Meatco lê kriminele klag oor 400 bees wat by voerkraal verdwyn - October 13, 2025

Meatco het ‘n kriminele klag by NamPol ingedien oor ernstige onreëlmatighede wat in die bestuur van beeste by een van sy gekontrakteerde voerkrale ontbloot is. Meatco sê in ‘n verklaring daar is aanvanklik sowat 400 beeste vermis, maar dit kan kan toeneem namate forensiese ondersoeke voortduur. Die voerkraal is nie genoem nie, maar daar is […]

Read More

Trump prys Bibi, sê Midde-Ooste sal verander - October 13, 2025

Amerikaanse president Donald Trump het aan ‘n juigende Israeliese Knesset gesê dat “die lang en pynlike nagmerrie uiteindelik verby is”, nadat hy gehelp het om ‘n wapenstilstand tussen Israel en Hamas in Gaza te bemiddel. Tydens die eerste sodanige toespraak deur ‘n Amerikaanse president sedert 2008, het Trump gesê die dag sal gemerk word as […]

Read More

Voorgestelde staking van staatsamptenaar-aftrekkings wek kommer - October 13, 2025

Die finansministerie het openbare konsultasies oor voorgestelde hervormings aan die stelsel vir aftrekkings by staatsamptenare tot 28 Februarie 2026 verleng. FinFit Investments het ‘n studie gedoen oor regeringsamptenare se persepsie en ervaring met die sisteem. Nagenoeg 83 persent van die staatsamptenare voorspel dat dit moeilik sal wees om by te hou met betalings as die […]

Read More

Korrupsie bedreig nasionale veiligheid: Cachalia - October 13, 2025

Die waarnemende polisieminister, Firoz Cachalia, sê korrupsie is diepgewortel in instellings en politieke strukture in die land en is ‘n ernstige bedreiging vir nasionale veiligheid. Suid-Afrika is in die onderste 90 van die 180 lande wat vroeër vanjaar deur Transparency Internationalse indeks volgens vlakke van openbare sektor korrupsie gerangskik is. Cachalia sê hulle het die […]

Read More

Tron: Ares open bo-aan Noord-Amerikaanse lokettrefferlys - October 13, 2025

Die Disney wetenskapsfiksie-film, Tron: Ares, met Jared Leto in die hoofrol, was met sy opening die gewildste op die Noord-Amerikaanse lokettrefferslys. Die rolprent, wat die derde aflewering in die Tron-trilogie is, volg die mensdom se eerste kontak met kunsmatige intelligensie wanneer ‘n gevorderde program die fisiese wêreld betree. Nog ‘n nuweling, Miramax en Paramount se […]

Read More

Proteas boul Pakistan uit vir 378, Muthusamy vat 6 paaltjies - October 13, 2025

Krieket: Senuran Muthusamy was die Proteas se groot held op die tweede dag van die eerste toets teen Pakistan in Lahore. Hy het altesaam ses paaltjies geneem in die gasheer se eerste beurt om hulle vir 378 te help uitboul. Pakistan het op 313 vir vyf hervat en Muthusamy het drie paaltjies in ‘n enkele […]

Read More

Katutura-inwoners stort riool voor munisipale sentrum - October 13, 2025

Gefrustreerde inwoners van Katutura het vanoggend riool voor die Stad Windhoek se kliëntedienssentrum in Katutura gestort. Die groep, gelei deur gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb, het gesê die munisipaliteit het hul pleidooie vir rioolverwydering in hul gebiede geïgnoreer. Gariseb het gesê sanitasieprobleme word ‘n bron van kommer in informele nedersettings as gevolg van die toenemende bevolking.

Read More

Namdia-verdagte Charmaine Cloete kry N$50 000 borgtog - October 13, 2025

Die Windhoek hoërhof het die uitspraak van ‘n Keetmanshoop landdros omgekeer en borgtog van 50 000 Namibiese dollar toegestaan aan Charmaine Cloete, een van die verdagtes in die 314,9 miljoen dollar Namdia diamant-rooftog. Cloete is agt maande gelede in Keetmanshoop gearresteer saam met George en Bino Cloete. Regters Philanda Christiaan en Naomi Shivute het bevind […]

Read More

42 sterf toe bus in Limpopo-bergpas omslaan - October 13, 2025

Twee-en-veertig mense, waaronder sewe kinders, is dood toe ‘n passasiersbus Sondag buite Louis Trichardt in Limpopo omgeslaan het. Volgens voorlopige berigte het die bus passasiers uit die Oos-Kaap vervoer op pad na hul tuistes in Zimbabwe en Malawi. Die bus het blykbaar in ʼn styl bergpas van die pad geloop en teen ʼn wal afgestort. […]

Read More

Bibi prys Trump in Knesset - October 13, 2025

Israel se premier Benjamin Netanyahu het in die Knesset Amerikaanse president Donald Trump as Israel se grootste vriend beskryf. Hy het Trump herhaaldelik bedank te midde van applous en lede van die Knesset wat Trump staande toegejuig het.

Read More