Minister besoek Bloemhofdam te midde van vloedbekommernisse - April 11, 2025
Die minister van Water en Sanitasie, besoek vandag die Bloemhofdam om skade aan die infrastruktuur te evalueer ná stroomaf-ontruimings weens vloede. Die woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die dam, tans op 111,07-persent, laat meer as 2 000 kubieke meter per sekonde vry om die swaar invloei vanaf die Vaaldam, wat op 115,57-persent staan, te bestuur. Sy […]
Trump bedank vir Karelina se vrylating - April 11, 2025
Die Russies-Amerikaanse vrou Ksenia Karelina se Suid-Afrikaanse kêrel, Chris van Heerden, het president Donald Trump bedank vir sy rol in haar vrylating. Karelina het 12-jaar tronkstraf in Rusland uitgedien vir hoogverraad en is vrygelaat as deel van ‘n gevangene-uitruiltransaksie tussen die VSA en Rusland. Van Heerden is ‘n voormalige bokskampioen en Karelina se saak is […]
Kleinsake het uitdagings maar ook drome - April 11, 2025
Volgens 2024-statistieke is daar ten minste 40 000 klein- en mediumgrootte ondernemings werksaam in die land. Hulle verskaf werk aan meer as 200 000 Namibiërs en dra ongeveer 12 persent van die BBP by. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bianca Janse van Vuuren, Bank Windhoek se hoof van klein- en mediumgrootte ondernemings, wat uitbrei […]
Amushelelo se uitdagings verdiep - April 11, 2025
Die uitdagings van NEFF-aktivis Michael Amushelelo verdiep. Regter Boas Usiku het ‘n tussentydse bevel uitgereik dat hy sy plasings oor luitenant-generaal Joseph Shikongo se noodlottige ongeluk van 2022 moet verwyder en nie weer daaroor mag kommentaar lewer nie. Maar, Amushelelo moet ook al Shikongo se regskostes, ook die van sy aansoek dat regter Doris Hans-Kaumbi […]
Raymond Parsons het raad vir GNU oor tariewe - April 11, 2025
Die ekonomie-professor aan die Noordwes-universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê Suid-Afrika moet die uitstel van 90 dae op Amerikaanse tariewe gebruik om ʼn beter ooreenkoms te onderhandel. Die land staar tariewe van 31-persent in die gesig op belangrike uitvoere na Amerika. Meer as 60 lande sal egter steeds president Donald Trump se oorhoofse invoertarief van […]
Hoogste hof beveel Trump-administrasie moet Garcia repatrieer - April 11, 2025
Die Amerikaanse hooggeregshof het president Donald Trump se administrasie opdrag gegee om seker te maak ʼn man van Maryland wat verkeerdelik na ʼn tronk in El Salvador gedeporteer is, keer terug. Die administrasie het bevind Kilmar Abrego Garcia is weens ʼn administratiewe fout gedeporteer. Hy was op 15 Maart op een van drie hoëprofiel-vlugte na […]
Rose loop voor in Augusta - April 11, 2025
Justin Rose van Engeland loop voor met drie houe ná die openingsronde van die Meesterstoernooi in Augusta, Georgia. Die 44-jarige het sewe-onder baansyfer, 65, aangeteken, en daarmee ‘n groot voorsprong verkry op die verdedigende kampioen, Scottie Scheffer van Amerika, Swede se Ludvig Åberg en Corey Conners van Kanada. Rory McIlroy van Noord-Ierland het sy jongste […]
Kenner sê bees slagpryse sal N$70 en meer, per kilo bereik - April 11, 2025
Namibië, bekend vir sy sterk veesektor en premium beesvleis, word beskou as die land met die tweede hoogste gehalte beeste ter wêreld, net na Argentinië. Dit is bevestig deur professor Helmke von Bach, ‘n landbou-ekonoom by Unam, wat van mening is dat beesvleispryse by abattoirs tot meer as 70 Namibiese dollar per kilogram kan, en […]
Tariewe: Savanna teiken ander markte, het nie kommer nie - April 11, 2025
Savanna Beef sê Amerikaanse tariewe bekommer hom nie omdat hy fokus op Europese en Chinese markte. Tariewe van 21 persent geld op beesvleis-uitvoere na die VSA. Mecki Schneider, voorsitter van Savanna Beef, sê aan The Brief dat uitvoere moontlik teen die einde van die jaar kan begin maar baie moet nog gebeur voor dit en […]
Oorstromings: Kabinet gee breedvoerige instruksies - April 11, 2025
Inligtingminister Emma Theofelus het die jongste kabinetsbesluite aangekondig, wat insluit breedvoerige instruksies oor oorstromings in die land. Dit sluit in dat die landelike en stedelike ontwikkeling-ministerie waarskuwings- en multi-gevaar-gebeurlikheidsplanne moet aktiveer in die Cuvelia-Etosha-kom, die Okavango- en Zambezirivier vloedvlaktes, die Kunene korridor, die benede-Kuiseb- en Oranjeriviere, en die Hardap-Mariental sone. Theofelus het meer.