hulpbronne, spesifiek in die Erongo-streek. Hy het tydens ‘n besoek aan die streek jeugwerkloosheid en die belangrikheid daarvan om jongmense by ekonomiese geleenthede te betrek uitgesonder. Hy sê dat beleide hersien word om breër voordele […]

Read More

Toerbusse gaan verbied word in Bo-Kaap - April 11, 2025

Die Stad Kaapstad se Direktoraat Stedelike Beweeglikheid sê hy gaan groot toerbusse in Bo-Waalstraat in die Bo-Kaap verbied. Dit is busse met 36 of meer sitplekke. Sekere beperkings wat parkering betref, sal ook toegepas word. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Beweeglikheid, Rob Quintas, sê hierdie ingrypings volg nadat inwoners gekla het oor die verkeersopeenhopings wat groot […]

Read More

Engelse dieretuin vier geboorte van bedreigde apies - April 11, 2025

’n Dieretuin in Engeland het die geboorte van ’n tweeling van kritiek bedreigde katoenkop-tamaryn-apies verwelkom. Die babas, wat op 3 April gebore is, is die derde stel nakomelinge vir ouers Gurt en Mico in die Marwell-dieretuin naby Winchester in Hampshire. Die spesie word kritiek bedreig, hoofsaaklik weens ontbossing, habitatvernietiging en onwettige troeteldierhandel in Colombië. Pasgebore […]

Read More

Salah teken nuwe kontrak met Liverpool - April 11, 2025

Sokker: Die Egiptiese doelskieter Mohamed Salah het ‘n nuwe kontrak van twee jaar met Liverpool onderteken wat hom tot 2027 op Anfield sal hou. Sy kontrak sou die einde van hierdie seisoen verstryk. Die 32-jarige het hierdie seisoen 27 doele en 17 aanvorings bygedra om Liverpool tot boaan die Premierliga-punteleer te laat klim. Salah sê […]

Read More

Onthou om bloed te skenk op Red Saturday! - April 11, 2025

Die Paasnaweek met sy verhoogde padongelukke is om die draai, en die Namibiese Bloedoortappingsdiens hou môre sy landswye Red Saturday-veldtog om sy bloedbank aan te vul. Skenkings sal in verskeie sentrums regoor die land gemaak kan word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zita Tobin, die diens se bemarkingshoof, wat meer inligting gee.

Read More

Reën ry Tsumeb Dirt Ovals in die wiele, maar daar’s aksie in Windhoek - April 11, 2025

Die Tsumeb Dirt Ovals sal nie môre deur die Tsumeb Motorklub by die Redline Race World net buite Tsumeb plaasvind nie. Swaar reënval wat ontvang is maak die geleentheid onmoontlik, maar, die knortjorre is môre in die hoofstad in aksie. Francois Lottering van Motor Media Namibia het die besonderhede.

Read More

Baanbrekende HyIron-Oshivela aanleg amptelik geopen - April 11, 2025

Namibië se baanbreker HyIron-Oshivela aanleg naby Arandis is amptelik geopen deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Dit is Suider-Afrika se eerste fasiliteit wat groenwaterstof gebruik om direk verminderde yster te vervaardig en die vlagskip-projek vir die land se groenenergie-ambisies. Die aanleg was vroeër vanjaar gereed vir die bekendstelling, maar dit is vertraag deur die dood van stigterspresident […]

Read More

Langafstand permitte vir sewe-sitplek taxi’s ‘gaan wrywing veroorsaak’ - April 11, 2025

Reaksie word ontvang op die aankondiging van vervoerminister Veikko Nekundi dat sewe-sitplek taxi’s nou ook langafstandpermitte kan kry vir roetes so ver soos Katima Mulilo. Die permitte moet teen einde September vanjaar verkry word vir omskakeling na die stelsel waar die tweejaarliks hernu sal word. Pendapala Nakathingo van die Namibiese Bus en Taxi-vereniging sê daar […]

Read More

Mens-dier-konflik ‘gaan net erger word’ - April 11, 2025

Die omgewingsministerie het die gebied van Casablanca naby Oshivelo ontbos ná ‘n leeu-aanval. Adjunkdirekteur in die ministerie Erkki Rehabeam sê die buffersone het ten doel om gevaarlike ontmoetings te voorkom. Dit volg op ‘n voorval waar twee bewaarders deur ‘n leeu beseer is. Die leeu, ‘n tiener mannetjie, was moeilik om te vang weens die […]

Read More

Namibië Druiwemaatskappy betaal N$10 miljoen eerste dividend uit - April 11, 2025

Die Namibië Druiwemaatskappy het aangekondig hy gaan 24 miljoen Namibiese dollar bestee om verouderende wingerde te herplant en te vervang, en belangrike infrastruktuur te verbeter. Richwell Lukonga, die voorsitter van die raad, het by die maatskappy se eerste dividend-uitbetalingseremonie gepraat, waar 10 miljoen dollar aan sy aandeelhouer, die Nasionale Jeugdiens, oorhandig is. Die maatskappy het […]

Read More