WGO sê pandemie verdrag sal produksie medisyne ‘n hupstoot gee - April 10, 2025
Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie Tedros Adhanom Ghebreyesus sê die pandemie verdrag sal ‘n raamwerk daarstel vir die oordrag van kennis en vaardighede sowel as die ontwikkeling van tegnologie vir ontwikkelende lande om entstowwe en meer te vervaardig. Dit kom na die oneweredige verspreiding van entstof tydens die Covid-pandemie.
Maart was bloedige maand vir Oekraïners - April 10, 2025
Die Verenigde Nasies sê meer as drie jaar na die Russiese inval in Oekraïne, ly Oekraïnse burgerlikes steeds onder die verwoestende gevolge van die oorlog. In Maart is 164 Oekraïners dood en 910 beseer, ‘n styging van 50-persent in burgerlike ongevalle teenoor die vorige maand. Die VN se Menseregte-moniteringsending in Oekraïne sê onoordeelkundige aanvalle word […]
Daar’s geleenthede in die omstrede tariewe - April 10, 2025
Donald Trump se tariewe laat nasies skarrel om ‘n pad vorentoe te vind. China het sy tariewe op Amerikaanse goedere tot 84 persent verhoog, na ‘n 104 persent Amerikaanse tarief op Chinese invoere wat Trump weer opgestoot het na 125 persent. Die Europese Unie beplan om 25 persent-tariewe op Amerikaanse goedere te hef, terwyl Kanada […]
Die plaaswerker, die minimumloon en die ’24 loonopgawe - April 10, 2025
Die 2024 loonopname van die Landbou Werkgewersvereniging toon ‘n 7 persent verhoging in totale maandelikse vergoeding vir plaaswerkers op kommersiële plase, wat gemiddeld 4 391 Namibiese dollar en 20 sent beloop. Monetêre betaling het tot 2 931 dollar 28 sent gestyg, wat 14 persent hoër is as in 2022, terwyl nie-monetêre voordele soos behuising teen […]
Brent onder druk, wisselkoers sukkel ook - April 10, 2025
Oliepryse het vanoggend teruggesak en verhandel op net minder as 64 Amerikaanse dollar per vat met Amerikaanse president Donald Trump wat ‘n handelsoorlog met China opgeskerp het. Na die tariefpouse vir meeste lande, het olie met ongeveer 4 persent gestyg nadat die kommoditeit met 7 persent Woensdag gedaal het tot onder 60 dollar ‘n vat. […]
Knopvelsiekte nou in Erongo - April 10, 2025
Die landbouministerie het ‘n verbod op all veevervoer in die Otjimbingwe kommunale gebied ingestel na ‘n geval van knopvelsiekte bevestig is op 2 April. Die gebied is ook onder kwarantyn geplaas en inenting het volgens die Omaruru staatsveearts reeds begin. Boere word gemaan om inentingsbottels te hou sowel as strokies van aankope as bewys dat […]
Nog grondbesettings by Many Hills - April 10, 2025
Ploteienaars by Many Hills net wes van die hoofstad se kommer verdiep met grond wat beset word deur lede van die Khomanin wat meen dit is hulle voorvaderlike grond. Plakkershuise word net buite grensdrade van plotte opgerig en hulle eis dat die grond aan hulle toegeken moet word. Die eienaar van die plaas waarop die […]
BoN se planne uiteengesit - April 10, 2025
Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, het die hoofrede by die Cirrus-beleggerskonferensie gelewer. Hy het in sy toespraak gekyk na die stand van die Namibiese ekonomie en die huidige wêreldwye handelsspanning, wat die land se ekonomiese vooruitsigte sal beïnvloed. Naufiku Hamunime, die bank se waarnemende direkteur van strategiese kommunikasie, het die sleutelfokusareas […]
Zuma verjaar, MK beplan partytjies - April 10, 2025
Alles is gereed vir die MK-party se landwye viering van sy stigter, oudpresident Jacob Zuma, se 83ste verjaarsdag Saterdag. Die party het politieke byeenkomste en programme in al die provinsies gereël ter ere van sy bydrae tot Suid-Afrika se vryheidstryd. MK se woordvoerder, Nomahlubi Radebe, sê Zuma gaan in KwaZulu-Natal praat, terwyl ander senior lede […]
Gaboen stem die naweek na 2023 se staatsgreep - April 10, 2025
Gaboen gaan hierdie naweek na die stembus vir sy eerste presidensiële verkiesing sedert die militêre staatsgreep in 2023 wat die Bongo-familie se 56-jaarlange heerskappy beëindig het. Die staatsgreepleier Brice Oligui Nguema, nou die oorgangs-president, is kandidaat vir die presidentskap en staan teen die voormalige eerste minister Alain Claude Bilie By Nze as sy hoofteenstander. Nguema […]