ECB stel kletsbot bekend vir enkelkopermarkmodel - April 11, 2025

Die Elektrisiteitsbeheerraad van Namibië het ‘n werkswinkel oor die gewysigde enkelkopermarkmodel in Swakopmund aangebied. Die model laat sekere elektrisiteitsverbruikers en onafhanklike kragprodusente toe om direk met mekaar transaksies te doen vir tot 30 persent van hul kragbehoeftes, wat plaaslike opwekking bevorder en koste verlaag. Die beheerraad se uitvoerende hoof, Robert Kahimise, het by die werkswinkel […]

Read More

Waterbesoedeling ‘sal nie verdwyn met bestuurders in tronk’ - April 11, 2025

Unisa se waterkenner, Anja du Plessis, sê dit sal nie Suid-Afrika se waterbesoedelingskrisis oplos as munisipale bestuurders tronk toe gaan nie. ʼn Klousule in die Wysigingswetsontwerp op Nasionale Water laat toe dat munisipale bestuurders en korporatiewe direkteure skuldig bevind kan word en moontlik tronkstraf kry indien die instellings wat hulle verteenwoordig water besoedel. Volgens inligting […]

Read More

Macron sê tarief-blaaskans kwesbaar - April 11, 2025

Die Franse president, Emmanuel Macron, sê die gedeeltelike 90-dae-opskorting van Amerikaanse tariewe beteken onsekerheid vir Europese sakeondernemings wat steeds 25-persent moet betaal op staal, aluminium en motors. Finansiële markte kon Woensdag asemskep toe president Donald Trump besluit het om tariewe op tientalle lande tydelik op te hef sodat hulle kan onderhandel. Macron beskryf die tydelike […]

Read More

Hamilton hoop opgradering kan Ferrari ’n hupstoot gee in Bahrein - April 11, 2025

Motorsport: Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton, hoop Ferrari kan die naweek in Bahrein ʼn tree vorentoe gee. Die Scuderia is tans vierde in die vervaardigerskampioenskap nadat hy in die eerste drie wedrenne gesukkel het teen ander mededingers soos McLaren en Mercedes. Die Brit sê hulle het ʼn opgradering aan die voertuig gedoen wat die […]

Read More

Unam vra aksie by Neudamm oor gevaarlike brug, vloede - April 11, 2025

Tydens die swaar reënval oor die laaste paar weke het die Unam Neudamm-kampus te kampe gehad met vloede by die Seeisrivier, wat studente en dosente verhinder het om klasse by te woon. Die kampus is oos van die hoofstad en die brug en padinfrastruktuur kort dringend aandag. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Namesho, die […]

Read More

DA, VF Plus gaan met Mbalula vergader oor hul verskille - April 11, 2025

Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê hy vergader die naweek met die DA en die Vryheidsfront Plus om hul verskille in die regering van nasionale eenheid te bespreek. Dit volg nadat die DA en VF Plus verlede week teen die fiskale begrotingsraamwerk, wat ʼn BTW-verhoging insluit, gestem het. Mbalula sê besprekings oor die begrotingskwessies […]

Read More

Pryse vir waagtoertjie-ontwerp kom na Oscars - April 11, 2025

Die Akademie vir Rolprentkuns en -wetenskap wat die Oscars toeken, sal ‘n nuwe Waagtoertjie-kategorie tydens die 2028-seremonie bekendstel. Dit is die jongste kategorie wat by die Oscars gevoeg word sedert verlede jaar se Prestasie in Rolverdeling, wat volgende jaar sy eerste toekenning sal oorhandig. Die bestuurshoof van die akademie, Bill Kramer, sê waagtoertjies was nog […]

Read More

Tsitsipas, Alcaraz deur na Monte-Carlo kwarteindronde - April 11, 2025

Tennis: Die driemalige kampioen, Stefanos Tsitsipas, het na die kwarteindronde van die Monte-Carlo-meesterstoernooi deurgedring. Die Griek het Nuno Borges van Portugal geklop en daarmee sy 50ste ATP-meesters-een-duisend-wedstryd op klei gewen. Die tweede gekeurde Carlos Alcaraz van Spanje het die Duitse kwalifiseerder Daniel Altmaier getroef. Alcaraz sal in die kwarteindronde teen Arthur Fils van Frankryk te […]

Read More

MTC se bemarkingsindaba bied gulde geleentheid - April 11, 2025

Die drie-dag MTC Handelsmerk- en Bemarkingsindaba het in Windhoek begin en bring meer as 300 afgevaardigdes en meer as 30 uitstallers bymekaar. Dit is die eerste geleentheid van sy soort in die land en bevat aanbiedings deur kundiges en paneelbesprekings oor handelsmerke, bemarking, openbare betrekkinge en advertensies. Dit bied ook netwerkgeleenthede en die deel van […]

Read More

Instituut sê arm gemeenskappe moet beskerm word teen BTW-verhoging - April 11, 2025

Die Instituut vir Rasseaangeleenthede sê opposisiepartye wat die voorgestelde BTW-verhoging teenstaan as beginselbeswaar, moet ook negatiewe sakebeleid konfronteer. Die instituut het die EFF en MK-party gevra om nie net die BTW-verhoging te verwerp nie, maar om ook arm gemeenskappe daadwerklik te beskerm teen wat inderwaarheid belasting is vir swart ekonomiese bemagtiging. Makone Maja van die […]

Read More