Zelensky sal SA besoek - April 11, 2025
President Cyril Ramaphosa sal op 24 April die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky ontvang vir ‘n werksbesoek. Die vergadering, wat by die Uniegeboue in Pretoria sal plaasvind, sal uitsluitlik fokus op die voortgesette konflik tussen Oekraïne en Rusland. Zelensky se besoek kom te midde van berigte oor gespanne verhoudings tussen Oekraïne en die VSA en […]
Goud breek deur US$3 200 - April 11, 2025
Die goudprys het vanoggend vir die eerste keer die deurslaggewende vlak van 3 200 Amerikaanse dollar per fynons verbygesteek, aangevuur deur ‘n swakker dollar en ‘n eskalerende handelsoorlog wat beleggers na veiligehawe-bates laat beweeg. Ontleders sê daar is ‘n voortdurende uittog van Amerikaanse dollar-gebaseerde bates met aandele en effekte se verkoop te midde van tariefbeleid […]
Kavango, Zambezi boere loop deur, plae en aanhoudende reën - April 11, 2025
Boere in die Kavango-streke maak alarm oor die toestand van hul oeste as die dubbele bedreigings van peste en swaar reën voortduur. Koringkrieke en sprinkane saai amok, ook in die Zambezi-streek maar plaagdoders werk nie as gevolg van aanhoudende reënval. Die Kavango Wes Boere-unie se voorsitter Johannes Hausiku het met The Villager gepraat en sê […]
BTW-onderhandelings vorder – Mbalula - April 11, 2025
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê onderhandelings oor die begrotingsdooiepunt vorder goed en hulle is optimisties dat hulle ʼn oplossing sal vind. Die party beraadslaag met partye soos ActionSA en Build One South Africa. Die fiskale begrotingsraamwerk is verlede week in die Parlement aanvaar, maar partye wil hê die BTW-verhoging van 0,5-persent moet geskrap […]
Mark manipulasie: Trump het belangriker goed om aan te dink - April 11, 2025
Die sogenaamde Wolf of Wall Street, Jordan Belfort, het met SkyNews gepraat oor aantygings dat president Donald Trump die mark gemanipuleer het met sy aankondiging dat dit ‘n goeie tyd is om te koop terwyl die markte getuimel het oor sy tariewe en vier ure daarna die 90-dag opheffing daarvan aangekondig het. Belfort, wat self […]
Jeug kan nie net ‘n voetnota wees nie – Kambala - April 11, 2025
Die Nasionale Vergadering luister na die nooiensredes van nuwe parlementslede. George Kambala, die woordvoerder van die AR-beweging, was een van hulle. As een van die stigters van die AR-beweging het die jong LP sy reis van ‘n sukkelende jeugdige tot ‘n aktivis wat ander wou ophef beskryf. Sy toespraak het hoofsaaklik op die jeug gefokus […]
Numsa eis 10% verhoging in motorbedryf - April 11, 2025
Die metaalwerkersvakbond Numsa het loongesprekke in die motorbedryf begin met ‘n eis van ‘n algemene 10 persent-salarisverhoging. Die unie sê veral swart werknemers, verdien te min om met die stygende koste by te bly. Hulle vra ook vir vervoer- en nagdienstoelaes, mediese hulp, en ondersteuning tydens verkorte werkure. Woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, glo inflasie-gebaseerde […]
Ivoorkus dreig heffings op kakao oor tariewe - April 11, 2025
Die landbouminister in die Ivoorkus, die wêreld se grootste kakaoprodusent, oorweeg maatreëls om die produk duurder te maak as tariewe wat deur die Amerikaanse president Donald Trump voorgestel is, in werking tree. Die Trump-administrasie het verlede week tariewe van 21 persent, die hoogste in Wes-Afrika, aangekondig. Dit was nie onmiddellik duidelik na watter spesifieke maatreëls […]
Cantona sê Ratcliffe vernietig Manchester United - April 11, 2025
Voormalige Manchester United sokkerster, Eric Cantona het mede-eienaar, Jim Ratcliffe, en sy luitenante daarvan beskuldig dat hulle die Old Trafford-klub vernietig. Britse miljardêr Ratcliffe het ‘n stormagtige tydperk deurgemaak sedert hy beheer oor United oorgeneem het nadat hy ‘n minderheidsaandeel gekoop het. Die INEOS-eienaar het die hoofafrigter Erik ten Hag afgedank en hom vervang met […]
Mikrolenings groei in K4 van 2024 - April 11, 2025
Namfisa sê die plaaslike mikroleningsektor het aansienlike groei in die vierde kwartaal van 2024 aangeteken met groei van 11,1 persent teenoor die derde kwartaal en 12,8 persent op ‘n jaargrondslag. Die totale boekwaarde is 8,1 miljard Namibiese dollar. Korttermynlenings, bekend as betaaldaglenings was verantwoordelik vir 76 persent van die lenings met termynlenings wat die res […]