Dodetal styg tot 184 in DR se nagklub-ramp - April 10, 2025
President Luis Abinader van die Dominikaanse Republiek het drie dae van rou afgekondig nadat ʼn nagklub se dak Dinsdagoggend in Santo Domingo ingestort het. Dit dodetal ná die ramp by die Jet Set-klub het tot 184 gestyg en reddingswerkers probeer steeds oorlewendes onder die puin vind. Die sanger Rubby Pérez, en gewese Major League-basketbalspelers, Octavio […]
Nuwe openbare vervoerpermitte verwelkom - April 10, 2025
Die besluit van die vervoerminister Veikko Nekundi om passasierpermitte net vir twee jaar geldig te maak en net uit te reik aan die individu en die voertuig wat hy aan die ministerie verskaf. Voorheen was die permitte onbepaald geldig en talle permithouers het dit verhuur aan ander taxi-bestuurders vir tot 1 000 Namibiese dollar maandeliks. […]
George-gebou: Daar sal gevolge wees - April 10, 2025
Amptenare wat met die ineenstorting van die George-gebou verbind word, is deur die Nasionale Huisbouersreguleringsraad geskors. Dit volg op ‘n forensiese verslag oor die voorval. Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane het verdere ondersoeke, insluitend deur die polisie, verwelkom en gevra vir aanspreeklikheid. Sy het gesê daar moet gevolge wees vir diegene betrokke by […]
Goldman-Sachs sê resessie is steeds moontlik - April 10, 2025
Die Wall Street-bank, Goldman Sachs, waarsku die Amerikaanse ekonomie kan steeds in ʼn resessie verval, selfs nadat president Donald Trump tariewe op spesifieke lande vir 90 dae opgehef het. Tydens die opheffing sal ʼn universele tarief van 10 persent geld, maar Trump het tariewe vir China tot 125 persent verhoog. Goldman Sachs se ekonome voorspel […]
Charles se Italië besoek was uiters strategies, meen kenners - April 10, 2025
Koning Charles en koningin Camilla sluit vandag hulle vierdag besoek aan Italië af. Die koning het die land se parlement toegespreek en melding gemaak van die noue bande wat Engeland en Italië deel, ook tydens die twee wêreldoorloë. Ontleders meen die koning neem ‘n uiters strategiese stap met die besoek en vestig Brittanje op die […]
Dwelmbeslagleggings in Maart weer hemelhoog - April 10, 2025
Die Namibiese polisie het dwelmbeslagleggings vir Maart bekend gemaak. Die probleem neem toe en volgens die mag is 3,12 miljoen Namibiese dollar se dagga gevind, met amper 476 000 dollar se Mandrax, 1 500 dollar se kokaïenpoeier en 11 800 dollar se crack-kokaïen wat gekonfiskeer is. Daar is 160 verdagtes gearresteer waarvan 151 Namibiese burgers […]
GNU fokus meer op selfbehoud as Suid-Afrika - April 10, 2025
Cope waarsku dat die regering van nasionale eenheid, wat na Mei 2024 se verkiesing ontstaan het, ‘n wettigheidskrisis ondervind wat Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie bedreig. Pakes Dikgetsi van COPE sê die regering, ondersteun deur ‘n minderheid kiesers te midde van ‘n gebrek aan belangstelling, stort in duie weens ‘n magstryd tussen die ANC en die […]
Amerikaanse visums en permitte maak staat op jou sosiale media - April 10, 2025
Amerikaanse immigrasie-owerhede sê hulle sal sosiale media deurgaan en visums of verblyfpermitte weier aan mense wat inhoud plaas wat president Donald Trump se administrasie as antisemities beskou. Plasings wat as antisemitiese inhoud uitgeken word, sal sosiale media-bedrywighede insluit ter ondersteuning van militante groepe wat die Verenigde State as terroriste geklassifiseer het, insluitend Hamas, Hezbollah in […]
VN bepleit bystand, demokrasie vir Mianmar na aardbewing - April 10, 2025
Meer as 3 600 mense is in Mianmar dood na die 7,7 aardbewing op 28 Maart maar, die militêre regering hou steeds aan om aanvalle uit te voer teen rebelle in die land se langdurige burgeroorlog. Hulporganisasies het groot uitdagings om noodsaaklike kos, water en skuiling te versprei as gevolg hiervan. Die VN se sekretaris-generaal […]
Namdia-roof: Oud-sekuriteitswag verskyn - April 10, 2025
Die voormalige G4S-wag Samuel Shipanga het in die Windhoek-landdroshof verskyn na hy in verband met die Namdia-roof op 18 Januarie aangekla is. Hy is vroeër op Ondangwa gearresteer. Die 33-jarige is borg geweier en sal weer op 17 Junie voor kom. Intussen berig Namibian Sun dat bronne bevestig dat die twee wat op Keetmanshoop gearresteer […]