Nanso sê internplan is beter as niks - April 10, 2025
Die regering het fondse herlei, insluitend van ministeries se S&T-begrotings wat dikwels gekritiseer word weens misbruik, om internskappe te ondersteun en jeugwerkloosheid aan te pak. Ministeries moet 15 interns aanstel wat 2 500 Namibiese dollar per maand sal verdien vir ses maande, asook 25 gegradueerde interns teen 3 500 dollar per maand vir twee jaar. […]
Diens waarsku oor Zambezi, Okavango, Oranje - April 10, 2025
Die Kunene se vloei by Ruacana het afgeneem van 1 827,5 kubieke meter per sekonde na 1 579,4. Die Hidrologiese Diens sê verlede jaar die tyd was vloei op net 327. Die Zambezi by Katima Mulilo is tans op 4,67 meter met die Okavango by Rundu wat op 7,21 meter staan. Die Oranje loop oop […]
Tariewe: Beleggers moet na langtermyn prentjie kyk - April 10, 2025
Die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad het die regering aangemoedig om die kwessie van Amerikaanse tariewe dringend aan te spreek al is dit vir 90 dae herroep. Diamante, vis en boustene is die land se mees-geraakte uitvoere na die VSA, en beleggers behoort hiervan kennis te neem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Arney Tjaronda, beleggingsontleder […]
George-gebou se ineenstorting – kritieke oortredings bevind - April 10, 2025
Forensiese ondersoeke na die intuimeling van ‘n gebou in George in Mei verlede jaar, het nie-nakoming in die registrasieproses aan die lig gebring. Die tragedie het 34 lewens geëis. Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, het die bevindings bekend gemaak. Sy sê daar was beduidende nie-nakoming van die Registrasiekantoor van die Nasionale Huisbouersreguleringsraad se […]
Trump herroep tariewe vir 90 dae, behalwe China, resessie steeds moontlik - April 10, 2025
Groot aandele-indekse het skerp gestyg na Amerikaanse president Donald Trump ‘n 90-dae-pouse op baie van sy nuwe tariewe gemagtig het, selfs nadat hy dit na 125 persent op China verhoog het. Tariewe op invoere van Kanada en Mexiko bly ook onveranderd. Ontleders sê die styging is nie verbasend nie, want dit weerspieël verligting in baie […]
Israeliese aanval dood weer talle vroue en kinders - April 10, 2025
‘n Israeliese lugaanval het ten minste 29 Palestyne, insluitend kinders, in ‘n huis in Shejaia in Gaza-stad doodgemaak. Dosyne ander is gewond. Daar word geglo dat baie steeds vermis word en in die puin vasgekeer is. Die Israeliese weermag sê dat hulle ‘n senior Hamas-militant wat verantwoordelik was vir die beplanning en uitvoering van aanvalle […]
Handelstekort krimp, maar nuwe markte nodig - April 9, 2025
Namibië se handelsektor het in Februarie herstel met die tekort wat van 2,7 miljard Namibiese dollar tot 2 miljard dollar gekrimp het. Simonis Storm se Almandro Jansen sê daar is goeie vordering in veral infrastruktuur maar, daar is uitdagings. Nuwe markte moet dringend ondersoek word en indien dit reg hanteer word, word die huidige omstandighede […]
Vakbond het kommer oor Openbare Beleggingskorporasie se geldmors - April 9, 2025
Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is bekommerd oor die voortgesette onreëlmatige uitgawes by die Openbare Beleggingskorporasie, soos uitgelig in ‘n onlangse ondersoek deur die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge. Claude Naiker van die vakbond sê die OBK het oor die afgelope vyf jaar meer as 467,7-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan onreëlmatige uitgawes en 558-miljoen-rand aan […]
Mission: Impossible -The Final Reckoning sal by Cannes open - April 9, 2025
Die agste rolprent in die ikoniese Mission Impossible-franchise, Mission: Impossible – The Final Reckoning, maak volgende maand sy eerste amptelike buiging op die Cannes-rolprentfees in Frankryk. Tom Cruise is weer in die rol van Ethan Hunt saam met sy medespelers, Angela Bassett, Hayley Atwell, Ving Rhames en Simon Pegg. Cruise en die regisseur en skrywer, […]
Barcelona vs Dortmund, PSG vs Villa in Kampioeneliga kwarteindstryde - April 9, 2025
Sokker: Nog twee kwarteindstryde in the Europese Kampioeneliga word vanaand gespeel. Albei wedstryde begin om nege-uur. Die Spaanse reus, Barcelona, is tuis teen Borussia Dortmund, en in Parys sal die tuisspan, Paris Saint-Germain, teen Aston Villa van Engeland speel. Gisteraand het Inter Milan vir Bayern München 2-1 verslaan en Arsenal het Real Madrid 3-0 vernietig, […]