Minderheid van Zim-boere aanvaar regering se ‘vergoeding’ - April 11, 2025

Die Zimbabwiese regering is besig om vergoedingsbetalings aan voormalige plaaseienaars uit te betaal. Sowat 59,3-miljoen Namibiese dollar is reeds uitbetaal aan die eerste 378 plase uit ‘n totaal van 740 wat goedgekeur is vir vergoeding. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Deon Theron, die voormalige president van Zimbabwe se kommersiële boere-unie, wat sê die meeste […]

Read More

Prada bekom Versace vir N$27 miljard - April 11, 2025

Die Italiaanse modehuis, Prada, het aangekondig dat hy ‘n ooreenkoms bereik het met die Amerikaanse groep, Capri Holdings, om sy glansryke mededinger, Versace, vir 27 miljard Namibiese dollar koop. Die verkryging sal ‘n luukse groep skep met inkomste van meer as 129 miljard dollar wat beter kan meeding met nywerheidsreuse soos die Franse konglomerate LVMH […]

Read More

Calle waarsku teen heraanstelling van Mushokabanji by Meatco - April 11, 2025

Die voormalige landbouminister Calle Schlettwein het gewaarsku oor die heraanstelling van Mwilima Mushokabanji as die uitvoerende hoof van Meatco. Hy sê gedurende sy termyn as maatskappyhoof is 1 miljard Namibiese dollar van belastingbetalers se geld bestee. Dit kom na president Netumbo Nandi-Ndaitwah opdrag gegee het dat Mushokabanji weer aangestel moet word na die raad nie […]

Read More

Ramaphosa moet GBV na nasionale ramp verklaar - April 11, 2025

Die burgerlike gemeenskap, onder die leiding van Women for Change, dring aan dat president Cyril Ramaphosa geslagsgeweld en vrouemoord as ’n nasionale ramp verklaar. Volgens Statistiek Suid-Afrika word meer as 50-persent van aanrandings teen vroue deur iemand wat hulle ken gepleeg, met intieme maats of eggenote wat vir minstens 15-persent van hierdie aanvalle verantwoordelik is. […]

Read More

Tariewe op China staan nou op 145% - April 11, 2025

Aandele op Wall Street het Donderdag weer getuimel weens toenemende kommer oor die ekonomiese impak van Amerikaanse president Donald Trump se multi-front tariefoorlog. Al drie groot Amerikaanse aandele-indekse het skerp gedaal en baie van die vorige sessie se winste uitgewis. CNBC berig dat die totale tariewe op China na 145 persent gestyg het, na ‘n […]

Read More

Ses dood toe helikopter in Hudsonrivier, New York val - April 11, 2025

Ses mense insluitend drie kinders is dood nadat ʼn helikopter wat passasiers vervoer in die Hudsonrivier in New York neergestort het. Amptenare sê die helikopter het in die lug opgebreek en onderstebo in die rivier neergestort. Vyf van die passasiers was ʼn gesin van Spanje en die sesde persoon was die vlieënier. New York Stad […]

Read More

Gesondheidministerie besig met laboratoriumbeleid opdatering - April 10, 2025

Gesondheidminister Esperance Luvindao het aangekondig dat die ministerie besig is om die laboratoriumbeleid op te dateer om laboratoriumdienste en -tegnologie te bevorder. Sy het by die 2025 Namibiese laboratoriumwetenskap-kongres die belangrike rolle van aptekers en laboratoriumpersoneel in ingeligte besluitneming uitgelig. Sy het die publiek aangespoor om te fokus op die positiewe vordering van die ministerie […]

Read More

Mense onder Vaal-, Bloemhofdam gewaarsku oor oorstromings - April 10, 2025

Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het inwoners wat onder vloedlyne woon langs die Vaalrivier, stroomaf van die Vaaldam en die Bloemhofdam, gewaarsku laagliggende gebiede bly kwesbaar. Dit is as gevolg van die sluise van albei damme wat oopgemaak is om watervlakke te bestuur. Majodina het inwoners versoek om gebiede te ontruim wat […]

Read More

LeBron James word met Ken-pop vereer - April 10, 2025

Die basketbal-ikoon LeBron James is die eerste beroeps-mansatleet wat deur die speelgoedmaatskappy Mattel as ‘n Ken-pop verewig is. Hierdie spesiale uitgawe wat in vennootskap met die LeBron James-familiestigting vervaardig is, vang die speler van Los Angeles Lakers se unieke klerestyl vas en is selfs langer as die standaard Ken-pop. James sê dit is ’n geleentheid […]

Read More

2028 Spele in Los Angeles sal rekord 351 medalje-items aanbied - April 10, 2025

Olimpiese Spele: Die Internasionale Olimpiese Komitee het ‘n rekordaantal 351 medalje-items vir 2028 se Olimpiese Spele in Los Angeles goedgekeur. Dit is 22 meer as in Parys verlede jaar en sluit die debuut van die 50-meter rugslag, borsslag en vlinderslag vir beide mans- en vroueswem in, asook ’n gemengde vier-maal-100-meter aflos op die baan. Die […]

Read More