Stad Whk onder skoot vir onvoltooide rioolwerk - April 10, 2025
Inwoners langs die Hakahana na Havana-pad en Peter Nanyemba, oftewel Monte Christo-straat in Windhoek, maak alarm oor oop rioolslote wat ‘n ernstige openbare veiligheidsgevaar inhou. Die slote lê oop weens langdurige en onvolledige padkonstruksie. Tot op hede is ten minste vyf gevalle van voertuie wat in die slote geval het aangemeld. Dit hou ook gevare […]
Plaasmoorde moet as voorkeurmisdaad geklassifiseer word - April 10, 2025
AfriForum het ‘n dringende versoek aan die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, gerig om plaasaanvalle as voorkeurmisdaad te klassifiseer ingevolge die Wet op die Polisie. Die organisasie voer aan plaasaanvalle is uiters georganiseerd en gewelddadig en het ‘n uitwerking op nasionale bestendigheid, wat ondersoeke deur die Valke vereis. Jacques Broodryk van AfriForum vra ‘n toegewyde taakspan […]
Miljoenêrs vlug uit Londen - April 10, 2025
Duisende miljoenêrs het die afgelope jaar gevlug uit Londen en van hulle het verhuis na die Verenigde State of Asië. Die uittog het ‘n dekade-lange neiging voortgesit wat toegeskryf word aan belastingverhogings, die versuim om te herstel ná die 2008 finansiële krisis en Brittanje se bitter uittrede uit die Europese Unie. Die jaarlikse World’s Wealthiest […]
Shikongo se aansoek teen Amushelelo vandag aangehoor - April 10, 2025
Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo se dringende aansoek teen NEFF-aktivis Michael Amushelelo sal vanoggend in die hoërhof voor die regter aan diens, aangehoor word. Hy vra die hof om Amushelelo te dwing om ‘n plasing wat hy op 31 Maart vanjaar op Facebook gemaak het oor Shikongo se noodlottige motorongeluk in Desember 2022. Ingevolge […]
Agoa word bedreig – De Jager - April 10, 2025
Amerikaanse president Donald Trump tariewe chaos oorheers die nuustoneel regoor die wêreld. Sy 90-dag opheffing van tariewe teen lande wat geen wederkerige tariewe op die VSA ingestel het nie bring effe verligting, maar die bedreiging is nie verby nie. In Suid-Afrika is Agoa uiters kwesbaar. Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, Saai, […]
Tariewe: Ooreenkomste sal met elke land onderhandel word - April 10, 2025
President Donald Trump het al die wederkerige tariewe wat hy ingestel, het vir 90 dae op ys gesit, behalwe vir China. Gedurende die tydperk sal daar ‘n algemene tarief van 10 persent geld, terwyl heffings vir Beijing tot 125 persent styg. Trump sê billike ooreenkomste sal met China en elke ander land onderhandel word:
Billie Jean King kry eerste sportster of Walk of Fame - April 10, 2025
Amerikaanse tennislegende, Billie Jean King, sê sy wil nie die eerste en laaste sportster wees aan wie ‘n ster op Hollywood se Walk of Fame toegeken word nie. Die 81-jarige is vereer in die nuwe sportvermaaklikheidkategorie op die beroemde sypaadjie in Los Angeles, wat vroeër tot sterre van die film, televisie, radio, teater en musiek, […]
GOOD soek antwoorde oor DA, PA se ‘geheime’ besoek aan Israel - April 10, 2025
Die herrie is los in Suid-Afrika. The GOOD Party sê parlementslede van die DA en die Patriotic Alliance het, volgens hulle, in die geheim na Israel gereis sonder om die parlement of die regering daarvan in kennis te stel. Die party voer aan dat die afvaardiging, wat blykbaar Nicholas Myburgh en Bridget Masango van die […]
Boere betreur gaping in samewerking tussen NamPol en howe - April 10, 2025
Die geval van 51 bees wat naby Outjo gesteel en sommige wreed geslag is, maak steeds opslae. Dit egter nie die eerste keer dat ‘n groot aantal bees in die omgewing gesteel is nie. Vier verdagtes het reeds in die hof verskyn. ‘n Vergadering van NamPol met die boereverenigings in en om Outjo is afgehandel. […]
Het Trump die mark manipuleer? - April 10, 2025
The Washington Post berig dat president Donald Trump beskuldig word van mark manipulasie. Vier ure voor hy tariewe vir 90 dae op ys gesit het, het hy op Truth Social geskryf, “Nou is ‘n goeie tyd om te koop, DJT”. Toe hy die 90-dag pouse ook op Truth Social aangekondig het, toe herstel markte uiters […]