Itula kondig amptelike opposisieleier in NV aan - April 10, 2025

Die IPC-president Panduleni Itula het uiteindelik die kwessie van wie die leier van die amptelike opposisie in die parlement sal wees, opgelos. Dit is omdat hy self nie na die Nasionale Vergadering gaan nie. Hy het op ‘n dringende perskonferensie burokrate gekritiseer omdat hulle probeer voorskryf hoe die party bestuur moet word. Hy het aangekondig […]

Read More

Seewater om toilette te spoel? Kaapstad-inwoners sê ja - April 10, 2025

Inwoners van Kaapstad is bereid om tot tien-persent méér vir hul waterrekeninge te betaal om seewater vir die spoel van hul toilette te gebruik, solank dit nie sleg ruik of die toilette vlek nie. Dít is volgens ‘n ondersoek deur die Universiteit van Kaapstad. Navorsers sê die gebruik van seewater om toilette te spoel het […]

Read More

Brittanje kry Universal Studios-temapark - April 10, 2025

Universal Studios beplan om sy eerste temapark in Europa in Bedfordshire, Engeland, op te rig. Die park sal in 2031 sy hekke oopgooi as die grootste toeriste-aantreklikheid in Brittanje, en sal na verwagting in sy eerste jaar 8,5-miljoen besoekers lok. Universal het reeds temaparke in Orlando en Los Angeles in Amerika, asook in Japan, Singapoer […]

Read More

Scheffler, McIlroy gunstelinge om Meesters te wen - April 10, 2025

Gholf: Die verdedigende Meesters-kampioen, Scottie Scheffler, speel saam met sy Amerikaanse landgenoot Justin Thomas en die Spanjaard Jose Luis Ballester wanneer die eerste major-toernooi van die jaar vandag op Augusta in Georgia afslaan. Rory McIlroy van Noord-Ierland wat probeer om die sesde man te word om ʼn loopbaan-Grand Slam te voltooi, is in dieselfde groep […]

Read More

Twee verdagtes in Noordoewer gearresteer nog nie met Namdia-roof verbind - April 10, 2025

Dit is voortydig om in hierdie stadium die inhegtenisname van twee mans in Noordoewer te verbind met die Namdia-diamantrooftog, sê NamPol adjunk-inspekteur-generaal, generaal-majoor Anna-Marie Nainda. Die 53-jarige Andreas Akwaake en 39-jarige Immanuel Iipinge is volgens die nasionale uitsaaier op 28 Maart in Noordoewer in hegtenis geneem vir die besit van 750 000 Namibiese dollar in […]

Read More

Zimbabwe begin met vergoeding aan eks-plaaseienaars - April 10, 2025

Zimbabwe het begin met vergoedingsbetalings aan voormalige plaaseienaars kragtens die Global Compensation Deed wat in 2020 onderteken is. Daar is tot op hede 740 plase goedgekeur vir vergoeding, met die regering wat reeds ongeveer 59,3-miljoen Namibiese dollar uitbetaal het vir die eerste verwerkte 378 plase. Die Zimbabwiese finansminister, Mthuli Ncube, sê die vergoeding vorm deel […]

Read More

Bejaarde Galapagos-skilpaaie word eerste keer ouers - April 10, 2025

Twee kritiek bedreigde, byna 100 jaar oue Galapagos-skilpaaie by die Philadelphia-dieretuin het vir die eerste keer ouers geword. Dit is die eerste keer in die dieretuin se 150-jaar geskiedenis. Die vier eiers is die nageslag van Mommy en Abrazzo, die dieretuin se twee oudste inwoners. Die eerste eier het op 27 Februarie uitgebroei en die […]

Read More

Emery sê Villa sal terugveg teen PSG - April 10, 2025

Sokker: Aston Villa se hoofafrigter, Unai Emery, glo sy spelers kan volgende week ‘n terugkeer maak in die tweede kragmeting in hulle Kampioeneliga-kwarteindstryd teen Paris Saint-Germain. PSG het Villa in hul eerste ontmoeting in Parys 3-1 geklop. Barcelona het Borussia Dortmund intussen in ‘n tuiswedstryd 4-0 verslaan om die voortou te neem in hul kwarteindstryd. […]

Read More

RA sal N$230m op paaie voor Paasnaweek bestee - April 10, 2025

Die Paaie-owerheid sê hy moet 230 miljoen Namibiese dollar bestee om beskadigde paaie in die noordelike streke van Oshana, Ohangwena, Oshikoto, Omusati en Kunene te herstel. Die uitvoerende hoof dr. Conrad Lutombi, sê sommige paaie is erg beskadig ná swaar reënval en moet van volgende week af herstel word vir Paasnaweek. Lutombi sê die maatskappy […]

Read More

ANC sal onderhandel oor BTW - April 10, 2025

Die ANC sê hy gaan voort om te bewys hy is gereed om met alle parlementêre rolspelers te beraadslaag wat op nasionale belang, openbare aanspreeklikheid en die bevordering van ekonomiese herstel fokus. Die party se onderhandelingspan onder leiding van sekretaris-generaal Fikile Mbalula het met ActionSA vergader om die dooiepunt oor die BTW-verhoging aan te spreek. […]

Read More