Kabinet keur 2025-jagseisoen goed - April 10, 2025
Inligtingminister Emma Theofelus het die jongste kabinetsbesluite bekendgemaak na hul tweede vergadering op 8 April. Die kabinet het onder andere die aankondiging van die 2025-jagseisoen van 1 Mei tot 31 Augustus vanjaar goedgekeur. Op plase wat nie met ‘n wildheining omhein is nie, sal die jagseisoen van 1 Junie tot 31 Julie strek.
SA moet met VSA onderhandel oor tariewe: kenner - April 10, 2025
President Donald Trump se tariewe en sy ommekeer ter elfder uur lok steeds reaksie uit. Professor Jannie Rossouw van die Wits Sakeskool sê die tipe gedrag skep baie onsekerheid, selfs vir produsente. Hy glo onderhandelings, veral deur Suid-Afrika, sal tot voordeel van die hele streek wees.
Trump stop fondse vir klimaatsverandering-navorsing - April 10, 2025
President Donald Trump het die befondsing van Amerika se navorsingsprogram oor klimaatsverandering, wat die federale regering se verslag oor die kwessie saamstel, opgeskort. Die Amerikaanse Klimaatsbeoordeling word elke vier jaar uitgereik en is Amerika se omvattendste beraming van die huidige uitwerking van klimaatsverandering en klimaatwetenskap. Kenners sê die beoordeling speel ‘n groot rol in besluitneming […]
Sinner steeds Nr. 1 by sy terugkeer - April 10, 2025
Tennis: Jannik Sinner van Italië sal seker wees van sy nommer een-posisie op die wêreldranglys wanneer hy vroeg volgende maand terugkeer na sy opkikker-skorsing van drie-maande. Alexander Zverev van Duitsland se nederlaag teen Sinner se landgenoot, Matteo Berrettini, in die ronde van 32 in die Monte-Carlo-meesterstoernooi beteken dat hy Sinner nie kan verbysteek nie. Zverev […]
Toeroperateur verwelkom passasierpermit-veranderinge - April 10, 2025
Reaksie is ontvang op vervoerminister Veikko Nekundi se besluit om passasierpermitte vir net twee jaar geldig te maak, en net uit te reik aan die individu en voertuig wat se besonderhede aan die ministerie verskaf is. Die permitte was tot nou toe onbepaald geldig en talle permithouers het dit uitverhuur aan ander taxi-bestuurders. Toeroperateur Wolfgang […]
Jong gimnaste op pad na internasionale gimnastiektoernooie - April 10, 2025
Die Namibiese Gimnastiek-federasie het drie gimnaste gekies om die land te verteenwoordig by die Afrika Ritmiese Gimnastiekkampioenskap in Kaïro, Egipte, van 2 tot 3 Mei. Joy Kabooy van Walvisbaai Gimnastiekklub, en Emilia Ekandjo en Peya Kashaka (Kashaaka) van Windhoek Ritmiese Klub, is gekies na nasionale proewe by Olympia se Windhoek Ritmiese Klub gehou is. Die […]
Amupanda wil by minister weet oor beweerde August 26-korrupsie - April 10, 2025
Aanhoudende bewerings van korrupsie in die verdedigingsministerie, veral onder die banier van die omstrede August 26 Holding Company, het in die Nasionale Vergadering opgeduik. Die AR-beweging se leier, Job Amupanda, het kennis gegee van vrae wat hy aan verdedigingsminister Frans Kapofi sal stel oor die kwessie.
Pluimveebedryf boer goed vorentoe, sê vereniging - April 10, 2025
Die Pluimvee Produsente Vereniging het onlangs sy ledevergadering gehou. Plaaslike produksie gaan van krag tot krag en kan in die plaaslike mark se eier-aanvraag voldoen. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Louis Kleynhans, die vereniging se voorsitter, wat meer inligting gee.
Prospect 1 se ontwikkeling op skedule: ReconAfrica - April 10, 2025
ReconAfrica sê voor-konstruksie aktiwiteite by Prospect 1 in die Damara-vougordel is op skedule en die evaluering voor boorwerk is voltooi. President en uitvoerende hoof Brian Reinsborough sê hulle teiken ‘n boordiepte van 3 800 meter of selfs dieper, soos by hulle Naingopo-eksplorasieboorput. Hy sê dit is dieselfde reservoir waar hulle meer as 50 meter van reservoir-gehalte karbonate […]
Nashinge sê hy’s reg vir amp as amptelike opposisie-leier - April 10, 2025
Die IPC se voormalige segsman, Imms Nashinge, is deur die party aangewys as die leier van die amptelike opposisie in die parlement. Die belangrike amp kom met groot verantwoordelikhede en ook aansienlike voordele. Nashinge het na die aankondiging hom so uitgespreek.